{"id":6904,"date":"2016-03-04T11:40:33","date_gmt":"2016-03-04T11:40:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/fichardtpark-se-sportdag-n-spesiale-dag-vir-baie-spelers-in-streek\/"},"modified":"2016-03-04T11:40:33","modified_gmt":"2016-03-04T11:40:33","slug":"fichardtpark-se-sportdag-n-spesiale-dag-vir-baie-spelers-in-streek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6904","title":{"rendered":"Fichardtpark se sportdag &#8216;n spesiale dag vir baie spelers in streek"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6903\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/NuusGFichiesSportdag.jpg\" width=\"419\" height=\"274\" alt=\"NuusGFichiesSportdag\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/NuusGFichiesSportdag.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/NuusGFichiesSportdag-300x196.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 419px) 100vw, 419px\" \/>Die jaarlikse Fichardtpark sportdag het oor die 15 jaar wat hy bestaan \u2019n spesiale plek in \u2019n groot aantal skolerugbyspelers se harte ingeneem. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Omdat di\u00e9 sportdag oor die 15 jaar meestal verskeie van die sentrale streek se spanne se eerste wedstryde tydens hul seisoen was, het baie spelers hul eerste wedstryde vir hul onderskeie skole se eerstespanne op die jaarlikse dag beleef. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer sal vanjaar in die hoofwedstryd in sy eerste kragmeting van die seisoen teen Landboudal van Jacobsdal uitdraf. Die spelers van Fichies sal uitgehonger vir die kragmeting wees na hulle verlede Vrydag moes aanhoor dat hul weens \u2019n misverstand nie op Brandfort se sportdag sou speel nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Landboudal het verlede week met 17-31 teen Goudveld-Ho\u00ebrskool vasgeval. Fichies het verlede jaar met 24-elk gelykop in die hoofwedstryd teen Hentie Cilliers van Virginia gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die vernaamste voorwedstryd vir die hoofgereg het Sentraal &#8216;n appeltjie met Marlow Landbou van net buite Cradock te skil. Die laaste keer wat die twee spanne mekaar in Bloemfontein ontmoet het was in 2008 op die Ho\u00ebrskool President Steyn se sportdag op &#8216;n dag wat die Bloktruie liefs wil vergeet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Marlow Landbou het op daardie dag met sy losskakel, Gouws Prinsloo, aan die spits vir Sentraal &#8216;n loesing van 94-14 toegedien. Prinsloo, wat deesdae heelagter vir Griekwas se seniorspan speel, het 37 van sy span se punte via &#8216;n driekuns aan drie\u00eb en 12 doelskoppe aangeteken. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee spanne het mekaar ook verlede jaar op die Ho\u00ebrskool Oudtshoorn se TopSkole-toernooi die stryd aangese. Hier was Marlow Landbou met 14-12 baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Een van die hoogtepunte van die sportdag behoort die kragmeting teen die Griffon-kampioen, Welkom-Gimnasium, en die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap van Kimberley te wees. Gimmies het Donderdag in die hoofwedstryd van die Blou Bulle se Prestige-aand vir Waterkloof van Pretoria met vyf drie\u00eb teenoor drie verslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noord-Kaap het in sy geledere een van die voorste driedrukkers op skolevlak verlede jaar in Suid-Afrika in die haastige Cameron Hufke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kragmeting tussen Diamantveld en Goudveld beloof ook om \u2019n riller te wees. Diamonds was ook Donderdag op Loftus Versfeld in aksie teen Monument van Krugersdorp wat vanjaar onder die voorste vyf spanne in die land behoort te tel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryd tussen Diamonds en Monnas het met twee drie\u00eb elk gelykop ge\u00ebindig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gouties het op hul beurt op Brandfort se sportdag teen Landboudal gewys dat hulle vanjaar een van die kragte in die Noord-Vrystaat gaan wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nie minder as 34 eerste rugbyspanne is vandag op die grootste sportdag in Suid-Afrika in aksie nie. <\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Vandag se bepalings is: <\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>A-veld &#8211; 08:00:<\/strong> Hentie Cilliers t. Kalahari (Kuruman);<strong> 09:10:<\/strong> Diamantveld t. Goudveld-Ho\u00ebrskool; <strong>10:20:<\/strong> AHS Kroonstad t. Ho\u00ebrskool Upington; <strong>11:30:<\/strong> Welkom Gimnasium t. Noord-Kaap;<strong> 12:40:<\/strong> Louis Botha t. Witteberg; 13:50: Jim Fouch\u00e9 t. Duineveld; <strong>15:00:<\/strong> Sentraal t. Marlow Landbou; 16:10: Fichardtpark t. Landboudal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>B-veld &#8211; 08:00:<\/strong> Koffiefontein t. Martin Oosthuizen; <strong>09:10:<\/strong> Ficksburg t. Hoopstad; <strong>10:20:<\/strong> Ho\u00ebrskool Middelburg (Oos-Kaap) t. Hopetown; 11:30: Aliwal-Noord t. Hendrik Potgieter (Reddersburg); <strong>12:40:<\/strong> Burgersdorp t. Hennenman; 13:50: Hangklip t. President Steyn; <strong>15:00:<\/strong> Zastron t. De Aar; <strong>16:10:<\/strong> Sand du Plessis t. HTS Welkom. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\"><strong>Martie du Plessis A-veld &#8211; 16:10:<\/strong> Brandfort t. Riebeeckstad.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jaarlikse Fichardtpark sportdag het oor die 15 jaar wat hy bestaan \u2019n spesiale plek in \u2019n groot aantal skolerugbyspelers se harte ingeneem. Omdat di\u00e9 sportdag oor die 15 jaar meestal verskeie van die sentrale streek se spanne se eerste wedstryde tydens hul seisoen was, het baie spelers hul eerste wedstryde vir hul onderskeie skole [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6903,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6904","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6904","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6904"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6904\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6903"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6904"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6904"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6904"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}