{"id":6984,"date":"2016-04-18T06:52:30","date_gmt":"2016-04-18T06:52:30","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/fichies-hou-vas-vir-sege-oor-sentraal\/"},"modified":"2016-04-18T06:52:30","modified_gmt":"2016-04-18T06:52:30","slug":"fichies-hou-vas-vir-sege-oor-sentraal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6984","title":{"rendered":"Fichies hou vas vir sege oor Sentraal"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Fichardtpark het Saterdag op sy tuisveld in Bloemfontein \u2019n sege van 13-11 teen Sentraal deurgetrek. Tralies het in die laaste paar minute van die wedstryd met twee strafdoel pogings pale misluk wat aan hulle die sege sou besorg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sentraal se heelagter, Jaden Seekoei, het die eerste poging skeef getrek, terwyl die laaste strafdoel deur hom in die doodsnikke van die wedstryd die regoppaal getref het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fichies se vaskopstut, Wandr\u00e9 Nortj\u00e9, was met sy stormramlopies \u2019n groot doring in Sentraal se vlees. Hy is vir sy goeie spel met \u2019n drie beloon. Buiten Nortj\u00e9 verdien die losskakel, Jevan Botes, ook vermelding vir sy goeie besluitneming en vir die gladde manier waarop hy die agterlyn weggestuur het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sentraal het glad nie al hul kanse benut nie, terwyl Fichies die geleenthede wat na sy kant toe gekom gebruik het. Tralies se kantman, Gerhardt Roodt, het in die los gewoel en hy was ook in die lynstane vir sy span goud werd. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het Louis Botha met 50-0 met nog 16 minute oor in die wedstryd verslaan. Die span se blitsige vleuel, Janco van Heyningen, het drie keer Louis Botha se doellyn oorgesteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se naasbestes, die Cherries, het ook nie veel genade vir Jim Fouch\u00e9 in sy oortuigende oorwinning van 62-17 beloon nie. Albei die wedstryde is \u2019n duidelike aanduiding dat Grey vanjaar weer een van die groottes in Suid-Afrikaanse skolerugby is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdedigende kampioen van die Vrystaatse B-liga, St. Andrew, het twee gemaklike seges oor Sehunelo (54-12) en Tsosoletso (52-0) verlede week behaal. Saints se stut, Melgardt Minnaar, het Saterdag teen Sehunelo uitgeblink.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het vier keer oor die doellyn gebars. Die losskakel, Michael Maree, het ook goed teen Sehunelo vertoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Steyners het \u2019n broodnodige sege van 27-21 oor Sand du Plessis behaal. Sannies het met lemoentyd met 11-8 voorgeloop. Brandfort het Hendrik Potgieter van Reddersburg met 33-19 geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Fichardtpark 13 (0) &#8211;<\/strong> Drie: Wandr\u00e9 Nortj\u00e9. Doelskop: Jevan Botes. Strafdoele: Botes (2). <strong>Sentraal 11 (8) &#8211;<\/strong> Drie: Thato Mei. Strafdoele: Jaden Seekoei (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege 50 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Janco van Heyningen (3), Jandr\u00e9 de Beer, Henk Cilliers, Marnus Boshoff, Rikus Pretorius, Dian Schoonees. Doelskoppe: Christopher Schreuder (5). <strong>Louis Botha 0<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>President Steyn 27 (8) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Phillip Jackson (2), Henrico Purchase, Johnny Khumisi. Doelskoppe: Gailin Neels (2). Strafdoel: Neels.<strong> Sand du Plessis 21 (11) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Andr\u00e9 van der Berg, Waldrick le Roux. Doelskop: William Bloem. Strafdoele: Bloem (2). Skepdoel: Bloem.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Brandfort 33 () &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Christiaan Botha (2), Kamo Tlale, Franco Marks, Heinrich Maree. Doelskoppe: Francois Fourie (4). <strong>Hendrik Potgieter (Reddersburg) 19 () &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ruan Cloete, Boeta Godbeer, Romaria Rall. Doelskoppe: Juandr\u00e9 Rautenbach (3).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Fichardtpark het Saterdag op sy tuisveld in Bloemfontein \u2019n sege van 13-11 teen Sentraal deurgetrek. Tralies het in die laaste paar minute van die wedstryd met twee strafdoel pogings pale misluk wat aan hulle die sege sou besorg. Sentraal se heelagter, Jaden Seekoei, het die eerste poging skeef getrek, terwyl die laaste strafdoel deur hom [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6984","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6984","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6984"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6984\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6984"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6984"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6984"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}