{"id":7098,"date":"2016-05-30T07:54:45","date_gmt":"2016-05-30T07:54:45","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hou-die-tech-tigers-dop\/"},"modified":"2016-05-30T07:54:45","modified_gmt":"2016-05-30T07:54:45","slug":"hou-die-tech-tigers-dop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7098","title":{"rendered":"Hou die Tech Tigers dop"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7097\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/NewsG_PretoriaTHS.jpg\" width=\"381\" height=\"303\" alt=\"NewsG PretoriaTHS\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/NewsG_PretoriaTHS.jpg 422w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/05\/NewsG_PretoriaTHS-300x239.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 381px) 100vw, 381px\" \/>Net meer as \u2019n kilometer van die heiligdom van Blou Bul-rugby, Loftus Versfeld, vind jy \u2019n rare Suid-Afrikaanse suksesverhaal in die ontwikkeling van jong swart rugbyspelers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria Technical High School (PTHS) maak vinnig opgang in die Blou Bulle se skoleligas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skool se eerste span het verlede jaar geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer \u2019n eindstryd van die Beeldtrofee te haal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Tech Tigers het nou wel in die eindstryd vir middel\u00adskole met 19-17 teen President van Johannesburg die knie gebuig, maar die skool het reeds reuse-tre\u00eb in die regte rigting gegee n\u00e1 hy in 2014 vir die eerste keer in jare \u2019n span in die veld gestoot het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) het Francois van Tonder in 2013 by die skool geplaas om die spel te bevorder. Hy het voor sy uittrede klubrugby vir Parma in Itali\u00eb gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Onder Van Tonder se breierskap was die eerste span sedert 2014 in 36 wedstryde slegs vyf keer aan die verloorkant. In di\u00e9 tyd het die span 1 300 punte aangeteken en slegs 340 afgestaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skool het ook vanaf die kleinskoleliga tot die mediumskoleliga van die Blou Bulle opgeskuif. Pretoria THS het ongeveer 870 kinders in die skool waarvan slegs 120 seuns rugby speel. Slegs 300 of so van die leerlinge se ouers kan skoolgeld betaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Maar onder Van Tonder se wakende oog het \u00e1l meer kinders by di\u00e9 skool die ovaalbal begin rondgooi. Waar daar twee spanne in 2013 was, is daar nou vyf \u2013 waaronder ook \u2019n meisiespan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns grootste uitdaging op die oomblik is finansieel. Ons het byvoorbeeld 43 spelers by ons o.14-proewe gehad, maar kon weens \u2019n tekort aan geld net een span kies. Dit is veral die koste van vervoer wat \u2019n uitdaging is,\u201d het Van Tonder ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skool het ook nie \u2019n gimnasium nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Ander kopseer is die voeding van die meeste spelers, s\u00ea die breier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cVan die outjies kom partykeer by oefeninge aan en het drie dae laas ge\u00ebet.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van Tonder s\u00ea rugby is \u2019n vreemde konsep vir die meeste van Pretoria THS se voeder-laerskole. Die kinders wat in rugby belangstel, kom leer die basiese vaardighede by Van Tonder-hulle.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe hy van Parma af by di\u00e9 skool aangeland het, was rugby daar self in sak en as. THS het in 2002 \u2019n bydrae tot die SA Skole-span gelewer, toe hul Jerry Sefoko in di\u00e9 trui gespeel het, saam met toekomstige Springbokke soos Bismarck du Plessis, Ruan Pienaar, Peter Grant en Chiliboy Ralepele.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Destyds was die Ho\u00ebrskool Zwartkop se hoof van rugby, Fielies Coetzee, nog die afrigter by Pretoria THS gewees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Maar die spel het in die volgende dekade doodgeloop. Dit het harde werk en passie geverg om die stukke op te tel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nou is dit \u2019n bastion van rugby-transformasie \u2013 en gegewe die skool se ligging is dit net hoe dit moet wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van Tonder s\u00ea Pretoria THS is ideaal gele\u00eb om \u2019n belangrike rol in die ontwikkeling van swart spelers te speel. Daar is volgens hom 63 skole in Pretoria se middestad waarvan slegs THS en die Ho\u00ebrskool Langenhoven die nodige rugbygeriewe het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nuwe re\u00ebls van die Virseker-Beeldtrofee laat kinders van di\u00e9 skole toe om vir Pretoria THS te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Tech Tigers vanjaar weer in die Virseker-Beeldtrofee se middelskole-afdeling gaan meeding, is Van Tonder vol vertroue dat die skool in 2017 as \u2019n volwaardige mediumskool sal deelneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">En as hul snelle opgang voortduur, is hul toekoms straks vol groot oomblikke.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net meer as \u2019n kilometer van die heiligdom van Blou Bul-rugby, Loftus Versfeld, vind jy \u2019n rare Suid-Afrikaanse suksesverhaal in die ontwikkeling van jong swart rugbyspelers. Pretoria Technical High School (PTHS) maak vinnig opgang in die Blou Bulle se skoleligas. Die skool se eerste span het verlede jaar geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7097,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7098","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7098","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7098"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7098\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7097"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7098"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7098"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7098"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}