{"id":7060,"date":"2016-05-15T05:13:45","date_gmt":"2016-05-15T05:13:45","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/oakdale-bobaas-op-die-plaas-teen-paul-roos\/"},"modified":"2016-05-15T05:13:45","modified_gmt":"2016-05-15T05:13:45","slug":"oakdale-bobaas-op-die-plaas-teen-paul-roos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7060","title":{"rendered":"Oakdale bobaas op die plaas teen Paul Roos"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7059\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/NewsG_Oakdale-scaled.jpg\" width=\"340\" height=\"227\" alt=\"NewsG Oakdale\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/><\/p>\n<p>Dit was tydens die tradisionele Akkerfees op Riversdal dat Paul Roos met 25 rugbyspanne aan \u0149 besige sportdag teen die Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale deelgeneem het.<\/p>\n<p>Die eerstespan wedstryd het aan alle verwagtinge van \u0149 opwindende en aanskoulike o.19 skolewedstryd voldoen en was Paul Roos eerste op die telbord gevolg deur Darren Adonis, Oakdale se heelagter, met \u0149 strafskop.<\/p>\n<p>Gedurende die eerste helfte het Oakdale twee strafskoppe aangeteken deur Darren Adonis terwyl Paul Roos twee keer agter die doellyn gaan kuier deur onderskeidelik, Johan Joubert no. 7 flank en Hanr\u00e9 du Toit, flank verdoel deur Joshua Vermeulen die heelagter. Damian Willemse, losskakel het ook met \u0149 strafskop; geslaag.<\/p>\n<p>Na die halftyd telling 15-6 in die guns van Paul Roos het Oakdale vroeg in die tweede helfte teruggeslaan met loskopvoorry Dian Bleuler se drie wat verdoel is deur die heelagter Darren Adonis. \u0149 Drie deur Tiaan Coetzee, skrumskakel van Paul Roos het na tien minute die telbord laat aanskuif na 20-13 vir Paul Roos.<\/p>\n<p>\u0149 Vinnige drie deur die vleuel Zinedine Booysen en verdoel deur Darren Adonis het die telling op \u0149 mespunt gebalanseer op 20 elk.<\/p>\n<p>Adonis het \u0149 strafskop deur die pale gehaag om die wedstryd met 23-10 in Oakdale se guns te maak.<\/p>\n<p>Dit was veral \u0149 begeesterde Oakdale-span wat in die tweede helfte die tempo verhoog het en die meeste op die aanval was. Vir Paul Roos het die slot Ben-Jason Dixon sake moeilik gemaak in die lynstaan. Oakdale se beste spelers op die dag was Dian Bleuler, loskopstut, wat \u0149 barshou in die vastelos gespeel het en Nicolus van Eeden, buitesenter, wat die Paul Roosers aan die raai gehou het.<\/p>\n<p>Monument het op \u2019n sopnat Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp teen Waterkloof nie veel probleme ondervind om met 37-7 as oorwinnaars van die veld te stap nie. Dit was weer Monnas se kaptein en haker, PJ Botha, wat met sy inklimspel voorlangs die grootste aandeel in sy span se sege behaal het. Botha het twee van sy span se sewe drie\u00eb gedruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die agtsteman, PJ Jacobs, het ook goed in die modderbad vertoon en met sy span se enigste doelskop geslaag toe hy naderby was en daar slegs 45 oor was om die doelskop waar te neem. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HTS Middelburg se Rooi Bulle het sy grootste sege ooit oor sy aartsvyande die Ho\u00ebrskool Middelburg in hul jaarlikse Classic Clash behaal. Die Rooi Bulle het op sy tuisveld vir Middies met 67-6 oorrompel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rooi Bulle se kaptein en kantman, JC Pretorius, het soos verlede jaar drie keer Middelburg se doellyn oorgesteek. Pretorius was verlede jaar ook aan die voorpunt van sy span se sege van 41-26. Daar is nie \u2019n beter oopkantflank in Suid-Afrika op skolevlak as Pretorius nie. Hy is reeds verlede jaar \u2019n onreg aangedoen deur nie vir die SA Skole-span gekies te word nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die losskakel, Riekert Barnard, het 22 punte met sy skopskoen tot sy span se totaal bygedra. Hy het met agt doelskoppe en twee strafdoele geslaag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het in Bloemfontein \u2019n indrukwekkende sege van 48-17 oor Selborne College behaal. Die span van die Rosestad moes sonder heelwat van sy eerstekeuse spelers weens beserings klaarkom. Dit was veral die buitsenter, Janco van Heyningen, wat met sy vaart in die tweede helfte vir Selborne probleme besorg het. Hy het twee keer die doellyn oorgesteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne se senter Sango Xamlashe het ook \u2019n paar goeie breekslae ingekry en een van sy lopies vir \u2019n uitstekende individuele drie afgerond. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se agtsteman, Khayna Ncusane, het met vier drie\u00eb gesorg dat sy span hul 30ste oorwinning op \u2019n streep behaal. Boishaai het Stellenberg oortuigend met 41-3 die loef afgesteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wedtryd tussen Boishaai en Grey volgende week in die Paarl beloof om een van die hoogtepunte van die skoleseisoen te wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Rosestad se Classic Clash tussen Sentraal en Jim Fouch\u00e9 het die twee spanne die louere met 22-elk gedeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei die ligawedstryde van die Griffon-liga in Welkom het uitgere\u00ebn. Die twee onoorwonne spanne in die liga, Welkom Gimnasium en Voortrekker van Bethlehem, se wedstryde teen HTS Sasolburg (60-10) en die Ho\u00ebrskool Kroonstad (71-17) het wel plaasgevind.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was tydens die tradisionele Akkerfees op Riversdal dat Paul Roos met 25 rugbyspanne aan \u0149 besige sportdag teen die Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale deelgeneem het. Die eerstespan wedstryd het aan alle verwagtinge van \u0149 opwindende en aanskoulike o.19 skolewedstryd voldoen en was Paul Roos eerste op die telbord gevolg deur Darren Adonis, Oakdale se heelagter, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7059,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7060","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7060","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7060"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7060\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7059"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7060"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7060"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7060"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}