{"id":7008,"date":"2016-04-30T05:52:37","date_gmt":"2016-04-30T05:52:37","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/skole-bielies-in-kimberley-slaags\/"},"modified":"2016-04-30T05:52:37","modified_gmt":"2016-04-30T05:52:37","slug":"skole-bielies-in-kimberley-slaags","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7008","title":{"rendered":"Skole-bielies in Kimberley slaags"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Wanneer olifante baklei is dit die gras wat die swaarste daarvan afkom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die spreekwoord van die Kikuyu-stam van Kenia is gepas vir die jaarlikse Wildeklawer-rugbytoernooi waar al die swaargewigte van die Suid-Afrikaanse skolerugby mekaar op die Ho\u00ebrskool Diamantveld se Kikuyu-gras van vandag af sal pak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Meer as 60 persent van die Suid-Afrikaanse Skole-span van verlede jaar was ook op die Wildeklawer-toernooi in aksie. Vanjaar sal geen uitsonodering wees nie. Vanjaar is daar ses spelers in die Diamantstad in aksie wat reeds verlede jaar die nasionale skolespan gehaal het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hulle is Joshua Vermeulen, Damian Willemse (albei Paul Roos), Manuel Ras, Salmaan Moerat (albei Ho\u00ebr Jongenskool Paarl), Cabous Eloff (Affies) en Embrose Papier (Garsfontein). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nog vyf spelers Earll Dowrie (Menlopark), Phillip Krause (Affies), Khanya Ncusane (Boishaai), PJ Steenkamp en Abner van Reenen (albei Garsfontein) het verlede jaar die SA Skole se A-span verteenwoordig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van die voorste tien skole in die land op die oomblik is dit slegs Jeppe Boys&#8217; High en Glenwood wat nie in Kimberley in aksie is nie. Glenwood neem tans aan die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan deel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar bestaan geen twyfel dat die wedstryd Maandag tussen die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria en Boishaai beloof om die hoogtepunt van die toernooi te wees nie. Boishaai spog met \u2019n onoorwonne rekord in sy laaste 27 wedstryde. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedstryd tussen Grey-kollege en Garsfontein beloof om een van die hoogtepunte vandag te wees. Garsies beskik oor \u2019n opwindende agterlyn waar sy skrumskakel, Papier, en die heelagter, Van Reenen, van die gevaarlikste aanvallende spelers op skolevlak in Suid-Afrika is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey is bekend dat hy nie bang is om die bal lug te gee nie. Sy senter Rikus Pretorius, heelagter Jandr\u00e9 de Beer en die veelsydige agterspeler Janco van Heyningen is spelers om dop te hou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Op die jaarlikse rugbyweek wat Oakdale Landbou net buite Riversdal aanbied was daar vanjaar slegs twee spanne wat die toer onoorwonne kon afsluit. Dit was Oakdale Landbou en Welkom Gimnasium. Die twee spanne kry vandag die kans om die argument wie eintlik die beste span op die week was te bepaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die hoofwedstryd van die dag tussen die gasheer, Diamantveld, en Boland Landbou behoort die rugby ook van hoogstaande gehalte te wees. Albei spanne beskik oor \u2019n gedugte agttal, terwyl albei spanne se senterpare was hoogstaande gehalte is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tweestryd tussen Boland Landbou se Henlo Marais en JJ Janse van Rensburg en Diamantveld se Etdeon Greyvenstein en De-an Ackermann kan vir hope vuurwerk sorg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die bepalings is: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>08:00:<\/strong> EG Jansen t. Louis Botha; <strong>09:10:<\/strong> Oakdale Landbou t. Welkom Gimnasium; <strong>10:20:<\/strong> Stellenberg t. Noord-Kaap; <strong>11:30:<\/strong> Monument t. Selborne College; <strong>12:40:<\/strong> HTS Middelburg t. Paul Roos Gimnasium; <strong>13:50:<\/strong> Paarl Gimnasium t. Menlopark; <strong>15:00:<\/strong> Ho\u00ebr Jongenskool Paarl t. Waterkloof; <strong>16:10:<\/strong> Grey-kollege t. Garsfontein; <strong>17:20:<\/strong> Affies t. Outeniqua; <strong>18:30:<\/strong> Diamantveld t. Boland Landbou.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer olifante baklei is dit die gras wat die swaarste daarvan afkom. Die spreekwoord van die Kikuyu-stam van Kenia is gepas vir die jaarlikse Wildeklawer-rugbytoernooi waar al die swaargewigte van die Suid-Afrikaanse skolerugby mekaar op die Ho\u00ebrskool Diamantveld se Kikuyu-gras van vandag af sal pak. Meer as 60 persent van die Suid-Afrikaanse Skole-span van verlede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7008","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7008","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7008"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7008\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7008"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7008"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7008"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}