{"id":7099,"date":"2016-05-30T12:18:11","date_gmt":"2016-05-30T12:18:11","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-kies-voorlopige-spanne-vir-nasionale-weke\/"},"modified":"2016-05-30T12:18:11","modified_gmt":"2016-05-30T12:18:11","slug":"vrystaat-kies-voorlopige-spanne-vir-nasionale-weke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7099","title":{"rendered":"Vrystaat kies voorlopige spanne vir nasionale weke"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Kan Thian du Randt die Vrystaatse skolekeurders genoegsaam be\u00efndruk om nog vir hom \u2019n plek in die unie se Cravenweek-span te verseker? <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Randt is as plaasvervanger-haker in die voorlopige Vrystaatse Akademie-span ingesluit wat op 11 Junie op die jaarlikse wedtryde teen die Griffons in die Pelatona-stadion in Welkom sal kragte meet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Randt was in 2014 een van die Vrystaatse o.16-span se sleutelspeler op die Grant Khomo-week in Pretoria. Hy het egter sedertdien nie veel rugby gespeel nie. Hy het die hele 2015-seisoen misgeloop na hy in \u2019n proefwedstryd van Grey-kollege sy knie beseer het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het vanjaar teen Framesby op toer in Graaff-Reinet sy buiging vir sy skool se eerstespan gemaak, maar weer sy knie beseer. Hy het sy terugkeer vanaf di\u00e9 besering vir Grey se eerstes in die laaste 15 minute teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl gemaak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Randt kon glad nie aan die Vrystaatse proewe deelneem nie, maar die keurders het tog besluit om hom \u2019n kans te gee om homself vanuit die Akademie-span te bewys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Thian is die seun van die legendariese Springbok-stut, Os du Randt, terwyl sy ma Hannelie du Randt self \u2019n nasionale swemmer was. Os het self twee jaar vir Noordoos-Kaap (1989-90) op die Cravenweek verteenwoordig en in 1990 die SA Skole-span gehaal. Interresant is dat vanjaar se Cravenweek vir die eerste sedert 1990 in Durban aangebied sal word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die keurders het \u2019n voorlopige groep van 24 spelers in sy uitsoekgroep vir die wedstryde teen die Griffons gekies. Grey-kollege het met 13 spelers die meeste spelers in die span. Louis Botha het tien spelers in die groep, terwyl Fichardtpark in die stut Eddie Davids ook \u2019n speler in die span het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vanjaar se Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Durban sal die eerste keer wees dat spanne toegelaat sal word om 23 spelers vir die toernooi te kies. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Spelers wat verlede jaar ook die Vrystaat op die gesogte toernooi in Stellenbosch verteenwoordig het is Rewan Kruger (skrumskakel), Kyle Kermis (heelagter), Dian Schoonees (agtsteman), Gideo Beukes (stut) en Kagiso Marumo (slot). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat sal buiten die wedstryd teen die Griffons ook op 17 Junie in die vernaamste voorwedstryd vir die wedstryd tussen die SA A-span en die Engelse Saxons op die Vrystaat-stadion teen sy eweknie van Griekwas kragte meet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat sal ook op 25 Junie op die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Loftus Versfeld in Pretoria in aksie voor die Cravenweek wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die Vrystaat se voorlopige spanne is:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Cravenweek (o.18):<\/strong> 15 David Kriel (Grey-kollege), 14 Rallston Dreyer (Louis Botha), 13 Janco van Heyningen (Grey-kollege), 12 Rikus Pretorius (Grey-kollege), 11 Gomolemo Mathlo (Louis Botha), 10 Mario Vieira (Grey-kollege), 9 Keaton Swarts (Louis Botha), 8 Dian Schoonees (Grey-kollege), 7 Juan Venter (Grey-kollege), 6 Teboho Rampai (Louis Botha), 5 Kagiso Marumo (Louis Botha), 4 Jaco van Tonder (Grey-kollege), 3 Gideo Beukes (Grey-kollege), 2 Matthew Wessels (Grey-kollege), 1 Naud\u00e9 Naud\u00e9 (Grey-kollege). Plaasvervangers: 16 Ruhan Greyling (Grey-kollege), 17 Eddie Davids (Fichardtpark), 18 Tristan Spies (Grey-kollege) 19 Brentley Marais (Louis Botha), 20 Aya Ntaba (Louis Botha), 21 Rewan Kruger (Grey-kollege), 22 Mfezeko Moyo (Louis Botha), 23 Kyle Kermis (Louis Botha), 24 Bradley Heyns (Louis Botha).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Akademie-week (o.18):<\/strong> 15 Jaden Seekoei (Sentraal), 14 Lehlohonolo Makhamba (Grey-kollege), 13 Henk Cilliers (Grey-kollege), 12 Jaco Wessels (Grey-kollege), 11 Gustav Kok (Louis Botha), 10 Christopher Schreuder (Grey-kollege), 9 Stefan Coetzer (Jim Fouch\u00e9), 8 M. Burger (Grey-kollege), 7 K Sello (Louis Botha), 6 L Molefe (Grey-kollege), 5 B Molutsi (Louis Botha), 4 M Theunissen (Grey-kollege), 3 WJ Kruger (Grey-kollege), 2 Johan Slabbert (Fichardtpark), 1 Dewald de Wet (Louis Botha). Plaasvervangers: 16 Thian du Randt (Grey-kollege), 17 W Marais (Grey-kollege), 18 J Wilken (Grey), 19 Wian Kloppers (Grey-kollege), 20 K Malemo (Jim Fouch\u00e9), 21 Marvin Ruiters (Louis Botha), 22 Jacques Money (Louis Botha), 23 M. Lottering (Louis Botha).<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan Thian du Randt die Vrystaatse skolekeurders genoegsaam be\u00efndruk om nog vir hom \u2019n plek in die unie se Cravenweek-span te verseker? Du Randt is as plaasvervanger-haker in die voorlopige Vrystaatse Akademie-span ingesluit wat op 11 Junie op die jaarlikse wedtryde teen die Griffons in die Pelatona-stadion in Welkom sal kragte meet. Du Randt was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7099","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7099","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7099"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7099\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7099"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7099"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7099"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}