{"id":6996,"date":"2016-04-24T14:45:26","date_gmt":"2016-04-24T14:45:26","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wilgerivier-sorg-vir-opskudding-in-griffon-liga\/"},"modified":"2016-04-24T14:45:26","modified_gmt":"2016-04-24T14:45:26","slug":"wilgerivier-sorg-vir-opskudding-in-griffon-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6996","title":{"rendered":"Wilgerivier sorg vir opskudding in Griffon-liga"},"content":{"rendered":"<p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Johannesburg. &#8211; Die Ho\u00ebrskool Wilgerivier van Frankfort se eerste rugbyspan het vir \u2019n opskudding in die Griffon-liga gesorg deur Hentie Cilliers van Virginia met 22-19 te troef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wilgerivier is vanjaar \u2019n nuweling in die Griffon-liga en het reeds twee seges na drie rondes op sy kerfstok. Die sege in Virginia is meer indrukwekkend as sy vorige sege teen die Ho\u00ebrskool Kroonstad (43-8). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wilgies het met die oorwinning oor Henties gewys dat die ander spanne in die liga hom nie durf onderskat nie. Hulle het teen lemoentyd \u2019n voorsprong van 19-12 geniet. Vir Henties het sy senterpaar, William Hendricks en Ruben Pretorius, goeie vertonings gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voortrekker van Bethlehem is vinnig besig om momentum op te bou. Die Trekkers het Goudveld-Ho\u00ebrskool in Bethlehem met 43-22 die loef afgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se woelige haker, Tiaan van Zyl, is vir sy goeie spel in die vastelos met twee drie\u00eb beloon. Hy is goed voorlangs deur die loskopstut, Francois Klopper, ondersteun. Agterlangs was die binnesenter, Bertus Kleynhans, soos gewoontlik op sy stukke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium het sy segetog in die Griffon-liga met \u2019n oortuigende oorwinning van 70-5 oor Ho\u00ebrskool Kroonstad voortgesit. Veral die haker en kaptein, Duke Jantjes, en die losvoorspeler, JJ Scheepers, was dorings in Bloues se vlees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die stut, Knox Stevens, het ook met sy kraglopies meters ver veld op \u2019n slag gewen. Agterlangs het Jason Wagman sy veelsydigheid ten toon gestel en op losskakel ook \u2019n goeie wedstryd beleef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad het ook begin ratte verwissel. Rooiskool het HTS Sasolburg met 74-0 verniel na hy teen rustyd reeds met die telling op 40-0 stewig in die saal was. Die agtsteman, Dian de Beer, flank DJ Hattingh en die buitesenter, Zak van Niekerk, het almal skitterende wedstryde beleef. Al drie het ook daarin geslaag om die Spanners se doellyn twee keer oor te steek. Die binnesenter, Martin Steyn, verdien ook \u2019n klop op die skouer vir sy vertoning.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Witteberg moes op sy tuisveld in Bethlehem hard werk om HTS Welkom met 28-26 uit te oorl\u00ea. Wittes se slot Dirko Grobler het in die lynstane \u2019n hele paar keer daarin geslaag om die Tekkies van besit te ontneem. Hy het ook in die los gewoel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se kaptein en senter, Rudolph van Biljon, het op die verdediging asook op die aanval vir Tekkies probleme besorg. Hy is veral op die aanval goed deur die skrumskakel, Jason Roux, bygestaan. Voorlangs kan die stut JW Meads ook tevrede voel met sy vertoning.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die Tekkies was niemand beter as sy flank Aobakwa Matshidisho nie.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Johannesburg. &#8211; Die Ho\u00ebrskool Wilgerivier van Frankfort se eerste rugbyspan het vir \u2019n opskudding in die Griffon-liga gesorg deur Hentie Cilliers van Virginia met 22-19 te troef. Wilgerivier is vanjaar \u2019n nuweling in die Griffon-liga en het reeds twee seges na drie rondes op sy kerfstok. Die sege in Virginia is meer indrukwekkend as sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6996","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6996","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6996"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6996\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6996"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6996"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6996"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}