{"id":6807,"date":"2015-11-14T10:22:58","date_gmt":"2015-11-14T10:22:58","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-lewer-nie-net-bokke\/"},"modified":"2015-11-14T10:22:58","modified_gmt":"2015-11-14T10:22:58","slug":"grey-lewer-nie-net-bokke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6807","title":{"rendered":"Grey lewer nie net Bokke"},"content":{"rendered":"<p><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6806\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/MikeAndrade1.jpg\" width=\"300\" height=\"400\" alt=\"MikeAndrade1\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/MikeAndrade1.jpg 720w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/11\/MikeAndrade1-225x300.jpg 225w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Suid-Afrikaanse rugby se voorste fabriek vir Springbokke, Grey-kollege in Bloemfontein, sal n\u00e1 Dinsdag kan spog met twee oudleerlinge wat vir Portugal se nasionale rugbyspan uitgedraf het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 skool se losskakel en senter van verlede jaar, Mike Andrade, is in Portugal se span vir die Nasiesbeker-toernooi in Hongkong ingesluit.<\/p>\n<p>Die 19-jarige Andrade, wat die jongste speler in die groep is, sal Dinsdag sy buiging vir Portugal teen Hongkong maak.<\/p>\n<p>\u201cDie afrigter het vir die eerste wedstryd teen Rusland die ervare ouens in die groep speelkans gegee. Ek sal Dinsdag eers my kans kry,\u201d het Andrade ges\u00ea.<\/p>\n<p>As Andrade teen Hongkong indruk maak, sal hy waarskynlik ook in sy span se laaste wedstryd van die toernooi teen Zimbabwe sy staal kan toon.<\/p>\n<p>Die toernooi is \u2019n geleentheid vir spanne wat nie vanjaar W\u00eareldbeker-rugby gespeel het nie om internasionaal mee te ding.<\/p>\n<p>Die vaskopstut Nelio de Sa wat in 1998 en 1999 drie toetse vir Portugal gespeel het, was die eerste oudleerling van Grey wat sy buiging vir di\u00e9 land gemaak het.<\/p>\n<p>De Sa het ook in een wedstryd vir die Vrystaat-Cheetahs gespeel nadat hy van die bank af opgestuur is.<\/p>\n<p>De Sa het in 1993 die eerste speler geword wat uit die geledere van die Cherries, Grey se tweede span, vir die Vrystaatse Cravenweek-span gekies is.<\/p>\n<p>Mario Vieira, tans losskakel van Grey se eerste span, is volgende jaar hoofseun. Hy is ook van Portugese afkoms en al drie sy broers \u2013 Miguel, Sergio en Ayrton \u2013 het in hul skoolloopbane vir Ho\u00ebrskool Bothaville se eerste span gespeel.<\/p>\n<p>Miguel en Sergio was ook di\u00e9 skool se hoofseuns en Ayrton was onderhoofseun.<\/p>\n<p>\u201cEk het gevoel dit sal \u2019n groot eer wees en is kort daarna Lissabon toe om saam met die span te oefen,\u201d het Andrade ges\u00ea.\u201cDie president (van die Portugese Rugbyunie) het my so \u2019n paar maande gelede gekontak om te hoor of ek sou belangstel om vir Portugal te speel.<\/p>\n<p>\u2019n Dyspierbesering het Andrade vir die meeste van die seisoen langs die kantlyn gehou en hy kon nie juis sy stempel vir die Westelike Provinsie se o.19-span afdruk nie.<\/p>\n<p>In Brandfort sal daar ook vreugde oor Andrade se prestasie wees. Hy het vir die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart in di\u00e9 dorp se eerste span gespeel voordat hy Grey toe is.<\/p>\n<p>Hy het in sy o.16-jaar die Suid-Afrikaanse elite-groep gehaal.<\/p>\n<p>Sy ouers, Gaby en Jorge, en sy twee broers, Jorgie en Paulie, besit \u2019n supermark in Brandfort.<\/p>\n<p>Andrade s\u00ea sy mikpunt is om Portugal te help om vir die W\u00eareldbeker-toernooi van 2019 in Japan te kwalifiseer.<\/p>\n<p>\u201cMy gesin het tot dusver die grootste impak op my loopbaan gehad. My twee broers het my altyd gedruk om beter te wees,\u201d het Andrade ges\u00ea.<\/p>\n<p>Verskeie ander oudleerlinge van Grey soos Andr\u00e9 Blom (VSA), Michael Horak (Engeland), Richardt Strauss (Ierland), Raoul Larson en Leneve Damons (albei Namibi\u00eb) het al ander lande op die rugbyveld verteenwoordig.<\/p>\n<p>Strauss, Larson en Damons was in vanjaar se W\u00eareldbeker-toernooi in aksie.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrikaanse rugby se voorste fabriek vir Springbokke, Grey-kollege in Bloemfontein, sal n\u00e1 Dinsdag kan spog met twee oudleerlinge wat vir Portugal se nasionale rugbyspan uitgedraf het. Di\u00e9 skool se losskakel en senter van verlede jaar, Mike Andrade, is in Portugal se span vir die Nasiesbeker-toernooi in Hongkong ingesluit. Die 19-jarige Andrade, wat die jongste speler [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6806,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6807","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6807","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6807"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6807\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6806"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6807"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6807"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6807"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}