{"id":6744,"date":"2015-08-17T06:00:06","date_gmt":"2015-08-17T06:00:06","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/tralies-vir-eerste-keer-kampioen-van-vrystaatse-a-liga\/"},"modified":"2015-08-17T06:00:06","modified_gmt":"2015-08-17T06:00:06","slug":"tralies-vir-eerste-keer-kampioen-van-vrystaatse-a-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6744","title":{"rendered":"Tralies vir eerste keer kampioen van Vrystaatse A-liga"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6743\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/NewsG_Sentraal.jpg\" width=\"372\" height=\"225\" alt=\"NewsG Sentraal\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/NewsG_Sentraal.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/NewsG_Sentraal-300x181.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 372px) 100vw, 372px\" \/>Op &#8216;n dag wat meer gemaak was om jou vlie\u00ebr in Bloemfontein te vlieg as om rugby te speel, het die Ho\u00ebrskool Sentraal se rugbyspan vermag wat nog geen van sy voorgangers kon doen nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bloktruie het op Shimlapark in &#8216;n naelbyt-eindstryd van die Vrystaatse A1-liga vir Jim Fouch\u00e9 met 31-28 getroef. Die span het met di\u00e9 sege die eerste eerstespan van di\u00e9 skool geword om as kampioen van die Vrystaatse A-liga gekroon te word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nie eers die se\u00ebvierende span van Stephen Brink wat in 1991 die Vrystaatse Direkteurs-trofee verower het, kon daarin slaag om as kampioen van die A-liga gekroon te word nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tralies se held in die geskiedkundige sege was sy losskakel, Christiaan Geyer, wat in die doodsnikke van die wedstryd verby verskeie van JF se verdedigers gedans het om die wendrie te gaan druk. Voor Geyer se drie het die verloorspan nog met 28-26 voorgeloop. Geyer het ook in die eerste helfte al sy span se punte aangeteken. Sy persoonlike bydra van 21 punte was sleutel tot Tralies se sukses. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die eerste helfte het die twee spanne om die beurt die voortou geruil met die kampioen wat &#8216;n naelskraapse voorsprong van 16-15 met die omdraaislag geniet het. Geyer het sy senter, Denzil Fiff, vir &#8216;n mooi drie vroeg in die tweede helfte in &#8216;n gaping gesit om die voorsprong na 21-15 te rek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hierna het Tralies se loskopstut, Willem van Niekerk, &#8216;n geelkaart gekry en het JF die geleentheid ten volle benut. JF het tien punte aangeteken in die tydperk wat Van Niekerk in die koelkas was. Die loskop het egter kort na sy terugkeer op die veld vir Tralies oorgeval om die telling op 28-26 in die verloorspan se guns te maak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">JF se Cravenweek-losskakel, Tiaan Schutte, het in die tweede helfte sy ritme begin vind. Hy het met &#8216;n allemintige strafdoel van ongeveer 57m geslaag. Vir Sentraal verdien sy kantman Roch\u00e9 Roelofse ook &#8216;n stewige klop op die skouer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die twee spanne se buitesenters, Fiff (Sentraal) en Vandr\u00e9 Rolls (JF) albei met eer uit die stryd getree. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Sentraal sal nou na Kimberley reis om teen Diamantveld in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) kragte te meet. JF sal na Welkom reis om teen die Griffons se kampioen, Welkom-Gimnasium, sake uit te spook. Volksblad is &#8216;n medeborg van di\u00e9 kompetisie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die eindstryd van die Vrystaatse B1-liga het St. Andrew die bordjies teen President Steyn met 28-20 verhang. Dit was die Steyners se eerste nederlaag in vanjaar se liga. Die verloorspan het met die omdraaislag met 13-10 voorgeloop en kort na rustyd gaan druk om sy voorsprong tot 20-13 te rek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Saints het sy losskakel, Kevin Pretorius, senter Sam Lin en skrumskakel, Jacques de Bruyn, blink vertonings gelewer. Saints was laas in 2010 kampioen van di\u00e9 liga.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Sentraal 31 (16) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Christiaan Geyer (2), Denzil Fiff, Willem van Niekerk. Doelskop: Geyer. Strafdoele: Geyer (3). <strong>Jim Fouch\u00e9 28 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Sheldon Jansen, Hanno Spies, Ian Trollip. Doelskoppe: Tiaan Schutte (2). Strafdoele: Schutte (3).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>St. Andrew 28 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Mellie Minnaar, Jacques de Bruin, JD Petersen. Doelskoppe: Kevin Pretorius (2). Strafdoele: Pretorius (2). Skepdoel: Pretorius. <strong>President Steyn 20 (13) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Fanie van Heerden, Raymond Kruger. Doelskoppe: Fanie Griessel (2). Strafdoele: Griessel (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege 40 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Dian Schoonees (2), Mario Vieira, Rewan Kruger, Dawid Snyman, Marnus Boshoff. Doelskoppe: Vieira (5). <strong>Glenwood 10<\/strong>.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op &#8216;n dag wat meer gemaak was om jou vlie\u00ebr in Bloemfontein te vlieg as om rugby te speel, het die Ho\u00ebrskool Sentraal se rugbyspan vermag wat nog geen van sy voorgangers kon doen nie. Die Bloktruie het op Shimlapark in &#8216;n naelbyt-eindstryd van die Vrystaatse A1-liga vir Jim Fouch\u00e9 met 31-28 getroef. Die span [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6743,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6744","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6744","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6744"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6744\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6743"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6744"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6744"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6744"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}