{"id":69354,"date":"2025-04-10T07:58:17","date_gmt":"2025-04-10T05:58:17","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=69354"},"modified":"2025-04-10T07:58:17","modified_gmt":"2025-04-10T05:58:17","slug":"halfeindstryd-bepalings-vir-prestige-reeks-oorgedra-na-eindstryde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=69354","title":{"rendered":"Halfeindstryd-bepalings vir Prestige-reeks oorgedra na eindstryde"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-69356\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Reen-2-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/>Die pad vorentoe vir die uitspeelrondes van die <strong>NWU Prestige-reeks<\/strong> is bekend gemaak, nadat die halfeindronde van di\u00e9 reeks noodgedwonge weens aanhoudende re\u00ebn afgelas moes word.<\/p>\n<p>Die bestuur van die Prestige-reeks het besluit om alle wedstryde wat op Saterdag, 12 April, by die <strong>Noordwes-Universiteit<\/strong> se Fanie du Toit-sportgronde sou plaasvind te kanselleer weens kommer dat die baie rugby op een dag skade aan die velde kan aanrig.<\/p>\n<p>Om di\u00e9 besluit verder te bemoeilik is die velde van <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> en <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> ook buite perke.<\/p>\n<p>Verskeie opsies om by die oorspronklike bepalings te hou is oorweeg, onder andere die moontlikheid om die wedstryde na ander velde of self ander provinsies te skuif, asook die opskiet van &#8216;n muntstuk.<\/p>\n<p>Die uitdagings om die wedstryde te skuif was uiteindelik egter net t\u00e9 groot.<\/p>\n<p>&#8220;Weens die laat stadium en logistieke uitdagings, finansi\u00eble implikasies, Departementele toestemming en akademiese tyd wat verlore kan gaan was di\u00e9 opsies nie prakties uitvoerbaar nie,&#8221; het <strong>Fielies Coetzee<\/strong>, voorsitter van die Prestige-reeks, in &#8216;n verklaring aan die betrokke skole ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ten spyte van die bogenoemde pogings, moes ons egter by &#8216;n finale besluit kom. Die finale besluit is as volg:<\/p>\n<p>&#8220;Die halfeindstryd-bepalings word oorgedra na die eindstryde wat op 26 April sou plaasvind. Die wenners vir posisie 1-4, 5-8, 9-12 en 13-15 sal die hoogste posisie deel. Twee skole sal gesamentlik die eerste plek beklee, twee skole gesamentlik die derde plek, ensovoorts tot by die 15de plek. Sodoende kan ons by &#8216;n regverdige en werkbare uitslag kom.&#8221;<\/p>\n<p>Die bepalings vir netbal, hokkie en ander kleiner sportsoorte wat vir die naweek geskeduleer is sal soos beplan voortgaan. Alle uitslae, insluitende di\u00e9 van hierdie sporte, sal bygetel word om die uiteindelike punte op te stel en algehele wenners aan te wys soos in die verlede.<\/p>\n<p>Hierdie besluit beteken uiteindelik dat vier spanne, naamlik, <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong>, <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong>, <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> steeds &#8216;n kans staan om die eerste silwerware van die jaar in te palm.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die pad vorentoe vir die uitspeelrondes van die NWU Prestige-reeks is bekend gemaak, nadat die halfeindronde van di\u00e9 reeks noodgedwonge weens aanhoudende re\u00ebn afgelas moes word. Die bestuur van die Prestige-reeks het besluit om alle wedstryde wat op Saterdag, 12 April, by die Noordwes-Universiteit se Fanie du Toit-sportgronde sou plaasvind te kanselleer weens kommer dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":69356,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-69354","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/69354","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=69354"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/69354\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/69356"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=69354"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=69354"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=69354"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}