{"id":6813,"date":"2015-11-20T06:09:05","date_gmt":"2015-11-20T06:09:05","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/thys-trap-diep-spore-in-sa-skolerugby\/"},"modified":"2015-11-20T06:09:05","modified_gmt":"2015-11-20T06:09:05","slug":"thys-trap-diep-spore-in-sa-skolerugby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6813","title":{"rendered":"Thys trap diep spore in SA skolerugby"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6793\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/NewsG_ThysBezuidenhout.jpg\" width=\"204\" height=\"306\" alt=\"NewsG ThysBezuidenhout\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/NewsG_ThysBezuidenhout.jpg 299w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/NewsG_ThysBezuidenhout-200x300.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 204px) 100vw, 204px\" \/>Thys Bezuidenhout se tydperk as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) word gekenmerk deur die samewerking wat hy tussen die SASRV en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) bewerkstellig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bezuidenhout het twee termyne in die voorsitterstoel deurgebring voordat hy vanjaar die tuig neergel\u00ea het. Daar was nog altyd struwelinge tussen die SASRV en Saru, maar onder Bezuidenhout se voorsitterskap het die twee partye baie goed saamgewerk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In di\u00e9 tydperk het die Suid-Afrikaanse Skolespan slegs een keer teen Engeland (in 2014) die knie gebuig. \u201cDie skole-sewesspan se verowering van die goud op die Statebond-Jeugspele in Samoa vanjaar was ook een van die hoogtepunte in my tydperk as voorsitter,\u201d het Bezuidenhout ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar kan nie betwyfel word nie dat Bezuidenhout diep spore in Suid-Afrikaanse skolerugby getrap het. Hy is sedert 1977 as keurder van die Leeus se Wes-streek betrokke. Hy was van 1989 tot 2000 sekretaris van di\u00e9 vereniging, terwyl hy van 2001 tot vanjaar die voorsitter was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">By die Leeus se laerskole was hy sedert 1997 tot 2014 as keurder betrokke. Hy was ook die Leeus se sekretaris van 1989 tot en met 2000 voordat hy hier ook die voorsitterstoel in 2001 ingeneem het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was van 1982 tot 1988 \u2019n skeidsregter op die Cravenweek vir laerskole, terwyl hy ook die Goue Leeus se span na die toernooi van 1982 tot 1987 afgerig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bezuidenhout het van 1996 op die SASRV se bestuur gedien. Hy was van 2008 tot 2011 die tesourier van die vereniging.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het sedert 1982 al die Cravenweke vir laerskole bygewoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As hy vyf spelers moet uitsonder wat oor al die jare vir hom uitgestaan het, sal Corn\u00e9 Krige, Jean de Villiers, Jaque Fourie, Victor Matfield en Brendan Venter die lys haal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cSoos ek nou meer daaroor dink, is daar baie ander wie se besondere talent ook reeds op laerskool duidelik sigbaar was. Spelers soos die Oostelike Provinsie se Jan Serfontein en Curwin Bosch. Bosch het \u2019n belowende toekoms wat op hom wag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cBrendan was al van jongs af \u2019n denker oor die spel. Toe hy 13 was, het hy by die oefening aangekom met bewegings wat hy reeds uitgewerk het,\u201d het Bezuidenhout ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy dien ook sedert 2011 op die Goue Leeus se presidentsraad. Bezuidenhout beplan om steeds by rugby betrokke te bly.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het in 1967 aan die Ho\u00ebrskool Florida gematrikuleer waar hy twee jaar vir die skool se eerste span in die middelveld diens gedoen het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was self \u2019n leerling aan die Laerskool Bekker net buite Magaliesburg waar hy die afgelope 25\u2009jaar die hoof was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk is dankbaar vir al die geleenthede wat ek oor die jare gekry het. Asook die vriende wat ek gemaak het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201c\u2019n Mens sien plekke wat jy nooit andersins sou sien nie.\u201d<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Thys Bezuidenhout se tydperk as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) word gekenmerk deur die samewerking wat hy tussen die SASRV en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) bewerkstellig het. Bezuidenhout het twee termyne in die voorsitterstoel deurgebring voordat hy vanjaar die tuig neergel\u00ea het. Daar was nog altyd struwelinge tussen die SASRV en Saru, maar onder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6793,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6813","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6813","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6813"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6813\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6793"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6813"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6813"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6813"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}