{"id":6969,"date":"2016-04-11T06:34:30","date_gmt":"2016-04-11T06:34:30","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jim-fouche-waarsku-spanne-in-vrystaatse-liga\/"},"modified":"2016-04-11T06:34:30","modified_gmt":"2016-04-11T06:34:30","slug":"jim-fouche-waarsku-spanne-in-vrystaatse-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6969","title":{"rendered":"Jim Fouche waarsku spanne in Vrystaatse liga"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Jim Fouch\u00e9 het Saterdag op sy tuisveld teen Fichardtpark \u2019n duidelike waarskuwing aan al die ander spanne in die Vrystaatse A-liga gestuur. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">JF het vir Fichies met 48-7 oorrompel. Dit was veral die skrumwerk en lynstaanspel van JF wat die meeste be\u00efndruk het. Veral omdat die twee aspekte Fichies se sterk punte is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die skrums verdien die hele agttal \u2019n klop op die skouer, maar dit is die vaskopstut, Reino Coetzee, wat met sy skrumwerk en inklimspel sy span se beste speler voorlangs was. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die lang slot Ernst Nebe (1.98m) het uitstekend in die lynstane gerank, maar dit is oor sy drie dat hy vandag met \u2019n bree glimlag sal rondloop. Hy het \u2019n losbal op die halflyn opgepik en regdeur Fichies gehardloop om te gaan druk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die agtsteman, Andrew Voster, en die skrumskakel, Stefan Coetzer, het ook goeie vertonings vir die wenspan gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nie Louis Botha of Sentraal wou die kragmeting tussen hulle wen nie. Die twee spanne het die louere met 10-elk gedeel. Albei spanne kon nie aan die gang kom nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kampioen van die Vrystaatse B-liga, St. Andrew, bult reeds sy spiere in die eerste ronde van vanjaar se liga. Hy het President Steyn op Gonval Store-park in Bainsvlei met 36-22 in \u2019n fisieke stryd geklop. Die twee spanne het mekaar verlede jaar ook in die eindstryd gepak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saints se senter Michael Walsh en die vaskopstut, Leonard Jennings, was tiere op verdediging. Die slot Damon Vassen het uistaande werk in die lynstane verrig en ook in die vastelos gewoel. Hy is met twee drie\u00eb vir sy inklimspel beloon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vleuel Sipho Malewa het agterlangs ook goed vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Staatspresident Swart van Brandfort het die B-liga met \u2019n naelskraapse sege van 15-13 oor Sand du Plessis op Page-park in Brandfort afgeskop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg het die intrapslag in vanjaar se liga met \u2019n oorwinning van 56-3 oor Ho\u00ebrskool Bloemfontein gewys dat nie vanjaar \u2019n maklike span gaan wees nie. Die span se losskakel, Juandr\u00e9 Rautenbach, het al agt sy span se drie\u00eb vir \u2019n bydra van 16 punte verdoel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het Maritzburg College met 60-13 in Bloemfontein uit die pad gestamp. Die span van die Rosestad het dalk duur vir die sege betaal met die losskakel, Mario Vieira, senter Gerrie Koegelenberg en die stut Tristan Spies wat die veld weens beserings verlaat het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se agttal het die grondslag vir die sege gel\u00ea. Hy het in die skrums en die lynstane die oorhand gehad. Die lostrio van Dian Schoonees, Arno Nieuwoudt en Wihan Klopper vul mekaar goed as kombinasie aan. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die heelagter, Jandr\u00e9 de Beer, \u2019n hele paar keer goeie lopies ingekry, terwyl sy posisionele spel ook uitstaande was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege 60 (38):<\/strong> Drie\u00eb: Jandr\u00e9 de Beer (3), Janco van Heyningen (2), Wihan Kloppers (2), Rikus Pretorius. Doelskoppe: Christopher Schreuder (5). Strafdoele: Mario Vieira (2), Schreuder. <strong>Maritzburg College 13 (13)<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Jim Fouch\u00e9 48:<\/strong> Drie\u00eb: Francois Maree, Ernst Nebe, Willie van der Berg, Miles Wooley, Werner Stofberg, Reino Coetzee. Doelskoppe: Henco Venter (3). Strafdoele: Venter (4). <strong>Fichardtpark 7:<\/strong> Drie: Lohan Zeelie. Doelskop: Jevan Botes.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Sentraal 10:<\/strong> Drie: Ruan van der Walt. Doelskop: Jano Earle. Strafdoel: Jaden Seekoei. <strong>Louis Botha 10:<\/strong> Drie: Gela Khanya. Doelskop: Rethabile Mzamo. Strafdoel: Mzamo.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>St. Andrew 36:<\/strong> Drie\u00eb: Damon Vassen (2), Sipho Malewa, Liam Bouwer, Sean Newberry, Greg van Mastrigt. Doelskoppe: Michael Maree (2), Mark le Riche. <strong>President Steyn 22:<\/strong> Drie\u00eb: Niel Smith, Janco Nel, Luandr\u00e9 Nel. Doelskoppe: Gailin Neels (2). Strafdoel: Neels.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Brandfort 15:<\/strong> Drie\u00eb: Andr\u00e9 Janse van Rensburg, Christiaan Botha. Doelskop: Francois Fourie. Strafdoel: Fourie. <strong>Sand du Plessis 13:<\/strong> Drie: Nicky Hattingh. Doelskop: William Bloem. Strafdoele: Bloem (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Hendrik Potgieter 56:<\/strong> Drie\u00eb: Breyton Arendse (2), Boeta Godbeer (2), Quinton Erasmus (2), Ruaan Cloete, Romario Roules. Doelskoppe: Juandr\u00e9 Rautenbach (8). <strong>Ho\u00ebrskool Bloemfontein 3<\/strong>.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jim Fouch\u00e9 het Saterdag op sy tuisveld teen Fichardtpark \u2019n duidelike waarskuwing aan al die ander spanne in die Vrystaatse A-liga gestuur. JF het vir Fichies met 48-7 oorrompel. Dit was veral die skrumwerk en lynstaanspel van JF wat die meeste be\u00efndruk het. Veral omdat die twee aspekte Fichies se sterk punte is. In die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6969","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6969","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6969"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6969\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6969"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6969"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6969"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}