{"id":6994,"date":"2016-04-24T06:51:37","date_gmt":"2016-04-24T06:51:37","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/nelspruit-rhinos-gaffel-eg-jansen\/"},"modified":"2016-04-24T06:51:37","modified_gmt":"2016-04-24T06:51:37","slug":"nelspruit-rhinos-gaffel-eg-jansen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6994","title":{"rendered":"Nelspruit Rhinos gaffel EG Jansen"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Daar sal vanjaar \u2019n nuwe kampioen in die Tuks-reeks gekroon word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6993\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/04\/NewGNelspruit.jpg\" width=\"448\" height=\"299\" alt=\"NewGNelspruit\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/04\/NewGNelspruit.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/04\/NewGNelspruit-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 448px) 100vw, 448px\" \/>Die Nelspruit Rhinos het die verdedigende kampioen, EG Jansen, danksy &#8216;n strafdoel deur sy losskakel, Stephan van der Bank, met speeltyd reeds verstreke met 31-29 in die halfeindstryd in die LC de Villiers-stadion hier getroef. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit het in die laaste ses minute gelyk asof EG Jansen die wedstryd sou deurtrek na hy \u2019n agterstand van 15-28 in \u2019n voorsprong van 29-28 omgeskakel het danksy drie\u00eb deur sy losskakel, Ruben Beytell, en skrumskakel, Ginter Smuts, in die 64ste en 69ste minuut van die wedstryd. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar sal nog lank in Boksburg gepraat word of die strafdoel deur Van der Bank wel deur die pale was na die wind die bal se rigting laat in die skop verander het. Die twee lynregters wat in die beste posisie was om te oordeel het beslis dat dit die wenpunte was. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rhinos se Riaz Adebayo het Jansies probleme op die verdediging besorg en twee keer \u2019n draai agter die doellyn gemaak. EG Jansen se losskakel, Ruben Beytell, ryg steeds die drie\u00eb in en het ook twee keer die doellyn oorgesteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit sal in die eindstryd van die reeks teen Monument van Krugersdorp te staan kom. Monnas was in sy halfeindstryd met 29-11 teen Garsfontein baas. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies het met die omdraaislag \u2019n voorsprong 11-7 geniet en was sonder twyfel die beste span op die veld in die eerste helfte. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Monnas se Wit Bulle het met die sege wraak geneem na hulle verlede jaar deur Garsies in die halfeindstryd van die Beeldtrofee met 36-37 uitgeskakel is. Die span van Krugersdorp het in die tweede helfte die regte spelpatroon gevolg om die Turkoois Bere tot oorgawe te dwing.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die hand van die meesterbrein van Monnas se afrigter, Hans Coetzee, was duidelik in die tweede helfte te sien.&nbsp;Monnas se losskakel, Luke Rossouw, die vleuel Arno van der Westhuizen en die slot Ruan Vermaak het sleutelrolle in die oorwinning vertolk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Garsfontein was sy heelagter, Abner van Reenen, uitmuntend. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium moes sweet om SACS met 17-14 te troef. Gimmies het gesukkel om aan die gang te kom. Die span se losskakel, Theo Boshoff, en die agtsteman, Muller Uys, het puik vertonings gelewer. Uys behoort indien hy op sy goeie vertonings kan voortbou naby daaraan te kom om \u2019n plek in die SA Skole-span te verdien. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou het in sy kragmeting teen die Ho\u00ebrskool Strand in die tweede helfte tot \u2019n ho\u00ebr rat oorgeskakel om uiteindelik oortuigend met 71-12 as oorwinnaars van die veld te stap. Die span van die Agter-Paarl se lostrio van kaptein, Heinrich Brendel, Kevin Reed en Henro Meyer was aan die voorpunt van die sege. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het sy 27ste agtereenvolgende sege behaal deur Wynberg Boys&#8217; High met 48-7 kaf te draf. Boishaai se skrumskalkel, Michael Visser, en twee slotte, Salmaan Moerat en Ewie Loubser, het goeie spel vir hul span gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Worcester het Outeniqua se Kwaggas \u2019n klipharde stryd teen HTS Drostdy se Donkies met 17-8 gewen. Die Donkies het met die omdraaislag \u2019n voorsprong van 8-7 geniet. Drostdy het soos verlede week teen Oakdale Landbou nie sy kanse gebruik nie.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar sal vanjaar \u2019n nuwe kampioen in die Tuks-reeks gekroon word. Die Nelspruit Rhinos het die verdedigende kampioen, EG Jansen, danksy &#8216;n strafdoel deur sy losskakel, Stephan van der Bank, met speeltyd reeds verstreke met 31-29 in die halfeindstryd in die LC de Villiers-stadion hier getroef. Dit het in die laaste ses minute gelyk asof [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6993,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6994","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6994","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6994"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6994\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6993"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6994"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6994"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6994"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}