{"id":67356,"date":"2025-03-17T14:16:36","date_gmt":"2025-03-17T12:16:36","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=67356"},"modified":"2025-03-17T14:16:36","modified_gmt":"2025-03-17T12:16:36","slug":"zwarries-kraai-koning-met-hardlooprugby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=67356","title":{"rendered":"Zwarries kraai koning met hardlooprugby"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_67474\" aria-describedby=\"caption-attachment-67474\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-67474\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Zwarries-vs-Klerksdorp-400x316.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"316\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-67474\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> het Saterdag voet in die hoek gesit n\u00e1 rustyd om die besoekende <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> ore aan te sit in sy eerste uitstappie in vanjaar se <strong>NWU Prestige-reeks<\/strong>, tuis in Centurion.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die Zwarries, wat met die omdraaislag met slegs 17-15 voorgeloop het, het daarna 19 punte, teenoor die vyf van Klerksdorp, aangeteken om met 39-20 as oorwinnaars uit die stryd te tree.<\/p>\n<p>Die eerste 35 minute het &#8216;n fisieke stryd afgegee, vernaam tussen die twee pakke voorspelers, maar die Zwarries het stelselmatig hul ritme agterlangs begin vind.<\/p>\n<p>Met haker, <strong>Reagan Blignaut<\/strong>, aan die spits, het die pak die nodige grondslag gel\u00ea, wat die skakelpaar van <strong>Tilon Baron<\/strong>\u00a0en <strong>Luan Janse van Rensburg<\/strong> toegelaat het om die agterlyn op die voorvoet te plaas. Baron se visier vanaf die skopkegel was ook ingestel en hy was in die kol met vier doelskoppe en twee strafdoele.<\/p>\n<p>Baron se losskakel-eweknie, <strong>Brendin Matthyse<\/strong>, was ewe indrukwekkend met sy korrelwerk pale toe, en het sy span se enigste twee drie\u00eb verdoel en met twee uitdagende strafskoppe geslaag om die telbord aan die rol te hou.<\/p>\n<p><strong>Bergsig Akademie<\/strong> het vir die derde agtereenvolgende keer met twee punte of minder in die stof gebyt. Hierdie keer was dit <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> wat die Rustenburgers se harte in die doodsnikke gebreek het.<\/p>\n<p>Die Volkies, wat met 31-30 die pyp gerook het, het kanse om foute deur die tuisspan uit te buit aangegryp, soos toe heelagter, <strong>Anro Nel<\/strong>, &#8216;n afgestormde bal opgepik het om deur te dartel vir &#8216;n vyfpunter. Die Arende se regtervleuel, <strong>Keabetswe Diale<\/strong> en vaskopstut, <strong>Dylan Smith<\/strong> het nietemin hand opgesteek vir Bergsig en is elk met &#8216;n tweekuns beloon.<\/p>\n<p>Die Volkies se toekomstige teenstanders sal egter moet ligloop vir die skopskoen van skrumskakel, <strong>Juhan Redelinghuys<\/strong>. Redelinghuys het met \u00e1l vier doelskoppe geslaag en met &#8216;n strafdoel die laaste spyker in die Arende se kis gemoker.<\/p>\n<p>Die stryd tussen <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> en <strong>Heidelberg Volkskool<\/strong> het duidelik vir &#8216;n drie\u00ebfees gesorg, met die Pieties wat met 43-34 die botoon gevoer het. Die Pieties het in die vaste fasette die oorhand geniet, danksy kragtige vertonings deur die stutte, <strong>Krissie Swanepoel<\/strong> en <strong>Stephan Janse van Rensburg<\/strong>, wat grotendeels verantwoordelik was vir die besoekers se formidabele dryfmaalbewegings waarvoor die Volkies nie &#8216;n teenvoeter gehad het nie.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> het weereens sy stem dik gemaak op sy tuisveld in Brakpan en sewe keer agter <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> se doellyn gaan kuier om die besoekers &#8216;n loesing van 50-10 toe te dien. Di\u00e9 wedstryd se puntemakers volg kortliks.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Zwartkop 39 (17)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Jethro le Roux, Luan Janse van Rensburg, Reagan Blignout, Luan Isaacs, Shayden Botha. Doelskoppe: Tilon Baron (4). Strafdoele: Baron (2). <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 20 (15)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Tiaan Koen, Jarred van Staden. Doelskoppe: Brendin Matthyse (2). Strafdoele: Matthyse (2).<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Volkskool 31 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Lethabo Riet, Lorenzo Louw, Anro Nel, Stef Schoeman. Doelskoppe: Juhan Geldenhuys (4). Strafdoel: Geldenhuys. <strong>Bergsig Akademie 30 (15)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Kia Diale (2), Dylan Smit (2), Bradley Stonehouse. Doelskop: Carlo de Jager. Strafdoel: De Jager.<\/p>\n<p><strong>\u00a0Ho\u00ebrskool Pietersburg 43 (24)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ziahn Lomaard, Stephan Jansen van Renburg, Basson Wolmarans, Armand Venter, Ryno Mienie, Strafdrie. Doelskoppe: Mienie (3), Keanu Potgieter. Strafdoel: Mienie. <strong>Heidelberg Volkskool 34 (12)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ander Eerstespan-uitslae:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Brakpan &#8211; Die Anker 50,<\/strong>\u00a0<strong>Potchefstroom Gimnasium 10.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Ho\u00ebrskool Klerksdorp 44, Zwartkop 34; Heidelberg Volkskool 14, Ho\u00ebrskool Pietersburg 13; Potchefstroom Volkskool 27, Bergsig Akademie 12.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Zwartkop 20, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 17; Die Anker 31, Potchefstroom Gimnasium 18; Ho\u00ebrskool Pietersburg 41, Heidelberg Volkskool 5; Bergsig Akademie 31, Potchefstroom Volkskool 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Zwartkop 13, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 12; Potchefstroom Gimnasium 15, Die Anker 10; Heidelberg Volkskool 5, Ho\u00ebrskool Pietersburg 0; Bergsig Akademie 54, Potchefstroom Volkskool 0.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Zwartkop het Saterdag voet in die hoek gesit n\u00e1 rustyd om die besoekende Ho\u00ebrskool Klerksdorp ore aan te sit in sy eerste uitstappie in vanjaar se NWU Prestige-reeks, tuis in Centurion. Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Zwarries, wat met die omdraaislag met slegs 17-15 voorgeloop het, het daarna [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":67474,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-67356","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/67356","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=67356"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/67356\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/67474"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=67356"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=67356"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=67356"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}