{"id":7056,"date":"2016-05-12T07:44:31","date_gmt":"2016-05-12T07:44:31","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/spelers-word-reeds-op-skolevlak-gesmoor\/"},"modified":"2016-05-12T07:44:31","modified_gmt":"2016-05-12T07:44:31","slug":"spelers-word-reeds-op-skolevlak-gesmoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7056","title":{"rendered":"Spelers word reeds op skolevlak gesmoor"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7047\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Virseker_Beeldtrofee_logo.jpg\" width=\"183\" height=\"246\" alt=\"Virseker Beeldtrofee logo\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Virseker_Beeldtrofee_logo.jpg 762w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/Virseker_Beeldtrofee_logo-223x300.jpg 223w\" sizes=\"auto, (max-width: 183px) 100vw, 183px\" \/>Die talent van Suid-Afrikaanse rugby word reeds op skoolvlak gesmoor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is die mening van die legendariese Springbok-losskakel Naas Botha.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cIs dit nie miskien tyd vir ons afrigters om die kinders wat talent het te laat speel en die spelpatroon so bietjie weg te pak nie,\u201d het Botha ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha was een van die gassprekers op die bekendstelling van die Virseker Beeldtrofee wat Dinsdag op die Bronberg-landgoed net buite Pretoria gehou is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns het die naweek gesien hoe Grey-kollege vir Affies geklop het. Die gehalte van die rugby wat gespeel en die vaardighede wat die spelers ten toon gestel is, is net ongelooflik.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria met 53-29 op sy agterplaas verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk hoop hierdie is beste van al die seisoene wat daar nog in die kompetisie was. Dat die beter rugby vanjaar gespeel sal word.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha het self goeie herinneringe toe hy as leerling van die Ho\u00ebrskool Hendrik Verwoerd in die 1970\u2019s aan die Administrateursbeker, soos die kompetisie toe bekend gestaan het, deelgeneem het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha vertel ook dat die \u201ckoop\u201d van spelers nie \u2019n nuwe ding is nie en dat die voormalige Springbok-skrumskakel Dirk de Vos hom genader het om Affies toe te kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha was met sy skopskoen die grootste rede hoekom Hendrik Verwoerd vir Affies in 1975 uit die kompetisie geskakel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy voel ook dat die verskoning dat die wenmotief te groot in kompetisie-rugby nie gronde het om op te staan nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cJy daag elke Saterdag op om iemand te klop of jy aan \u2019n kompetisie deelneem of nie. As jy nie opdaag om iemand te klop nie kan jy maar by die huis bly. Die kompetisie sou nie al vir solank oorleef het as dit nie goed was nie.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar word al sedert 1920 om die Virseker Beeldtrofee meegeding wat voorheen ook as die Beeld Noordvaal Trofee, Beeldtrofee, Administrateursbeker en die Direkteurstrofee bekend gestaan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie manne in die Kaap dink anders en hou nie van kompetisies nie. En daar is niks fout daarmee nie, maar daar is ook niks daarmee fout om \u2019n kompetisie soos di\u00e9 in plek te h\u00ea nie,\u201d het Botha ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Botha is di\u00e9 kompetisie die belangrikste kompetisie op skolevlak in Suid-Afrika.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die talent van Suid-Afrikaanse rugby word reeds op skoolvlak gesmoor. Dit is die mening van die legendariese Springbok-losskakel Naas Botha. \u201cIs dit nie miskien tyd vir ons afrigters om die kinders wat talent het te laat speel en die spelpatroon so bietjie weg te pak nie,\u201d het Botha ges\u00ea. Botha was een van die gassprekers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7047,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7056","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7056","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7056"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7056\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7047"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7056"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7056"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7056"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}