{"id":6966,"date":"2016-04-10T07:30:07","date_gmt":"2016-04-10T07:30:07","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/monnas-jansies-en-garsies-gee-pas-aan-in-tuks-reeks\/"},"modified":"2016-04-10T07:30:07","modified_gmt":"2016-04-10T07:30:07","slug":"monnas-jansies-en-garsies-gee-pas-aan-in-tuks-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6966","title":{"rendered":"Monnas, Jansies en Garsies gee pas aan in Tuks-reeks"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6628\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/NewsG_Nelspruit.jpg\" width=\"399\" height=\"296\" alt=\"NewsG Nelspruit\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/><span style=\"color: #000000;\">As daar een span is wat die Ho\u00ebrskool Monument van Krugersdorp die afgelope paar jaar op gereelde grondslag teen sukkel is dit die Ho\u00ebrskool Kempton Park.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het die kragmeting tussen die twee spanne in die Tuks-reeks met 43-16 gewen, maar maklik was dit nie. Kempies het tot laat in die tweede helfte \u2019n voorsprong van 9-5 geniet. Monnas se kaptein en haker, PJ Botha, het net voor rustyd oorgeval om aan sy span met die omdraaislag \u2019n voorsprong van 10-9 te geniet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kempies het hope durf gewys, maar op die ou einde het Monnas met sy groter spelers al hoe meer gate gevind soos die wedstryd gevorder het. Veral Kempies se flank Marco Ueckermann en die buitesenter, Cobus Hattingh, het reuse werk vir hul span verrig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha het sy skitter vertonings tot dusver vanjaar op die rugbyveld voorgesit. Hy is \u2019n sterke derduiwel in die los en sy ingooiwerk is van hoogstaande gehalte. Hy is waarskynlik die beste haker op skolevlak sedert Malcolm Marx in 2012 aan King Edward VII gematrikuleer het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Monnas se slot Ruan Vermaak en agtsteman, Cristen van Niekerk, het ook die bal goed gedra en telkens oor die voordeellyn gekom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG Jansen stoom steeds voort in sy poging om vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Tuks-reeks gekroon te word. Die span van Boksburg het Menlopark met 45-3 verslaan om sy onoorwonne status in die reeks te behou. Jansies se losskakel, Ruben Beytell, het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein het 13 drie\u00eb in \u2019n wegholsege van 71-0 oor Marais Viljoen op sy tuisveld, Berepark in Pretoria, gedruk. Garsies se heelagter, Abner van Reenen, was soos gewoontlik op sy stukke op die aanval. Die agtsteman, Luke Fortuin, en die losskakel, Austin Davids, het ook blink vertonings opgedis. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne het HTS Middelburg se Rooi Bulle met 28-22 op sy tuisveld in Pretoria geklop. Sy skrumskakel, Christiaan Claassen, was aan die spits van sy span se aanslag voor hy weens \u2019n besering gedwing is om die veld te verlaat. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het Maritzburg College met 60-13 in Bloemfontein uit die pad gestamp. Die span van die Rosestad het dalk duur vir die sege betaal met die losskakel, Mario Vieira, senter Gerrie Koegelenberg en die stut Tristan Spies wat die veld weens beserings verlaat het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se agttal het die grondslag vir die sege gel\u00ea. Hy het in die skrums en die lynstane die oorhand gehad. Die lostrio van Dian Schoonees, Arno Nieuwoudt en Wihan Klopper vul mekaar goed as kombinasie aan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die heelagter, Jandr\u00e9 de Beer, \u2019n hele paar keer goeie lopies ingekry, terwyl sy posisionele spel ook uitstaande was.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As daar een span is wat die Ho\u00ebrskool Monument van Krugersdorp die afgelope paar jaar op gereelde grondslag teen sukkel is dit die Ho\u00ebrskool Kempton Park. Monnas het die kragmeting tussen die twee spanne in die Tuks-reeks met 43-16 gewen, maar maklik was dit nie. Kempies het tot laat in die tweede helfte \u2019n voorsprong [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6628,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6966","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6966","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6966"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6966\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6628"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6966"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6966"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6966"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}