{"id":6746,"date":"2015-08-17T06:11:35","date_gmt":"2015-08-17T06:11:35","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/helpies-behaal-naelskraapse-sege-oor-oos-moot\/"},"modified":"2015-08-17T06:11:35","modified_gmt":"2015-08-17T06:11:35","slug":"helpies-behaal-naelskraapse-sege-oor-oos-moot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6746","title":{"rendered":"Helpies behaal naelskraapse sege oor Oos-Moot"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6745\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/NewsG_Helpmekaar.jpg\" width=\"336\" height=\"401\" alt=\"NewsG Helpmekaar\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/NewsG_Helpmekaar.jpg 336w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/NewsG_Helpmekaar-251x300.jpg 251w\" sizes=\"auto, (max-width: 336px) 100vw, 336px\" \/>Dit was \u2019n geval van so naby, maar tog so ver vir die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Oos-Moot. Helpmekaar-kollege het die Blou Bulle se kampioen met 24-19 in die halfeindronde van die Beeld Noordvaal Trofee uitgeskakel. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Oos-Moot van Pretoria se drome om vir die eerste keer sedert 1982 as Beeld Noordvaal Trofee kampioene gekroon te word, het op sy tuisveld in die slag gebly. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In \u2019n kragmeting van twee helftes was die verskil tussen die twee spanne op die ou einde die verspreidingsvermo\u00eb van Helpies se losskakel, Justin Taylor. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan het eintlik die meeste van die speelwerk in di\u00e9 halfeindstryd gedoen. Die span se groot vleuel, JP Alberts, het in die eerste helfte \u2019n gulde geleentheid verspeel. Alberts het aan die bal geklou terwyl \u2019n aangee op \u2019n seker drie sou uitloop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Jakarandastad se ander vleuel, Terrance Kingsburgh, het \u2019n droomwedstryd beleef. Hy het binne die eerste tien minute sy direkte teenstander, MP Hendriks, drie keer geklop. As hy en Alberts meer gehalte besit gekry het, kon sake dalk anders verloop het. Oos-Moot se hantering agterlangs het hom in die steek gelaat. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se heelagter, Tiaan Bedford, het egter in die voorlaaste beweging gaan druk. Die skeidsregter, Wilko Esterhuizen, het beslis dat die aangee na Bedford vorentoe was. As di\u00e9 aangee nie vorentoe was nie, sou die doelskop deur die senter en kaptein, Ronald van Wetering vanuit die hoekie bepaal het wie tot die eindstryd deurdring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Taylor het deur \u2019n gaping geglip om die aanvoorwerk vir Helpies se eerste drie deur Hendriks gedoen. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die span van Johannesburg se ander vleuel, Mel Mathieson, het ook \u2019n hand in di\u00e9 drie gehad. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se haker, Tiaan van der Merwe, en kaptein en flank, Eddie van der Merwe, het voorlangs ingeklim. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Oos-Moot was niemand beter as sy skrumskakel, Johan Marais, nie. In die agttal het die flank Ruhan Viljoen en stut Frikkie Deysel ook goeie werk verrig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Tzaneen het Potchefstroom Gimnasium \u2019n merkwaardige sege van 21-10 oor Ben Vorster behaal. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het die hitte van bykans 30 grade Celcius asook die busrit van meer as 500\u2009km oorkom om sy plek in die eindstryd te bespreek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee spanne het met die telling op 3-elk gaan rus. Die tuisspan het vroeg in die tweede helfte danksy \u2019n drie deur sy vleuel Sibusiso Mhlangeni \u2019n voorsprong van 10-3 bewerkstellig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Vorster se stoom het egter opgeraak en Gimmies het in die laaste gedeelte van die kragmeting beheer oorgeneem.&nbsp;Gimmies se slot Gwampie van den Berg en flank Marcel Burger verdien elk \u2019n klop op die skouer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die verloorspan het die agtsteman, Stefan Engelbrecht, en die skrumskakel, Eduan Smit, blink vertonings gelewer. Ben Vorster se twee breiers, Andr\u00e9 Hay en Hein Wagner, rig nou al tien jaar lank die skool se eerste span af.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Helpmekaar 24 (21) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Wian van der Berg, Tiaan van der Merwe, MP Hendriks. Doelskoppe: Chuiner van Rooyen (3). Strafdoel: Van Rooyen. <strong>Oos-Moot 19 (0) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jason Maartens, Terrance Kingsburgh, Erik Lourens. Doelskoppe: Ronald van Wetering (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Potchefstroom Gimnasium 21 (3) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Heinrich Siepker, Tyre Bezuidenhout. Doelskop: Jaswyn Damon. Strafdoele: Damon (2). Skepdoel: Cassie Dreyer. <strong>Ben Vorster 10 (3) \u2013<\/strong> Drie: Sibusiso Mhlangeni. Doelskop: Eduan Smit. Strafdoel: Smit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.16:<\/strong> Helpmekaar 52, Oos-Moot 23; Potchefstroom Gimnasium 12, Ben Vorster 10.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Potchefstroom Volkskool 17, Linden15; Helpmekaar 13, Oos-Moot 13 (Helpmekaar dring deur tot eindstryd omdat hulle die meeste drie\u00eb in die kragmeting gedruk het).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Transvalia 39, Ben Vorster 0; Helpmekaar 37, Oos-Moot 6.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was \u2019n geval van so naby, maar tog so ver vir die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Oos-Moot. Helpmekaar-kollege het die Blou Bulle se kampioen met 24-19 in die halfeindronde van die Beeld Noordvaal Trofee uitgeskakel. Oos-Moot van Pretoria se drome om vir die eerste keer sedert 1982 as Beeld Noordvaal Trofee kampioene gekroon [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6745,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6746","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6746","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6746"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6746\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6745"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6746"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6746"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6746"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}