{"id":6873,"date":"2016-02-22T13:18:23","date_gmt":"2016-02-22T13:18:23","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/geen-louis-botha-rugbydag-vir-2016-nie\/"},"modified":"2016-02-22T13:18:23","modified_gmt":"2016-02-22T13:18:23","slug":"geen-louis-botha-rugbydag-vir-2016-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6873","title":{"rendered":"Geen Louis Botha Rugbydag vir 2016 nie"},"content":{"rendered":"<p><p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6872\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/2015-05-26___107_1424.JPG\" width=\"300\" height=\"200\" alt=\"2015-05-26   107 1424\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Die oudste skolerugbydag in die land, die een van Louis Botha in Bloemfontein, sal vanjaar weens \u2019n gebrek aan belangstelling nie plaasvind nie. Die skool beplan om volgende jaar weer die dag aan te bied.<\/p>\n<p>Di\u00e9 rugbydag is in 1983 die eerste keer gehou toe Louis Botha nog as die HTS Bloemfontein bekend was. Dit was ook die laaste jaar waarin di\u00e9 skool Grey-kollege geklop het. In 2014 is die dag weens swaar re\u00ebnval afgestel en in 2001 was re\u00ebn ook die oorsaak dat net die A-veld se wedstryde kon plaasvind.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart van Brandfort sal Saterdag op Pagepark sy 16de Pieter Swanepoel-sportdag aanbied. Die grootste sportdag in die land, Ho\u00ebrskool Fichardtpark se Clover-sportdag, vind vanjaar op 5 Maart plaas.<\/p>\n<p>Die Goudveld-Ho\u00ebrskool van Welkom en Diamantveld van Kimberley sal op 12 Maart ook sportdae aanbied. Die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad het besluit om sy dag vanjaar te skrap en aan Goudveld se dag deel te neem. Die Rooiskool beplan wel om volgende jaar weer sy dag aan te bied.<\/p>\n<p>Welkom-Gimnasium en Diamantveld sal op 3 Maart op Loftus Versfeld aan die Blou Bulle se Prestige-ho\u00ebrskolerugbyaand deelneem. Die Gimmies sal in die hoofwedstryd teen Waterkloof van Pretoria te staan kom.<\/p>\n<p>Die kragmeting tussen Monument van Krugersdorp (Monnas), die Leeus se voorste skolespan van 2015, en die voorste span uit Griekwaland-Wes, Diamantveld, sal die belangrikste voorwedstryd vir die hoofmaal van die dag wees. Monnas het verlede jaar in die halfeindstryd van die Beeldtrofee vir makroskole teen die eindelike kampioen, Garsfontein, vasgeval.<\/p>\n<p>Die dag sal dus op dieselfde grondslag as die jaarlikse Nuweland-rugbydag vir skole in die Wes-Kaap gespeel word. Die Nuweland-rugbydag vind vanjaar op 15 Maart plaas.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Koffiefontein het Saterdag sy jaarlikse sewestoernooi aangebied met Goudveld wat as kampioen gekroon is. Die Gouties het Hartswater in die eindstryd oortuigend met 31-7 verslaan. Die span van Welkom was \u2019n welverdiende wenner nadat hy deurentyd die toon aangegee het.<\/p>\n<p>In die o.16-eindstryd het Da-ni\u00eblskuil Hartswater met 24-22 uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>In die plaatafdeling vir o.19-spanne het President Steyn van Bloemfontein Koffiefontein met 19-7 geklop.<\/p>\n<p>In die plaatafdeling vir o.16-spanne het Hendrik Potgieter van Reddersburg Jagersfontein met 29-7 verslaan.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oudste skolerugbydag in die land, die een van Louis Botha in Bloemfontein, sal vanjaar weens \u2019n gebrek aan belangstelling nie plaasvind nie. Die skool beplan om volgende jaar weer die dag aan te bied. Di\u00e9 rugbydag is in 1983 die eerste keer gehou toe Louis Botha nog as die HTS Bloemfontein bekend was. Dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6872,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6873","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6873","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6873"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6873\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6872"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}