{"id":6924,"date":"2016-03-20T06:00:51","date_gmt":"2016-03-20T06:00:51","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wes-kaapse-spanne-bo-op-eerste-dag-van-stryd-tussen-noord-en-suid\/"},"modified":"2016-03-20T06:00:51","modified_gmt":"2016-03-20T06:00:51","slug":"wes-kaapse-spanne-bo-op-eerste-dag-van-stryd-tussen-noord-en-suid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6924","title":{"rendered":"Wes-Kaapse spanne bo op eerste dag van stryd tussen Noord en Suid"},"content":{"rendered":"<p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6923\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/NewsG_BolandLandbou.jpg\" width=\"354\" height=\"236\" alt=\"NewsG BolandLandbou\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/NewsG_BolandLandbou.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/03\/NewsG_BolandLandbou-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 354px) 100vw, 354px\" \/>Die Wes-Kaapse spanne het die oorhand op die eerste dag van die Noord\/Suid-toernooi by die Ho\u00ebrskool Garsfontein in Pretoria. Paarl Gimnasium, Boland Landbou en Stellenberg het met onderskeidelik Waterkloof, Kempton Park en Menlopark afgereken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wanneer spanne voorberei om teen \u2019n landbouskool te speel is, maak hulle hulself gereed om \u2019n hengse aanslag in die voorhoede te weerstaan. Boland Landbou het teen Kempton Park gewys dat hy vanjaar oor genoeg skietgoed in sy agterlyn beskik om vanjaar saam met die groot honde te blaf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Agter-Paarl het Kempies met 69-10 \u2019n rugbyles geleer. Dit was veral sy senterpaar, Henro Marais en JJ van Rensburg, wat met hul spel be\u00efndruk het. Die twee was grootliks verantwoordelik vir die spasie op die punte wat veroorsaak het dat die vleuel Durin Nasson vier keer die doellyn kon oorsteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die losskakel, Duren Hoffman, het die span nie net \u2019n akkurate stelskopper nie, maar \u2019n generaal op die aanval.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die flank Athi Magwala en die haker, Francois Bruwer, verdien ook lof vir hul inklimspel voorlangs. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium se heelagter, Muller du Plessis, het gewys dat hy ewe gemaklik in sy pa Charl, SA Skole-heelagter van 1978, is. Gimmies se agterhoede met die losskakel Wian van Zyl asook die senter Theo Boshoff het in die tweede helfte beheer van hul kragmeting teen Waterkloof geneem. Gimmies was met 35-10 baas na Klofies met die omdraaislag \u2019n voorsprong van 10-7 geniet het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het Gimmies \u2019n paar Bulle in die slotpaar, Adriaan Ludick en Raymond Nel, en die vaskopstut, Francois Staples.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die enigste span wat die Kaapse spanne verhoed het om skoonskip te maak was die gasheer, die Ho\u00ebrskool Garsfontein. Hy het die Kwaggas van die Ho\u00ebrskool Outeniqua met 35-24 op Berepark verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se SA Skole-skrumskakel, Embrose Papier, het in die eerste helfte gewys waarom hy so hoog aangeslaan word. Garsies se losskakel, Austin Davids, se spel laat \u2019n mens baie aan die voormalige All Black-losskakel Carlos Spencer dink.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas het in sy binnesenter, JP Duvenhage, is \u2019n speler wie se naam ook nog baie vanjaar in skolerugbykringe gehoor gaan word. Hy het \u2019n hele paar die Turkoois Bere se verdediging probleme besorg.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg se losskakel, Ruben Scholtz, was met sy skopskoen sy span se held in sy sege van 25-16 oor Menlopark. Scholtz het 20 van sy span se punte via vyf strafdoele en &#8216;n doelskop aangeteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument het op Ellispark oor te veel skietgoed voorlangs vir Louis Botha beskik om uiteindelik met 41-5 as oorwinnaars van die veld te stap. Grey-kollege het nie veel probleme ondervind om in sy tweede wedstryd van die seisoen teen Framesby op Union High se fees teen Framesby met 57-6 te wen nie.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Wes-Kaapse spanne het die oorhand op die eerste dag van die Noord\/Suid-toernooi by die Ho\u00ebrskool Garsfontein in Pretoria. Paarl Gimnasium, Boland Landbou en Stellenberg het met onderskeidelik Waterkloof, Kempton Park en Menlopark afgereken. Wanneer spanne voorberei om teen \u2019n landbouskool te speel is, maak hulle hulself gereed om \u2019n hengse aanslag in die voorhoede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6923,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6924","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6924","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6924"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6924\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6923"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6924"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6924"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6924"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}