{"id":6759,"date":"2015-08-21T06:00:20","date_gmt":"2015-08-21T06:00:20","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/bere-teen-die-rooi-bulle-vir-beker-glorie\/"},"modified":"2015-08-21T06:00:20","modified_gmt":"2015-08-21T06:00:20","slug":"bere-teen-die-rooi-bulle-vir-beker-glorie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6759","title":{"rendered":"Bere teen die Rooi Bulle vir Beker-glorie"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Soms word daar in rugby te&nbsp;veel klem op statistieke gel\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As daar na die spanlyste&nbsp;van Saterdag se Beeld Noordvaal&nbsp;Trofee se eindstryd vir Makroskole&nbsp;tussen die Ho\u00ebrskool Garsfontein&nbsp;se Turkoois Bere en die HTS&nbsp;Middelburg se Rooi Bulle gekyk&nbsp;word, sal Garsies met vier nasionale&nbsp;skolespelers wiskundig die&nbsp;gunsteling wees om as kampioen&nbsp;gekroon te word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei spanne sal egter n\u00e1 hul&nbsp;dramatiese seges in die doodsnikke&nbsp;van hul onderskeie halfeindstryde&nbsp;teen Monument en EG Jansen&nbsp;weet dat \u2019n sege net tussen die&nbsp;vier lyne beklink kan word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bere se SA Skole-skrumskakel,&nbsp;Embrose Papier, sal soos gewoonlik&nbsp;\u2019n groot rol in sy span se&nbsp;aanslag speel.&nbsp;Dit is nie net Papier se vernuf&nbsp;op die aanval wat van hom \u2019n gevaarlike&nbsp;speler maak nie, maar&nbsp;ook die feit dat sy dekverdediging&nbsp;waarskynlik die beste van enige&nbsp;skolespeler in Suid-Afrika is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die flank PJ Toerien het verlede&nbsp;jaar die nasionale skolespan verteenwoordig.&nbsp;Die senter Abner van&nbsp;Reenen en slot PJ Steenkamp het&nbsp;vanjaar die SA Skole A-span gehaal.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit terwyl slegs twee van die&nbsp;Rooi Bulle se spelers \u2013 hul kantmanne,&nbsp;JC Pretorius en Chrisjan&nbsp;Steynberg, goed genoeg geag is om&nbsp;die Pumas op die Cravenweek in&nbsp;Stellenbosch te verteenwoordig.&nbsp;Die Pumas kon vir die tweede<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">jaar in \u2019n ry nie daarin slaag op \u2019n&nbsp;wedstryd in die toernooi te wen&nbsp;nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretorius word in Middelburg as&nbsp;die volgende Kwagga Smith beskou,&nbsp;wat ook \u2019n oud-leerling van&nbsp;di\u00e9 skool is.&nbsp;Hy sal volgende week saam met&nbsp;die SA Skole se sewesspan na Samoa&nbsp;vir \u2019n toernooi vertrek.&nbsp;Pretorius se vennootskap met&nbsp;Steynberg en sy kaptein en agtsteman,&nbsp;Eric Basson, as lostrio is een&nbsp;van HTS Middelburg se sterkpunte.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies het vyf spelers in hul geledere&nbsp;wat in die beginspan vir&nbsp;verlede jaar se Beeldtrofee-eindstryd&nbsp;teen die Ho\u00ebrskool Nelspruit&nbsp;se Rhinos in aksie was. Die Rhinos&nbsp;was met 20-19 baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vyf spelers is Shakeel Fredericks,&nbsp;Ruan Henning, JP Wegner,&nbsp;Toerien en Jaco Bezuidenhout.&nbsp;Wegner het sy staal onder druk&nbsp;gewys deur die deurslaggewende&nbsp;strafdoel in die sege van 37-36 oor&nbsp;Monnas met selfvertroue oor te&nbsp;klits.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wegner het die afgelope twee&nbsp;jaar reeds 299 punte vir sy skool&nbsp;se eerste span opgestapel.&nbsp;As Garsies se kaptein en slot,&nbsp;Jaco Bezuidenhout, die trofee omhoog&nbsp;hou, sal hy die eerste kaptein<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">van sy skool wees wat d\u00edt doen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HTS Middelburg was nog net&nbsp;een keer, in 1991, die alleenhouer&nbsp;van die beker.&nbsp;Die Rooi Bulle onder leiding van&nbsp;hul agtsteman, Japie Kleynhans,&nbsp;het Menlopark t\u00f3\u00e9 met 18-10 in die&nbsp;eindstryd van die Direkteurstrofee&nbsp;verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gunder Williamson, wat die&nbsp;kampioen se vaskopstut was, het&nbsp;lank eersterangse rugby vir onder&nbsp;meer die Valke, Blou Bulle en Luiperds&nbsp;gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rooi Bulle het in 1995 met&nbsp;die eerste Beeldtrofee eindstryd&nbsp;met 24-elk gelykop teen Affies gespeel.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die skool was ook in vier&nbsp;eindstryde in 1996, 1997 en 2001&nbsp;teen Affies en in 2003 teen Waterkloof<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">aan die verloorkant.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-6758\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/MakroEind.jpg\" width=\"670\" height=\"726\" alt=\"MakroEind\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/MakroEind.jpg 945w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/MakroEind-277x300.jpg 277w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/08\/MakroEind-768x832.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 670px) 100vw, 670px\" \/><\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soms word daar in rugby te&nbsp;veel klem op statistieke gel\u00ea. As daar na die spanlyste&nbsp;van Saterdag se Beeld Noordvaal&nbsp;Trofee se eindstryd vir Makroskole&nbsp;tussen die Ho\u00ebrskool Garsfontein&nbsp;se Turkoois Bere en die HTS&nbsp;Middelburg se Rooi Bulle gekyk&nbsp;word, sal Garsies met vier nasionale&nbsp;skolespelers wiskundig die&nbsp;gunsteling wees om as kampioen&nbsp;gekroon te word. Albei spanne sal egter n\u00e1 hul&nbsp;dramatiese seges [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6758,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6759","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6759","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6759"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6759\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6758"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6759"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6759"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6759"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}