{"id":6967,"date":"2016-04-10T07:33:01","date_gmt":"2016-04-10T07:33:01","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/paul-roos-bo-baas-teen-grey-pe\/"},"modified":"2016-04-10T07:33:01","modified_gmt":"2016-04-10T07:33:01","slug":"paul-roos-bo-baas-teen-grey-pe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6967","title":{"rendered":"Paul Roos bo-baas teen Grey PE"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6958\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/04\/NewsG_DamianWillemse.jpg\" width=\"284\" height=\"348\" alt=\"NewsG DamianWillemse\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/04\/NewsG_DamianWillemse.jpg 336w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/04\/NewsG_DamianWillemse-245x300.jpg 245w\" sizes=\"auto, (max-width: 284px) 100vw, 284px\" \/><span style=\"color: #000000;\"><span><span>In die kort geskiedenis van die jaarlikse interskole tussen Paul Roos Gimnasium en Grey High School van Port Elizabeth is dit tot dusver telkens die losskakels wat \u2019n belangrike rol in die uitslag gepeel het.&nbsp;<\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Paul Roos se sege van 36-21 oor Grey PE gister in die Markotter-stadion in Stellenbosch was dit weer die geval. Die span van die Eikestad se SA Skole-losskakel, Damian Willemse, het die spel met sy besluitneming soos \u2019n ware generaal dikteer. Willemse was verlede jaar in die Baai ook die groot doring in Grey se vlees met twee drie\u00eb. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 2013 het Grey PE se losskakel, Curwin Bosch, \u2019n terugvegpoging gelei en was hy ook verantwoordelik vir die wenpunte in die doodsnikke. In 2007 het die Springbok-heelagter, Willie le Roux, as losskakel vir die Maroentruie &#8216;n rol in sy span se sege gespeel, terwyl Coenie van Wyk in 2006 al vier van Paul Roos se drie\u00eb vervyf het waarvan hy ook self een gedruk het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was Paul Roos se eerste sege oor Grey PE op sy tuisveld sedert 2010. Dit was ook Grey PE se eerste nederlaag vanjaar. Die tuisspan het teen rustyd reeds \u2019n stewige voorsprong van 29-14 opgebou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se heelagter, Gianni Lombard, het in die doodsnikke van sy span se wedstryd teen die Ho\u00ebrskool Outeniqua se Kwaggas in George gaan druk en sy eie drie verdoel om aan sy \u2019n oorwinning van 29-27 te besorg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai spog nou met \u2019n onoorwonne status in sy laaste 25 wedstryde. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium het Boland Landbou met 34-14 verslaan. Die span se agtsteman, Muller Uys, was uitstaande. Hy het veral met sy kraglopies meters ver veld gewen. Die heelagter, Wian van Zyl, en die vleuel Muller du Plessis was gevaarlik elke keer wat hulle in besit gestel is. Gimmies het rustyd \u2019n skrale voorsprong van 8-6 geniet, maar in die tweede na \u2019n ho\u00ebr rat oorgeskakel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou van Riversdal is ook steeds onoorwonne na hy HTS Dani\u00ebl Pienaar met 48-8 geklop het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Bishops het \u2019n agterstand van 10-16 teen rustyd in \u2019n sege van 30-23 teen Brackenfell omgedraai. Bishops word deur die voormalige Springbok-kaptein, Francois Pienaar, se seun Jean vanaf agtsteman aangevoer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria was in \u2019n verwoestende bui in Durban teen Westville Boys&#8217; High. Affies het Westville met 62-0 kafgedraf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Pukke 16-reeks sal die kampioen Pionier sy titel teen verlede jaar se naaswenner, Vryburg, volgende week verdedig. Vryburg het in sy halfeindstryd vir Fochville met 23-7 geklop, terwyl Pionier vir Pretoria-Noord in \u2019n opwindende wedstryd met 42-31 uitgeskakel het.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die kort geskiedenis van die jaarlikse interskole tussen Paul Roos Gimnasium en Grey High School van Port Elizabeth is dit tot dusver telkens die losskakels wat \u2019n belangrike rol in die uitslag gepeel het.&nbsp; In Paul Roos se sege van 36-21 oor Grey PE gister in die Markotter-stadion in Stellenbosch was dit weer die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6958,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6967","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6967","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6967"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6967\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6958"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6967"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6967"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6967"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}