{"id":6752,"date":"2015-08-18T06:08:50","date_gmt":"2015-08-18T06:08:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/griffons-skole-ontevrede-oor-vs-se-verteenwoordigers-in-colts-liga\/"},"modified":"2015-08-18T06:08:50","modified_gmt":"2015-08-18T06:08:50","slug":"griffons-skole-ontevrede-oor-vs-se-verteenwoordigers-in-colts-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6752","title":{"rendered":"Griffons-skole ontevrede oor VS se verteenwoordigers in Colts-liga"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6751\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/KovsieRugbyLogo.jpg\" width=\"291\" height=\"260\" alt=\"KovsieRugbyLogo\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/KovsieRugbyLogo.jpg 599w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/KovsieRugbyLogo-300x268.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 291px) 100vw, 291px\" \/>Uit vele geledere vanuit die Griffons se skolerugby-strukture is daar ongelukkigheid oor die Vrystaat se twee verteenwoordigers in die Kovsiestreek-kompetisie se Colts-liga. Volksblad is &#8216;n medeborg van die kompetisie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat het besluit om die verloorspanne in die halfeindronde van die Vrystaatse B1-liga as sy twee spanne vir vanjaar se Colts-liga deur te gee. Die twee spanne is die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart van Brandfort en Zastron. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Laasgenoemde het egter besluit om hom aan die kompetisie te onttrek en die span wat vyfde in die Vrystaatse liga ge\u00ebindig het, Sand du Plessis, het Zastron se plek ingeneem. Die wenners van die twee halfeinstryde, St. Andrew en President Steyn, het tot die halfeindrondes van die streekkompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) deurgedring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Toe die kontrak tussen di\u00e9 drie unies en Kovsies vroe\u00ebr hernu is, was een van die voorwaardes dat die Colts-liga slegs vir die kleinste van die kleinskole bly,&#8221; het Victor Campher, voorsitter van die Griffons se Skolerugby-vereniging (GSRV), ges\u00ea. Di\u00e9 verstandhouding is glo dat slegs skole met twee of minder spanne aan di\u00e9 liga kan deelneem. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Sandveld se Ho\u00ebrskole Rugby-subunie (SHRU) het in &#8216;n brief aan Campher sy misnoe\u00eb oor die stand van sake deurgegee. In die brief se SHRU dat Sand du Plessis nog verlede jaar in die Vrystaatse A1-liga gespeel het. &#8220;Dit is met groot skok dat ons moet verneem dat ander provinsies hulle ligas so manipuleer sodat hul spanne die beste kans het om met &#8216;n trofee weg te stap,&#8221; lui die brief aan Campher wat deur die sekretaris van die SHRU, Kalla Kalsbeek, onderteken is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bultfontein is die Griffons se verteenwoordiger en sal teen Sannies in die halfeindronde te staan kom. Die Vrystaatse B2-liga waaruit die unie se verteenwoordigers vir die Colts-liga gekom het, bestaan nie meer as &#8216;n liga nie. Van die spanne in die B2-liga het slegs Martie du Plessis en Bohmer teen mekaar gespeel. Die ander spanne soos Koffiefontein, Sehunelo, Tsoseletso en die Ho\u00ebr Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg het ook vanjaar aan die Vrystaatse B1-liga deelgeneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Griekwas se verteenwoordiger in die Irawa-liga, die Ho\u00ebrskool Martin Oosthuizen van Kakamas, kon by van sy ligaverpligtinge vanjaar slegs &#8216;n eerstespan in die veld stoot. Die span van Kakamas het bo-aan die puntelys in die Griekwas se kleinskoleliga ge\u00ebindig en daaroor tot die streekkompetisie deurgedring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ja, hulle het wel ook in mediumskole se halfeindronde gespeel, maar dit is slegs iets wat ons vanjaar as proefneming gedoen het om ook aan ons kleinskole die geleentheid te gee om hulle teen die groter skole te toets,&#8221; het Danie Slabbert, voorsitter van die Griekwa Skolerugby-vereniging (GWSRV), ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kathu wat Griekwas se verteenwoordiger in die Irawa-liga is, het Martin Oosthuizen in die Griekwa-halfeindstryd met 38-10 verslaan.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Uit vele geledere vanuit die Griffons se skolerugby-strukture is daar ongelukkigheid oor die Vrystaat se twee verteenwoordigers in die Kovsiestreek-kompetisie se Colts-liga. Volksblad is &#8216;n medeborg van die kompetisie. Die Vrystaat het besluit om die verloorspanne in die halfeindronde van die Vrystaatse B1-liga as sy twee spanne vir vanjaar se Colts-liga deur te gee. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6751,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6752","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6752","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6752"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6752\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6751"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6752"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6752"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6752"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}