{"id":70599,"date":"2025-04-24T15:29:53","date_gmt":"2025-04-24T13:29:53","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=70599"},"modified":"2025-04-24T15:29:53","modified_gmt":"2025-04-24T13:29:53","slug":"rugbykoors-loop-hoog-op-vooraand-van-stryd-tussen-affies-en-garsies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=70599","title":{"rendered":"Rugbykoors loop hoog op vooraand van stryd tussen Affies en Garsies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_70667\" aria-describedby=\"caption-attachment-70667\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-70667\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Affies-vs-Garsfontein-400x421.jpg\" alt=\"Affies vs Garsfontein\" width=\"400\" height=\"421\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-70667\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard\/Actionpix.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Di\u00e9 stryd, tussen straks die twee top-rugbyskole Saterdag in die Jakarandastad, het oor die afgelope vier seisoene in een van die groot trekpleisters op die jaarlikse rugbykalender in Pretoria ontwikkel.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a> of <strong>Kanaal 216<\/strong>.<\/p>\n<p>Die liplekker-stryd tussen <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> keer vanjaar terug na die veld waar die Garsies die laaste keer koning gekraai het, naamlik die Wit Bulle se tuiste.<\/p>\n<p>Die Bere het in 2023 met 45-38 koning gekraai met &#8216;n uithalervertoning weg van die huis, maar die Wit Bulle het verlede jaar dit gewreek deur die Garsies naelskraaps met 33-31 te troef op Berepark.<\/p>\n<p>In 2022, die eerste van die jaarlikse derbies, was dit ook die Bere wat in &#8216;n naelbytstryd met 20-19 vir die eerste keer ooit oor die Wit Bulle koning gekraai het.<\/p>\n<p>Voor 2022 was di\u00e9 twee spanne net vyf keer slaags, waarvan vier gedurende die &#8217;90&#8217;s in die <strong>Blou Bulle-skoleliga<\/strong> met Affies wat &#8216;n paar reuse oorwinnings, insluitende &#8216;n wegholsege van 62-7 in 1996, behaal het.<\/p>\n<p>Albei spanne is tans uitstekend op dreef en vertoon hoog op verskeie skolerugby-ranglyste in Suid-Afrika. Die Wit Bulle was oor die Paasnaweek in &#8216;n verwoede bui op die jaarlikse <strong>King Edward VII Easter Festival<\/strong>, waar hulle gemaklik met Ho\u00ebrskool Noordheuwel (45-27) en Selborne College (57-19) afgereken het.<\/p>\n<p>Die Bere het &#8216;n blaaskans geniet, nadat hulle die vorige week die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling met &#8216;n oorwinning van 47-29 oor Helpmekaar Kollege in Johannesburg afgeskop het. Garsies is die afgelope twee jaar as di\u00e9 reeks se kampioen gekroon.<\/p>\n<p>Die stryd voorlangs sal Saterdag ongetwyfeld deurslaggewend wees. Albei spanne beskik oor van die grootste pakke in die land, met vernaam die skrumstryd tussen Affies se <strong>Roal Kruger<\/strong>\u00a0en die Bere se <strong>Luan van den Berg<\/strong> wat vir vuurwerke kan sorg. Di\u00e9 twee stutte is albei sterk aanspraakmakers om later vanjaar vir die Blou Bulle se Cravenweekspan uit te draf, en selfs die SA Skolespan te haal.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle het onlangs egter &#8216;n taamlike terugslag beleef met steelkanflank, <strong>Albert Smit<\/strong>, wat die res van die seisoen misloop vanwe\u00eb &#8216;n ernstige kniebesering . <strong>Elwin Janse van Vuuren<\/strong> neem sy plek langs die skrum in, met die indrukwekkende <strong>Martin van Niekerk<\/strong> wat op slot diens doen.<\/p>\n<p>Agterlangs is die Bere dalk net-net beter daaraan toe. Die giftige <strong>Junade Pasensie<\/strong> skuif weer van losskakel na heelagter, waarskynlik om die uitstaande taktiese skopwerk van die Wit Bulle se losskakel, <strong>Ruben Groenwald<\/strong>, teen te werk. Dit beteken ook dat Pasensie meer geleentheid gegun sal word om saam met sy naamgenoot, <strong>Junaide<\/strong> <strong>Stewart<\/strong>, venynige teenaanvalle te loods.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool t. Ho\u00ebrskool Garsfontein om 13:30 in Pretoria:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies:\u00a0<\/strong>15 Lamond Baaidjies, 14 Joshua Gouws, 13 Estiaan Marx, 12 Petrus Rautenbach, 11 Divan Fourie, 10 Ruben Groenewald, 9 Fourie Roberts, 8 Stefan McDonald, 7 Elwin Janse van Vuuren, 6 Luhan Potgieter, 5 Christiaan de Wet, 4 Martin van Niekerk, 3 Deon Botes, 2 Bauke Swart, 1 Roal Kruger.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein:\u00a0<\/strong>15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Yuvrah George, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Wihan Bezuidenhout, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Henr\u00e9 Prinsloo.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Regardt O&#8217;Neill<br \/>\n<strong>Afskop:<\/strong> 13:30<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Di\u00e9 stryd, tussen straks die twee top-rugbyskole Saterdag in die Jakarandastad, het oor die afgelope vier seisoene in een van die groot trekpleisters op die jaarlikse rugbykalender in Pretoria ontwikkel. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) of Kanaal 216. Die liplekker-stryd tussen Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool en Ho\u00ebrskool Garsfontein keer vanjaar terug [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":70667,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-70599","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/70599","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=70599"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/70599\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/70667"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=70599"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=70599"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=70599"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}