{"id":6985,"date":"2016-04-18T06:56:36","date_gmt":"2016-04-18T06:56:36","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/geen-keer-aan-gimmies-in-griffon-liga\/"},"modified":"2016-04-18T06:56:36","modified_gmt":"2016-04-18T06:56:36","slug":"geen-keer-aan-gimmies-in-griffon-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6985","title":{"rendered":"Geen keer aan Gimmies in Griffon-liga"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Dit is dalk nog vroeg in die Griffon-liga na slegs twee rondes, maar dis moeilik om te sien hoe enige iemand Welkom Gimnasium gaan weerhou om sy titel suksesvol te verdedig nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het Saterdag vir Witteberg van Bethlehem met 71-12 \u2019n drag slae toegedien. Die span se kaptein en Cravenweek-haker, Duke Jantjes, het sy span met \u2019n skitterende vertoning van voor gelei. Die span se Cravenweek-losvoorspeler, Gift Dlamini, was soos gewoontlik weer uitstaande. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die agterhoede het die vleuel Kwagga van Staden amper \u2019n hand in elkeen van Gimmies se drie\u00eb gehad. Die heelagter, Andrew Kota, begin met sy spel herhinner aan Cecil Afrika toe hy destyds met sy aanvallende spel vir die Harmony-Sportakademie die Griffon-liga aan die brand gespeel het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voortrekker van Bethlehem is die span wat dalk met die eerste stelling in die berig sal verskil. Die Trekkers het die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad met 38-21 in hulle kragmeting in Kroonstad verslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Bethlehem se stut Francois Klopper en die haker, Tiaan van Zyl het voorlangs die grondslag vir die sege gel\u00ea. Sy binnesenter, Bertus Kleynhans, het ook sy goeie vertonings tot dusver die seisoen voortgesit. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool se buitesenter, Zak van Niekerk, die agtsteman, Dian de Beer, en flank DJ Hattingh en heelagter, Dylan Stiemmie, het almal goeie vertonings vir die verloorspan gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Virginia het Goudveld-Ho\u00ebrskool in \u2019n klipharde tweestryd met 14-12 oor Hentie Cilliers gese\u00ebvier. Gouties het met die omdraaislag \u2019n voorsprong van 6-0 geniet danksy twee strafdoele deur Lorenzo Cloete. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gouties se flank GP Nieuwenhuizen het \u2019n barshou voorlangs gespeel, terwyl sy flankmaat Paul Sauer goed op verdediging gevaar het. Die stut Dylon Aplon het in die skrums meer as sy man gestaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die stryd van die Tekkies en die Spanners het HTS Welkom vir HTS Sasolburg met 54-10 verslaan. Die Tekkies het met die omdraaislag reeds \u2019n voorsprong van 21-5 geniet. Die wenspan se slot Wandile Seshetsa was sy bester speler op die dag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wilgerivier van Frankfort het sy eerste sege ooit in die Griffon-liga behaal deur die Ho\u00ebrskool Kroonstad met 43-8 te klop. Daar heers groot kommer in skolerugbykringe in die Noord-Vrystaat oor Blouskool se rugbytoekoms. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Sandveld-liga het Hennenman vir Riebeeckstad met 22-10 verslaan, terwyl Wessel Maree op sy tuisveld in Odendaalsrus met 27-24 uitoorl\u00ea het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sandveld van Wesselsbron het vir die eerste keer in jare daarin geslaag om Bultfontein ore aan te sit. Sandveld se drie drie\u00eb in sy oorwinning van 17-0 is boonop deur sy twee voorrymanne, Ettienne Verster en Christo Reynecke, gedruk. Verster het twee keer oor die doellyn geval. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ficksburg was op sy stukke teen Ladybrand en sy senter Jade Adams het \u2019n driekuns aan drie\u00eb in sy oorwinning van 53-0 behaal. Reitz het sy kragmeting teen Paul Erasmus van Senekal in die Oos-Vrystaatse liga met 20-10 gewen.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Welkom Gimnasium 71 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Gift Dlamini (2), Lubabalo Mtyesi (2), Ronaldo Fortuin (2), Richman Gora (2), Duke Jantjes, Andrew Kota, Kyle Els. Doelskoppe: Kota (8). <strong>Witteberg 12 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Cronj\u00e9 Meiring, Nico Janse van Rensburg. Doelskop: George Spershott.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Voortrekker 38 (28) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Tiaan van Zyl, Marco Labuschagne, Francois Klopper, Bertus Kleynhans, Michael Janse van Rensburg. Doelskoppe: Labuschagne (5). Strafdoel: Labuschagne. <strong>AHS Kroonstad 21 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Zak van Niekerk, Dian de Beer, Kobus Joubert. Doelskoppe: Chappies van der Walt (3).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>HTS Welkom 54 (21) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Adrian Olivier (2), Siya Ngxesha (2), Tefo Modiele, Tandolwethobola Nghosa, Tshepo Raseboka, Morena Seekoei. Doelskoppe: Vusikhaya Hanaba (7). HTS Sasolburg 10 (5) &#8211; Drie\u00eb: Thia Japtha (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool 14 (6) &#8211;<\/strong> Drie: Zane Vorster. Strafdoele: Lorenzo Cloete (3). Hentie Cilliers 12 (0) &#8211; Drie\u00eb: Jovanian du Preez, Dillon Hardenberg. Doelskop: Owen Kleinhans.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wilgerivier 43 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Corjan Muller, Christiaan Jooste, Daniel Jooste, Junior Jordaan, Tat van der Watt, Stean Marais. Doelskoppe: Cobus Erasmus (5). Strafdoel: Erasmus. Ho\u00ebrskool Kroonstad 8 (5).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Hennenman 22 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Albe Venter, Richard Badenhorst, Nathan Nel, Fanie Pretorius. Doelskop: Venter. Riebeeckstad 10 (10) &#8211; Drie\u00eb: Liphoko Majoe (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Wessel Maree 27 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Brandon Smit, William Hlongolwane, Tian Potgieter, Mpho Moretlo. Doelskoppe: Potgieter (2). Strafdoel: Potgieter. Bothaville 24 (5) &#8211; Drie\u00eb: Stephan Bester, Jurie Viljoen, Hanco van Aswegen, Willem van der Merwe. Doelskoppe: Carlo Kleynhans (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Sandveld 17 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ettiene Verster (2), Christo Reynecke. Doelskop: David Marais. Bultfontein 0.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ficksburg 53 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jade Adams (3), Vincent Geldenhuys, Ernest van Dyk, Willie Pretorius, Tiaan Venter, Ranny Nolan, Lutho Konza. Doelskoppe: Nolan (4). Ladybrand 0.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Reitz 20 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jannes van Coller, John Swart, Ruben Kriel. Paul Erasmus 10.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is dalk nog vroeg in die Griffon-liga na slegs twee rondes, maar dis moeilik om te sien hoe enige iemand Welkom Gimnasium gaan weerhou om sy titel suksesvol te verdedig nie. Gimmies het Saterdag vir Witteberg van Bethlehem met 71-12 \u2019n drag slae toegedien. Die span se kaptein en Cravenweek-haker, Duke Jantjes, het sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6985","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6985","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6985"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6985\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6985"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6985"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6985"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}