{"id":6986,"date":"2016-04-18T07:07:34","date_gmt":"2016-04-18T07:07:34","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/monnas-garsies-eg-jansen-en-nelspruit-deur-tot-tuks-halfeindronde\/"},"modified":"2016-04-18T07:07:34","modified_gmt":"2016-04-18T07:07:34","slug":"monnas-garsies-eg-jansen-en-nelspruit-deur-tot-tuks-halfeindronde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6986","title":{"rendered":"Monnas, Garsies, EG Jansen en Nelspruit deur tot Tuks halfeindronde"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Monument van Krugersdorp het Saterdag in Rustenburg met sy oortuigende sege van 46-12 oor Ho\u00ebrskool Rustenburg in die kwarteindronde van die Tuks-reeks \u2019n duidelik waarskuwing aan die ander spanne in die reeks gestuur. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wit Bulle kom in die halfeindronde nou teen die Garsfontein Bere te staan. Garsies moes harder as verwag werk om Eldoraigne met 31-22 die loef af te steek. Die span se agttal met die agtsteman Luke Fortuin, flank Ryno Pieterse en slot Jordan van Dyk het voorlangs die grootste bydrae tot die sege gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se agterhoede was nie gevaarlik soos hulle gewoontlik is nie en sal teen Monnas op hul beste moet wees indien die span van die Jakarandastad tot die eindstryd wil deurdring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se senterpaar, MJ Pelser en Bakkies Potgieter, was op hul stukke teen Rustenburg. Die twee het die tuisspan se verdediging hoofbrekens besorg wanneer hulle besluit het om die voordeellyn aan te val. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wit Bulle se kaptein en haker, PJ Botha, het ook sy goeie vertonings tot dusver voortegesit. Die vertoning van Monnas was sonder twyfel hul beste tot dusver die seisoen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Rustenburg het sy slotpaar, Christopher Kemm en Nathan Jordan, blink vertonings gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdedigende kampioen, EG Jansen van Boksburg, mik vanjaar daarna om vir die derde agtereenvolgende jaar met die kroon weg te stap. Die span van Boksburg het in Middelburg vir HTS Middelburg met in hul kwarteindstryd 24-21 geklop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se losskakel, Ruben Beytell, ken die pad doellyn toe goed en het nog twee drie\u00eb by sy totaal van die seisoen gevoeg. Die woelige stut Andr\u00e9 van der Merwe is ook vir sy goeie spel in die los met \u2019n drie beloon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Nelspruit se Rhinos sal op EG Jansen in die halfeindronde wag na hulle vir Kempton Park met 28-14 verslaan het. Niemand was beter vir die Rhinos as hulle skrumskakel, Jaco Joubert, nie. Hy het voortdurend vrae aan Kempies om die skrums en losskrums gevra. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die losskakel, Francois Esselen, kan ook tevrede met sy vertoning voel. Hy het takties goed geskop en sy lyn seepglad weggestuur. Vir Kempies was sy binnesenter, Francois Erasmus, soos gewoontlik \u2019n staatmaker.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia het \u2019n naelskraapse sege van 27-26 oor Florida behaal. Die span van Vanderbijlpark het vroeg \u2019n voorsprong van 18-5 opgebou, maar \u2019n geelkaart aan sy senter Franco van Wyk het aan Florida die geleentheid gegee om terug in die wedstryd te kom. Net voor Van Wyk teruggekom het, het Florida die voortou met 19-18 danksy \u2019n drie deur sy stut Ruan Oosthuizen geneem. Daarna was dit \u2019n wipplankstryd met die voorloper wat kort-kort verwissel het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia se losskakel, JP Pieterse, het met sy skopvoet uiteindelik die wedstryd vir sy span deurgetrek. Hy het vyf stradoele en \u2019n doelskop oorgeklits.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>EG Jansen 24 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ruben Beytell (2), Andr\u00e9 van der Merwe, Werner Fourie. Doelskoppe: Ginter Smuts (2). <strong>HTS Middelburg 21<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Garsfontein 31 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Luke Fortuin, Lincoln Daniels, Abner van Reenen, Emelio Adonis, Ryno Pieterse. Doelskoppe: Austin Davids (3). <strong>Eldoraigne 22<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Monument 46 (24) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Arno van der Westhuizen (2), MJ Pelser, PJ Jacobs, Reyno Potgieter, Luke Rossouw, Brendan Buitendag, Keanu Joubert. Doelskoppe: Rossouw (3). <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 12 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Tiaan du Toit, Nathan Jordan. Doelskop: Gerhard Fourie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 28 (14) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Dewald Maritz, Francois Esselen, Nico de Kock, Riaz Adebayo. Doelskoppe: Esselen (4). <strong>Kempton Park 18 (13) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Arnant Vorster (2). Doelskop: Lionel Ueckermann. Strafdoele: Ueckermann (2).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 32 (8) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Grant Marx, Bernie de Beer, Franco Badenhorst, Dirkie Kotze. Doelskoppe: Michael Venter (2), SJ Taljaard. Strafdoele: Venter, Taljaard. <strong>Marais Viljoen 31 (12)<\/strong>.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Menlopark 24 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Hannes Janse van Rensburg, Louis Jordaan, Arrie du Plessis, Ruben Fleischauer. Doelskoppe: Werner Nel (2). <strong>Centurion 14 &#8211;<\/strong> Drie: Carl Wijburg. Strafdoele: Paul Roos (3).&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Transvalia 27 (18) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Xander van der Walt (2). Doelskop: JP Pieterse. Strafdoele: Pieterse (5). <strong>Florida 26 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Donovan Fourie (2), Ruan Oosthuizen, Maxwell van Louw. Doelskoppe: Bradwin Johnson (3).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ander spanne:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.16:<\/strong> Menlopark 7, Centurion 6; Florida 35, Transvalia 21; Monument 41, Rustenburg 3; Kempton Park 13, Pietersburg 5; HTS Middelburg 10, Marais Viljoen 7; EG Jansen 50, Klerksdorp 0; Garsfontein 26, Eldoraigne 12.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.15:<\/strong> Monument 47, Florida 20; Menlopark 48, HTS Middelburg 7; Kempton Park 12, Nelspruit 12 (Kempton eerste drie gedruk); Transvalia 27, Pietersburg 17; Klerksdorp 21, EG Jansen 5; Garsfontein 37, Eldoraigne 20; Centurion 14, Marais Viljoen 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>o.14:<\/strong> Menlopark 50, HTS Middelburg 7; Rustenburg 17, Transvalia 14; Monument 23, Florida 9; Kempton Park 32, Pietersburg 5; Garsfontein 43, Eldoraigne 0; EG Jansen 59, Centurion 0; Klerksdorp 26, Marais Viljoen 22.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Monument van Krugersdorp het Saterdag in Rustenburg met sy oortuigende sege van 46-12 oor Ho\u00ebrskool Rustenburg in die kwarteindronde van die Tuks-reeks \u2019n duidelik waarskuwing aan die ander spanne in die reeks gestuur. Die Wit Bulle kom in die halfeindronde nou teen die Garsfontein Bere te staan. Garsies moes harder as verwag werk om Eldoraigne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":240,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6986","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6986","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6986"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6986\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6986"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6986"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6986"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}