{"id":67250,"date":"2025-03-14T06:32:42","date_gmt":"2025-03-14T04:32:42","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=67250"},"modified":"2025-03-14T06:32:42","modified_gmt":"2025-03-14T04:32:42","slug":"doktor-besoek-leeus-voor-stryd-teen-gouties-diamonds-slaggereed-vir-witteberg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=67250","title":{"rendered":"Doktor besoek Leeus voor stryd teen Gouties, Diamonds slaggereed vir Witteberg"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_67252\" aria-describedby=\"caption-attachment-67252\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-67252\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/DSC_4820-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-67252\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marnus Prinsloo<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die verdedigende kampioen van die Wesgrow-reeks, die <strong>Ho\u00ebrskool Diamantveld<\/strong>, skop Saterdag sy aanslag in vanjaar se reeks op sy tuisveld in Kimberley teen <strong>Witteberg<\/strong> van Bethlehem af.<\/p>\n<p>Die tuisspan sal gewis vanjaar weer &#8216;n aanspraakmaker op die titel wees. Hy het verlede teen di Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria (24-45) gewys dat hy vanjaar weer oor genoeg grofgeskut beskik.<\/p>\n<p>Die span se binnesenter, <strong>Jonathan Harding<\/strong>, sal met sy sterklopies in die middelveld vir Witteberg se twee senters, <strong>JC van Rhyn<\/strong> en <strong>Sedwin Gysman<\/strong>, goed besig hou.<\/p>\n<p>Die skrumskakel, <strong>Ruben van der Linde<\/strong>, sal ook met valko\u00eb deur die besoekers dopgehou word. Van der Linde se skerp breekslae het al &#8216;n hele paar geleenthede vir sy span geskep.<\/p>\n<p>Witteberg het vanjaar teen die <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> (25-27) vasgeval en boonop vir <strong>Wesvalia<\/strong> van Klerskdorp met 23-7 ore aangesit. So dit sal nie &#8216;n maklike kragmeting vir die Diamonds wees nie, maar die tuisveldvoordeel behoort die deurslaggewende faktor te wees.<\/p>\n<p>Die<strong> Ho\u00ebrskool Fichardtpark<\/strong> het besluit om die doktor nader te trek voor hulle eerste Wesgrow-kragmeting teen <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool<\/strong>. En nee dis nie &#8216;n spelfout nie, ons praat hier van die gewilde Springbok-afrigter, <strong>Doktor Rassie Erasmus<\/strong>.<\/p>\n<p>Erasmus en die voormalige Springbok-agtsteman en deesdae lid van die Bokke se bestuurspan, <strong>Duane Vermeulen<\/strong>, het die Fichie Leeus se truie voor die kragmeting aan hul oorhandig. Die Bok-afrigter se doktorgraad is &#8216;n eredoktorsgraad aan hom toegeken deur die Noordwes Universiteit.<\/p>\n<p>Die Leeus se breiers het ook heelwat aan hul span verander sedert die hoofwedstryd van Fichardtpark se jaarlikse <strong>Standard Bank Sportdag<\/strong> twee weke gelede. Die skrumskakel, <strong>JM Rensburg<\/strong>, sal teen Gouties in die laaste vesting diens doen. Allerick Jonker sal teen die besoekers van Welkom die oond skoonmaak.<\/p>\n<p>Fichies het op sy sportdag teen Diamantveld met 7-25 in die stof gebyt. Die Leeus sal vandag as die gunsteling op die veld draf, maar sal gewis nie oorgerus wees nie.<\/p>\n<p>Gouties word vanjaar weer deur die voormalige Vrystaatse veelsydige agterspeler <strong>Eben von Gericke<\/strong> afgerig. Die span het in sy eerste wedstryd van die seisoen met 0-56 teen die Cherries sy rieme styfgeloop.<\/p>\n<p>Die span van Welkom het wel in sy geledere &#8216;n hele paar spelers wat verlede jaar al goeie spel opgedis het. Die buitesenter, <strong>Ru-bran de Kock<\/strong>, sal sonder twyfel die Fichies se verdediging op die proef stel .<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Diamantveld t. Witteberg in Kimberley om 12:40:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Diamantveld:<\/strong> 15 Clinton Brits, 14 John-Leighton Fortuin, 13 Jaco Beukes, 12 Jonathan Harding (kaptein), 11 Driaan Jacobs, 10 Ezlin Swartz, 9 Ruben van der Linde, 8 Enrique Boshoff, 7 Jayden de Klerk, 6 Louis Fourie, 5 Zuan Rautenbach, 4 MG van Greuning, 3 Dian Ellis, 2 Jaydrian Jacobs, 1 Bernard Daniels.<\/p>\n<p><strong>Witteberg:<\/strong> 15 Qlin Booyse, 14 Donay Williams, 13 JC van Rhyn, 12 Sedwin Gysman, 11 Kenyon Morat, 10 Tshepo Motloung, 9 Christiaan de Boer, 8 Daniel Mentjies, 7 JP Cronj\u00e9, 6 Divan Marais, 5 Jacques Jordaan, 4 Pieter Nel (kaptein), 3 Mila Oersen, 2 Rico van Vuuren, 1 Cobus Labuschagne.<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark t. Goudveld-Ho\u00ebrskool in Bloemfontein om 13:30:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Fichardtpark:<\/strong> 15 JM Rensburg, 14 Unathi Ntuli, 13 Divan Maartens, 12 Junior Titoti, 11 Za Mathese, 10 Pule Motsilili, 9 Allerick Jonker, 8 Janco Dorfling, 7 Buko Mlali, 6 Josh Nelson, 5 Dian Visagie, 4 Jonathen Duarte, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Marno Smit, 1 Justin van Eyssen.<\/p>\n<p><strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool:<\/strong> 15 Kamohelo Moloke, 14 Tshepo Manenye, 13 Ru-bran de Kock, 12 Ethan Swartz, 11 KB Sonopo, 10 Nale Kwena, 9 Motsisi Mototo, 8 Malan Marx, 7 Tiaan Harmse, 6 Thabiso Phafudi, 5 Joshua van Heerden, 4 Anrich van der Merwe, 3 Thomas Bothma, 2 Diaan Jonker, 1 Toka Khooe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verdedigende kampioen van die Wesgrow-reeks, die Ho\u00ebrskool Diamantveld, skop Saterdag sy aanslag in vanjaar se reeks op sy tuisveld in Kimberley teen Witteberg van Bethlehem af. Die tuisspan sal gewis vanjaar weer &#8216;n aanspraakmaker op die titel wees. Hy het verlede teen di Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria (24-45) gewys dat hy vanjaar weer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":67252,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-67250","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/67250","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=67250"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/67250\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/67252"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=67250"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=67250"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=67250"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}