{"id":69044,"date":"2025-04-05T23:06:31","date_gmt":"2025-04-05T21:06:31","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=69044"},"modified":"2025-04-05T23:06:31","modified_gmt":"2025-04-05T21:06:31","slug":"hansies-bring-die-hansie-week-trofee-na-19-jaar-weer-terug-huistoe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=69044","title":{"rendered":"Hansies bring die Hansie-week trofee na 19 jaar weer terug huistoe"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_69053\" aria-describedby=\"caption-attachment-69053\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-69053 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/WhatsApp-Image-2025-04-05-at-18.02.55-400x297.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"297\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-69053\" class=\"wp-caption-text\">Tebogo Mapologelo, heelagter van Hans Strijdom, op pad na een van sy span se drie drie\u00eb in sy sege van 17-10 oor Frikkie Meyer in die eindstryd van die Mauritz Hansen-week op Mookgophong. FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Hans Strijdom<\/strong> se eersterugbyspan het met &#8216;n sege van 17-10 oor <strong>Frikkie Meyer<\/strong> van Thabazimbi seker gemaak dat hy vanjaar die kroon as kampioen van 31ste jaarlikse <strong>Mauritz Hansen-week<\/strong> in Mookgophong dra.<\/p>\n<p>Dit was slegs die derde keer in die geskiedenis van die toernooi wat die gasheer as kampioen gekroon is. Hy was in 1996 en 2006 ook baas.<\/p>\n<p>Kyk al die wedstryde op die hoofveld weer op <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>SuperSport Schools<\/strong><\/a> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>).<\/p>\n<p>Die Hansie-week het in 1993 ontstaan met Transvalia van Vanderbijlpark wat as die eerste kampioen gekroon is.<\/p>\n<p>Die Hansies se hoofafrigter, <strong>Lebu van Heerden<\/strong>, se pa, <strong>Johan Frazer van Heerden<\/strong>, was 19 jaar gelede ook die span se hoofafrigter toe hulle die titel ingepalm het.<\/p>\n<p><strong>Hans Strijdom<\/strong> het vanjaar se toernooi as die enigste onoorwonne span afgeluit. Buiten die gasheer het Frikkie Meyer en HTS Middelburg se naasbestes ook die laaste dag met &#8216;n vlekkelose rekord betree.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg<\/strong> het met 26-38 die knie in sy laaste kragmeting teen <strong>Hugenote<\/strong> van Springs se eerstes gebuig. Die span van Springs was die verdedigende kampioen na hy Hans Strijdom verlede jaar met 17-10 in die eindstryd geklop het.<\/p>\n<p>Die Hansies en Frikkie Meyer sal mekaar weer op 10 Mei die stryd in die eerste ronde van die Limpopo Groep 2-liga aans\u00ea. Die span van Mookgophong het dus met di\u00e9 sege in die eindstryd nie net die trofee ingepalm nie, maar ook &#8216;n belangrike slag voor die ligawedstryd geslaan.<\/p>\n<p>Vir die Hansies was sy agtsteman, <strong>Kian du Plessis<\/strong>, weer uitstaande. Hy het in die vastelos asook in die lynstane goeie werk verrig. Die flank <strong>Janneman Benson<\/strong> en voorryman <strong>Alwyn Geyser<\/strong> het voorlangs ook goeie spel opgedis.<\/p>\n<p>Du Plessis is na afloop van die toernooi ook as die <strong>Speler van die Week<\/strong> aangewys.<\/p>\n<p>Die wenspan se heelagter, <strong>Tebogo Mapologelo<\/strong>, is na afloop van die eindstryd van die Speler van die Wedstryd vir sy vertoning aangewys. Hy het &#8216;n hele paar gevaarlike aanvalle vanuit die laaste vesting geloots asook &#8216;n mooi drie in die tweede helfte afgerond.<\/p>\n<p>Die binnesenter, <strong>Henriko van der Colff<\/strong>, se lynskoppe het ook &#8216;n hele paar keer verligting vir sy span gebring. Die Hansies het aanvanklik gesukkel in die lynstane met veral Frikkie Meyer se flank en kaptein, <strong>Keanu Visser<\/strong>, wat hier vir hulle hoofbrekens besorg het.<\/p>\n<p><strong>Northcliff<\/strong> het met &#8216;n oortuigende sege van 34-7 oor die <strong>Ho\u00ebrskool Kalahari<\/strong> van Kuruman gewys dat hy vanjaar nog &#8216;n hele paar spanne kan verras. Die span se losskakel, <strong>Matthew Hunt<\/strong>, kon met sy vertonings tydens die toernooi maklik ook met die toekenning as Speler van die Week weggestap het.<\/p>\n<p>Die span van Johannesburg se slot <strong>Declan Diesel<\/strong> en flank <strong>Tyrin Crause<\/strong> het ook blink vertonings teen die Kalahari Leeus opgedis. Crause het twee van die wenspan se drie\u00eb afgerond.<\/p>\n<p>Die span van Kuruman het nie op alle silinders gevuur na twee blink vertonings vroe\u00ebr in die week. Sy agtsteman, <strong>SW van Heerden<\/strong>, verdien egter &#8216;n klop op die skouer.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hans Strijdom 17 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Henriko van der colff, Kian du Plessis, Tebogo Mapologelo. Doelskop: Van der Colff. <strong>Frikkie Meyer 10 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Prince Sekoboane, Anrich Fourie.<\/p>\n<p><strong>Northcliff 34 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Tyrin Crause (2), Connor Verster, Matthew Hunt, Jensen Geyer. Doelskoppe: Caleb Sokolich (2), Hunt. Strafdoel: Sokolich. <strong>Kalahari 7 (7) &#8211;<\/strong> Drie: SW van Heerden. Doelskop: Andr\u00e9 Venter.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Alberton 24 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Herman du Preez (2), Kayce Nel, Juan Gous. Doelskoppe: Joshua van Rensburg (2). <strong>Fochville 10 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Athi Nqele, Simphiwe Ntuli.<\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs) 38 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Luan Pretorius (2), Musa Matkangu (2), Thanyani Mokiri, Yovan Prinsloo. Doelskoppe: George Loucas (3), 10. <strong>HTS Middelburg II 26 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Fourie Joubert, Driaan Els, Bertu Harmse, Ruben Kruger. Doelskoppe: Fourie Joubert (3), Ethan Dreyer.<\/p>\n<p><strong>Jeugland 12 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Thando Ngomane, King Agbanzo. Doelskop: Agbanzo. <strong>Ho\u00ebrskool Bellville 5 (5) &#8211;<\/strong> Drie: Ryno Higgs.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Brits 12 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ludrich Ungerer, Andr\u00e9 Potgieter. Doelskop: JP Ferreira. <strong>Empangeni 7 (0) &#8211;<\/strong> Drie: Phila Ntuli. Doelskop: Okuhle Gumede.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Eerstespanne:<\/strong> Piet Retief 7, Frans du Toit 7.<\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Marais Viljoen 30, Hugenote (Springs) 14 (eindstryd); Ho\u00ebrskool Brits 17, Oosterlig 5; Ho\u00ebrskool Bellville 13, Brandwag 8; Hans Strijdom 10, Wagpos 10; Empangeni 19, Trinityhouse 10; Merensky 12, Frikkie Meyer 0; Eldoraigne 36, HTS Middelburg 13; Hartbeespoort 24, Ho\u00ebrskool Alberton 12.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Brandwag (Benoni) 32, Kalahari 22 (eindstryd); Hans Strijdom 10, Wagpos 10; Merensky 19, HTS Middelburg 7; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 25, Marais Viljoen 10; Wilgerivier 21, Warmbad 0; Heidelberg Volkskool 28, Eldoraigne 3;\u00a0Ho\u00ebrskool Alberton 9, Oosterlig 0; Northcliff 36, Frikkie Meyer 0; Potchefstroom Gimnasium XV 14, Trinityhouse 0; Potchefstroom Gimnasium 24, Hugenote (Springs) 22; Empangeni 47, Hans Strijdom XV 10.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Kalahari 21, Frikkie Meyer 5 (eindstryd); Marais Viljoen 29, Brandwag (Benoni) 10; Potchefstroom Gimnasium 52, HTS Middelburg 0; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 37, Northcliff 7; Ho\u00ebrskool Alberton 33, Empangeni 14; Oosterlig 7, Hugenote (Springs) 5; Wagpos 15, Merensky 3; Eldoraigne 17, Hans Strijdom 14.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Hans Strijdom se eersterugbyspan het met &#8216;n sege van 17-10 oor Frikkie Meyer van Thabazimbi seker gemaak dat hy vanjaar die kroon as kampioen van 31ste jaarlikse Mauritz Hansen-week in Mookgophong dra. Dit was slegs die derde keer in die geskiedenis van die toernooi wat die gasheer as kampioen gekroon is. Hy was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":69051,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-69044","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/69044","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=69044"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/69044\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/69051"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=69044"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=69044"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=69044"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}