{"id":6725,"date":"2015-08-03T05:49:14","date_gmt":"2015-08-03T05:49:14","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/helpies-en-potch-gimmies-bult-spiere-in-grootskole-afdeling\/"},"modified":"2015-08-03T05:49:14","modified_gmt":"2015-08-03T05:49:14","slug":"helpies-en-potch-gimmies-bult-spiere-in-grootskole-afdeling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6725","title":{"rendered":"Helpies en Potch Gimmies bult spiere in Grootskole-afdeling"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6720\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/Beeld_Noordvaal_Trofee_Logo_250mm-scaled.jpg\" alt=\"Beeld Noordvaal Trofee Logo 250mm\" width=\"300\" height=\"134\" \/>Die eerste rugbyspan van Helpmekaar-kollege het nie op al sy silinders teen Hugenote van Springs gevuur nie, maar kon steeds met die telling op 34-18 in sy guns van die veld stap. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar se losskakel, Justin Taylor, was wel op sy stukke. Sy balverspreiding en oog vir \u2019n gaping het die grootste rol in sy span se sege gehad. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy verspreiding was die grootste rede hoekom die vleuel Mel Mathieson soveel ruimte op die punt gehad het om mee te werk. Mathieson het in die eerste drie minute van die kragmeting deurgedraf, maar die skeidsregter het die drie teruggetrek na sy vlagman ongeoorloofde spel by die voorafgaande lynstaan raakgesien het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hugenote se losskakel, Lenus Wilkinson, het met di\u00e9 strafdoel wat sy span toe gekry het van net binne sy eie halfgebied 15 meter vanaf die kantlyn geslaag. Wilkinson beskik oor \u2019n gemaklike skopstyl. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Taylor het Helpies se senterpaar, Zandr\u00e9 Kruger en Keegan Hamman, deurgans vra met hulle hardlooplyne aan Hugenote se verdediging gevra. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar se lynstane was ook onder druk met veral Hugenote se slot, Gustav Brits, wat hier probleme vir die tuisspan besorg het.\u00a0Helpmekaar pak die Ho\u00ebrskool Pietersburg in Polokwane in die kwarteindronde.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potchefstroom Gimnasium wat ook een van die vro\u00eb gunstelinge is, het sy spiere met \u2019n sege van 39-7 oor Overkruin gebult. Die span se heelagter, Jaswyn Damon, het boonop sy gewoontlik betroubare skopskoen by die huis vergeet. Hy het egter steeds op die aanval uitstekend vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies se slot, Gwampie van der Berg, was woelig in die vastelos. Hy het elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeklem het etlike meters ver veld gewen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Potchefstroom kom Saterdag in die kwarteindronde teen Heidelberg Volkskool te staan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdedigende kampioen, die Ho\u00ebrskool Klerksdorp, se flank Phillip Barlow-Jones was aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 24-18 oor Piet Retief. Die wenspan het teen rustyd reeds met 17-10 voorgeloop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die senter Michael Steinberg mag ook maar vandag bre\u00ebbors oor sy vertoning rondloop. <\/span><br \/>\n<span style=\"color: #000000;\">Klerksdorp sal in die kwarteindronde verby \u2019n omgekrapte Oos-Moot moet kom indien hy tot die halfeindronde wil deurdring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Vorster was op sy tuisveld in Tzaneen in \u2019n klipharde tweestryd met Secunda met 25-25 bo. Die span sal weer op sy tuisveld Saterdag vir die Ho\u00ebrskool Randburg van Johannesburg in die kwarteinronde wag.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van Helpmekaar-kollege het nie op al sy silinders teen Hugenote van Springs gevuur nie, maar kon steeds met die telling op 34-18 in sy guns van die veld stap. Helpmekaar se losskakel, Justin Taylor, was wel op sy stukke. Sy balverspreiding en oog vir \u2019n gaping het die grootste rol in sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6720,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6725"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6725\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6720"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}