{"id":69571,"date":"2025-04-11T15:44:37","date_gmt":"2025-04-11T13:44:37","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=69571"},"modified":"2025-04-11T15:44:37","modified_gmt":"2025-04-11T13:44:37","slug":"gimmie-vaart-teen-wit-bul-krag-in-die-paarl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=69571","title":{"rendered":"Gimmie-vaart teen Wit Bul-krag in die Paarl"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_69574\" aria-describedby=\"caption-attachment-69574\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-69574\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/PSX_20250331_185110-400x254.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"254\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-69574\" class=\"wp-caption-text\">DAWID BADENHORST, heelagter van Paarl Gimnasium, duik hier sierlik oor die doellyn in een van sy span se kragmetings vroe\u00ebr vanjaar. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die<strong> Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> van Pretoria se Wit Bulle beskik vanjaar weer soos gebruiklik &#8216;n agttal wat skrik vir niks, maar kan hulle <strong>Paarl Gimnasium<\/strong> se gevaarlike agterlyn Saterdag in die Paarl hokslaan?<\/p>\n<p>Die twee spanne pak mekaar om 13:00 in die <strong>King Price Derby Series<\/strong> op die JA Kriel-veld in die Paarl.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op<a href=\"https:\/\/bit.ly\/PaarlGimvsAffies2025\"> <strong>SuperSport Schools<\/strong><\/a> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/PaarlGimvsAffies2025\">www.supersportschools.com<\/a>) asook op <strong>DStv kanaal 216<\/strong> en <strong>SABC Plus<\/strong>.<\/p>\n<p>Sedert di\u00e9 interskole se ontstaan kon Affies nog net een keer daarin slaag om Paarl Gimnasium te klop. Dit was in 2022 toe die Wit Bulle met 29-26 in Pretoria baas was.<\/p>\n<p>Die Gimmies met hul kaptein en senter, <strong>Markus Muller<\/strong>, sal ongetwyfeld as die gunsteling op die veld draf. Muller het vanjaar al drie driekunste in sy span drie wedstryde tot dusver behaal. As die stukkie statistiek nie die afrigters van Affies so paar slapelose nagte besorg het nie, is daar nie veel wat dit kan veroorsaak nie.<\/p>\n<p>Gimmies is bekend vir hul uitmuntende rolmaalbewegings en Muller het selfs van sy drie\u00eb gedruk toe hy as drywer van die kruiptrekker diens gedoen het. Die werk van Gimmies se voorspelerafrigter, <strong>Helmut Lehmann<\/strong>, is die aspek van die spel kan nie gering geskat word nie.<\/p>\n<p>Affies het waarskynlik gedurende hul voorbereiding die hulp van hul hoof van sport, <strong>Ryno van der Merwe<\/strong>, nader getrek as teenvoeter. Van der Merwe het self as die drywer van die Cheetahs se kruiptrekker vele drie\u00eb in die span se gloriejare van 2005 tot 2008 gedruk.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle het vanjaar nog net teen die <strong>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl<\/strong> (17-25) vanjaar die knie gebuig. Die span van die Jakarandastad het ook vanjaar reeds vir <strong>Diamantveld<\/strong> (57-19), <strong>Helpmekaar<\/strong> (40-8) en <strong>HTS Drostdy<\/strong> (61-17) behoorlik kaf gedraf.<\/p>\n<p>Die span word deur sy losskakel, <strong>Ruben Groenewald<\/strong>, aangevoer. Groenewald se pa, Coenraad, het op sy dag vir die Blou Bulle se seniorspan op skrumskakel uitgedraf.<\/p>\n<p>Affies se krag l\u00ea veral in sy lostrio bestaande uit <strong>Stephan McDonald<\/strong>, Albert Smit en<strong> Luhan Potgieter<\/strong>. Smit het reeds langs die kant van die skrum tydens verlede jaar se Cravenweek in Krugerdorp vir die Blou Bulle gesak. Potgieter het reeds vanjaar gewys dat die Wit Bulle weer soos met <strong>Regardt du Plessis<\/strong> in 2016 &#8216;n baljagter van formaat het.<\/p>\n<p>McDonald het ook veral in die nederlaag teen Boishaai gewys dat hy vinnig besig is om sy voete op eerstespanvlak te vind. Hy is &#8216;n sterk baldraer wat die regte lyne hardloop.<\/p>\n<p>Gimmies se onderkaptein en agtsteman, <strong>Quintin Potgieter<\/strong>, het verlede jaar al die tonge los gehad oor sy uithalerspel op slot. Vanjaar terug in sy gebruiklike posisie gaan hy nog vele spanne hoofbrekens besorg.<\/p>\n<p>Die tuisspan se losskakel, <strong>Divan Pieters<\/strong>, het ook reeds vanjaar gewys dat hy oor die vermo\u00eb beskik om die spel goed af te wissel. Hy weet wanneer om die gevaarlike agterhoede met Muller aan die spits weg te stuur en wanneer om met &#8216;n goed geplaaste steek- of lynskoppie druk te verplaas.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Paarl Gimnasium:<\/strong> 15 Dawid Badenhorst, 14 Johan Kleynhans, 13 Markus Muller (kaptein), 12 Ethan Barker, 11 Thomas Saunders, 10 Divan Pieters, 9 Nicolaz Burden, 8 Quintin Potgieter, 7 Hendr\u00e9 van Zyl, 6 Hendr\u00e9 van der Westhuizen, 5 Jean Dreyer, 4 Migael Turner, 3 Adriaan van der Lingen, 2 Charles Whitehead, 1 Pieta Cilliers.<\/p>\n<p><strong>Affies:<\/strong> 15 Lamond Baaitjies, 14 Rikus Strydom, 13 Estian Marx, 12 Petrus Rautenbach, 11 Joshua Gouws, 10 Ruben Groenewald (kaptein), 9 Fourie Roberts, 8 Stephan McDonald, 7 Albert Smit, 6 Luhan Potgieter, 5 Christiaan de Wet, 4 Elwin Janse van Vuuren, 3 Deon Botes, 2 Bauke Swart, 1 Roal Kruger.<\/p>\n<p><strong>Afskop:<\/strong> 13:00<\/p>\n<p><strong>Vorige kragmetings:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>[ninja_tables id=&#8221;69573&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria se Wit Bulle beskik vanjaar weer soos gebruiklik &#8216;n agttal wat skrik vir niks, maar kan hulle Paarl Gimnasium se gevaarlike agterlyn Saterdag in die Paarl hokslaan? Die twee spanne pak mekaar om 13:00 in die King Price Derby Series op die JA Kriel-veld in die Paarl. Volg al [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":69574,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-69571","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/69571","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=69571"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/69571\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/69574"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=69571"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=69571"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=69571"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}