{"id":6886,"date":"2016-02-29T07:08:00","date_gmt":"2016-02-29T07:08:00","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/brandfort-bobaas-op-17de-sportdag\/"},"modified":"2016-02-29T07:08:00","modified_gmt":"2016-02-29T07:08:00","slug":"brandfort-bobaas-op-17de-sportdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6886","title":{"rendered":"Brandfort bobaas op 17de sportdag"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Brandfort. &#8211; Die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart se agterhoede het in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Pieter Swanepoel sportdag hier op Pagepark hier teen Wessel Maree van Odendaalsrus gewys dat indien hulle vanjaar genoeg balbesit ontvang hul amok kan maak. Die gasheer het met 33-5 gemaklik as oorwinnaars uit die stryd getree. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Veral die buitesenter, Andr\u00e9 Janse van Rensburg het amper na willekeur bresse in die besoekers se verdediging geslaan. Hy was sonder twyfel die grootste doring in Wessel Maree se vlees. Brandfort se kaptein en losskakel, Francois Fourie, was die planmaker agterlangs, terwyl hy ook met sy taktiese skopwerk sy span op die voorvoet gehou het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe Wessel Maree se haker, Reinard van der Vyver, is die laaste minute van die wedstryd vir sy span se enigste drie oorval was dit welverdiend. Die span van Odendaalsrus het nie &#8216;n nulletjie op die telbord vir hul vertoning verdien nie. Dit was slegs swak ingooiwerk by die lynstane en onnodige foute wat die span duur te staan gekom het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die slot Kamo Tlale, wat later na agtsteman geskuif het, en die plaasvervanger-slot Johan Marks kragtige vertonings gelewer. Nie eers geelkaarte deur die skeidsregter, Marlize van der Merwe, aan Tlale en die binnesenter, Heinrich Maree, kon die Brandforters se momentum stuit nie. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Wessel Maree se heelagter, Mpho Moretlo, het &#8216;n hele paar keer belowende aanvalle vanuit die laaste vesting geloots. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kalahari Leeus van Kuruman gaan vanjaar weer hard brul. Die span het vir Sand du Plessis van Bloemfontein met 15-3 op die sportdag verslaan. Daar moet egter bygevoeg word dat Sannies &#8216;n veel beter span is, as wat die telbord vertel. Kalahari het met die omdraaislag &#8216;n voorsprong van 5-3 geniet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was duidelik te sien in die eerste helfte dat Sannies &#8216;n goed afgerigte span is. Die span se insinking in die tweede helfte kan grootliks aan wedstryd-fiksheid toegeskryf word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus het sake in die skrums oorheers met die hele voorry bestaande uit Heinrich Fourie, Gerhard Gregory en Brajon Haumann wat lof verdien. Fourie en Gregory was ook met hul kragtige lopies in die vastelos &#8216;n groot kopseer vir Sannies. Die verloorspan se Timothy Jones het deurgans hard gewerk, maar hy kon naby die einde maklik al sy harde werk weens ongeoorloofde spel ongedaan gemaak het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg het Riebeeckstad met 8-5 verslaan. Die span van Reddersburg het &#8216;n jong span, maar daar is tekens dat hy vanjaar nog gehalte rugby kan opdis. Die span se afrigter, Dawie Pretorius, sal egter nie tevrede met die span se hope hanteerfoute in die wedstryd wees nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Reddersburg se buitesenter, Given Lombard, en die agtsteman, Boeta Godbeer, het goed vertoon. Vir Riebies was niemand beter as sy kaptein en skrumskakel, Lipoko Majoe, nie. Hy het ook welverdiend met &#8216;n skitterende breekslag sy span se enigste drie gedruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Theunissen en Parys het met 10-elk gelykop gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PIETER SWANEPOEL SPORTDAG <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Brandfort 33 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Andr\u00e9 Janse van Rensburg (2), Marcus Botha, Quintin Fourie, Janco Tukker. Doelskoppe: Francois Fourie (4). <strong>Wessel Maree 5 (0) &#8211;<\/strong> Drie: Reinard van der Vyver.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebr Landbouskool Hendrik Potgieter (Redddersburg) 8 (8) &#8211;<\/strong> Drie: Ruaan Cloete. Strafdoel: Juandr\u00e9 Rautenbach. <strong>Riebeeckstad 5 (5) &#8211;<\/strong> Drie: Lipoko Majoe.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kalahari 15 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Wian Diergaardt (2), Heinrich Fourie. <strong>Sand du Plessis 3 (3) &#8211;<\/strong> Strafdoel: William Bloem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Parys 10 &#8211;<\/strong> Drie: Johan Bruwer. Doelskop: Hannu Benadie. Strafdoel: Benadie. <strong>Theunissen 10<\/strong>.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Brandfort. &#8211; Die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart se agterhoede het in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Pieter Swanepoel sportdag hier op Pagepark hier teen Wessel Maree van Odendaalsrus gewys dat indien hulle vanjaar genoeg balbesit ontvang hul amok kan maak. Die gasheer het met 33-5 gemaklik as oorwinnaars uit die stryd getree. Veral die buitesenter, Andr\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6886","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6886","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6886"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6886\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6886"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6886"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6886"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}