{"id":6909,"date":"2016-03-13T06:59:58","date_gmt":"2016-03-13T06:59:58","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/eg-jansen-en-monument-styg-uit-in-tuks-reeks\/"},"modified":"2016-03-13T06:59:58","modified_gmt":"2016-03-13T06:59:58","slug":"eg-jansen-en-monument-styg-uit-in-tuks-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6909","title":{"rendered":"EG Jansen en Monument styg uit in Tuks-reeks"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6908\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/NewsG_DandrePrinsloo.JPG\" width=\"321\" height=\"214\" alt=\"NewsG DandrePrinsloo\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Die span wat vanjaar as kampioen van die Tuks-reeks gekroon wil word, moet die trofee in Boksburg kom haal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was die duidelike boodskap wat EG Jansen van Boksburg met sy sege van 40-33 oor Garsfontein in Pretoria aan die ander spanne in die reeks gestuur het. Hoewel die telling dalk \u2019n verhaal van \u2019n opwindende wedstryd vertel is die realiteit dat albei spanne maar heelwat foute in die wedstryd begaan het. Een ding is \u2019n feit soos \u2019n koei as die twee spanne mekaar dalk iewers weer vanjaar ontmoet gaan dit \u2019n titaniese stryd wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jansies se skakelpaar, Ginter Smuts en Ruben Beytell, het die grootste invloed in hul span se sege gehad. Smuts is \u2019n generaal agter die skrum, terwyl sy akkurate stelskopwerk ook verseker het dat sy span altyd \u2019n kortkoppie voor bly.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se beste speler was sy losskakel, Austin Davids, maar sy span het te veel hanteerfoute begaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument van Krugersdorp het \u2019n oortuigende sege van 66-0 oor Transvalia behaal. Die wedstryd is na slegs 50 minute gestop, terwyl Transvalia se Hardus van der Berg na slegs tien minute \u2019n rooikaart gekry het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Monnas se ysterslot, Ruan Vermaak, was sy span se speler van die wedstryd. Die senterpaar, MJ Pelser en Bakkies Potgieter, het ook goed vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium het geen genade in die hoofwedstryd van sy sportdag teen Windhoek Gimnasium gehad nie. Paul Roos was met 69-0 baas na hy ook vroe\u00ebr in die week vir Swartland met 56-0 kafgedraf het. Paarl Gimnasium het HTS Drostdy met 52-0 uit die pad gevee, terwyl Outeniqua op Brackenfell se jaarlikse sportdag die gasheer met 19-3 geklop het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool behoort ook onder die voorste spanne te tel en het sy seisoen met \u2019n sege van 58-12 oor Helpmekaar afgeskop. Affies en Paarl Gim het albei nog spelers wat volgende week aan die nasionale T20-krieketeindronde in Potchefstroom gaan deelneem. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Op Graeme College se jaarlikse rugbydag in Grahamstad het Selborne College, Grey PE en Marlow Landbou die meeste met hul spel be\u00efndruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld van Kimberley gaan nie maklik vanjaar in die sentrale streek gestuit word nie. Na die span van die Diamantstad se drie blink vertonings tot dusver vanjaar teen Monument (10-15), Goudveld-Ho\u00ebrskool (61-5) en Sentraal (40-0) is dit dalk net Grey-kollege van Bloemfontein wat hom kan klop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit sal interresant wees indien Grey toegelaat word om later vanjaar in die Kovsiestreek-kompetisie deel te neem. Dan kan die twee spanne moontlik nog vanjaar koppe stamp. Diamonds se losskakel, Charles Williams, het soos in die ou dae met torpedo lynskoppe die bal met tye 80 meter verder teen Sentraal uitgeskop. Donderweer het&nbsp;Diamonds so ietwat ontwrig na hy rustyd reeds \u2019n voorsprong 35-0 opgehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het sy seisoen met \u2019n sege van 54-22 oor Welkom Gimnasium afgeskop. Duineveld het op Diamonds se sportdag met \u2019n oorwinning van 13-10 oor Louis Botha ook gewys dat hy vanjaar \u2019n span is om mee rekening te hou. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Goudveld-Ho\u00ebrskool het in die hoofwedstryd van sy sportdag teen Waterkloof van Pretoria met 14-42 die knie gebuig.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die span wat vanjaar as kampioen van die Tuks-reeks gekroon wil word, moet die trofee in Boksburg kom haal. Dit was die duidelike boodskap wat EG Jansen van Boksburg met sy sege van 40-33 oor Garsfontein in Pretoria aan die ander spanne in die reeks gestuur het. Hoewel die telling dalk \u2019n verhaal van \u2019n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6908,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6909","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6909","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6909"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6909\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6908"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6909"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6909"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6909"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}