{"id":6750,"date":"2015-08-17T11:25:18","date_gmt":"2015-08-17T11:25:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/foto-s-wys-watter-toeskouer-blaser-klap\/"},"modified":"2015-08-17T11:25:18","modified_gmt":"2015-08-17T11:25:18","slug":"foto-s-wys-watter-toeskouer-blaser-klap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6750","title":{"rendered":"Foto\u2019s wys watter toeskouer blaser klap"},"content":{"rendered":"<p><p>Die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) het foto\u2019s in sy besit van die bakkie, met die nommerplaat sigbaar, van die toeskouer wat Saterdag die skeidsregter in die Beeld Noordvaal Trofee-halfeindstryd bygedam het.<\/p>\n<p>Die foto\u2019s is deur omstanders geneem.&nbsp;Die skeidsregter, Wilko Esterhuizen, het die wedstryd tussen die Ho\u00ebrskool Oos-Moot en Helpmekaar-kollege beheer.Esterhuizen het \u2019n klag van aanranding by die Villieria-polisiekantoor aanhangig gemaak.<\/p>\n<p>Die BBRU kan hom ook verhoor.&nbsp;Oos-Moot kan ook in die moeilikheid wees omdat die gasheer die veiligheid van toeskouers, spelers en alle beamptes tydens wedstryde moet verseker.<\/p>\n<p>Esterhuizen is n\u00e1 die twee skole se kragmeting van die kleedkamer af agtervolg.&nbsp;Hy s\u00ea die toeskouer het hom op sy bors getik terwyl hy in sy motor gesit het en twee keer in die gesig geklap. Esterhuizen het probeer wegkom en \u2019n Mercedes-Benz-motor agter hom gestamp.<\/p>\n<p>Die toeskouer het toe in sy bakkie geklim en weggery.&nbsp;\u201cDit was \u2019n lekker wipplank-wedstryd om te blaas. Ek was maar geskok n\u00e1 di\u00e9 voorval, maar ek gaan dit nie net daar laat nie.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan die saak sover vat as wat ek kan,\u201d het Esterhuizen ges\u00ea.&nbsp;Die voormalige Springbok-vleuel Pieter Hendriks het Esterhuizen om verskoning gevra vir die toeskouer se gedrag.&nbsp;Hendriks se seun, MP, het vir Helpmekaar op vleuel uitgedraf.<\/p>\n<p>Oos-Moot se span het nadat die eindfluitjie geblaas het \u2019n tonnel vir Helpies se spelers gevorm uit waardering vir die hewige stryd. Helpmekaar het Oos-Moot met 24-19 geklop en deurgedring tot die eindstryd van die Beeld Noordvaal Trofee vir groot skole.<\/p>\n<p>Die tuisskare het gejubel toe Oos-Moot se heelagter, Tiaan Bedford, met speeltyd so te s\u00ea verstreke oor die doellyn val. Esterhuizen was in \u2019n goeie posisie en het die aangee na Bedford as vorentoe beoordeel. As Bedford se drie toegeken is, sou die doelskop bepaal het wie tot die eindstryd deurdring.<\/p>\n<p>Esterhuizen het glo \u2019n positiewe verslag vir sy hantering van die wedstryd van die assessor Pieter White ontvang.<\/p>\n<p>Esterhuizen is sedert 2007 \u2019n skeidsregter. Hy was van 2007 tot 2010 by die Griffons betrokke voordat hy hom in 2011 by die Leeus aangesluit het. Sedert 2012 is hy \u2019n lid van die Blou Bulle se skeidsregtersvereniging.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) het foto\u2019s in sy besit van die bakkie, met die nommerplaat sigbaar, van die toeskouer wat Saterdag die skeidsregter in die Beeld Noordvaal Trofee-halfeindstryd bygedam het. Die foto\u2019s is deur omstanders geneem.&nbsp;Die skeidsregter, Wilko Esterhuizen, het die wedstryd tussen die Ho\u00ebrskool Oos-Moot en Helpmekaar-kollege beheer.Esterhuizen het \u2019n klag van aanranding [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6750","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6750","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6750"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6750\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6750"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6750"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6750"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}