{"id":7107,"date":"2016-06-04T06:45:25","date_gmt":"2016-06-04T06:45:25","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/theisinger-kry-tweede-kans-by-duitsland\/"},"modified":"2016-06-04T06:45:25","modified_gmt":"2016-06-04T06:45:25","slug":"theisinger-kry-tweede-kans-by-duitsland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7107","title":{"rendered":"Theisinger kry tweede kans by Duitsland"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7106\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Adriaan_Theisinger.jpg\" width=\"300\" height=\"201\" alt=\"Adriaan Theisinger\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Adriaan_Theisinger.jpg 960w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Adriaan_Theisinger-300x201.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/Adriaan_Theisinger-768x514.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/>Vyf operasies op dieselfde knie sou meeste rugbyspelers hul tokse finaal laat wegb\u00eare het. Adriaan Theisinger het eers n\u00e1 di\u00e9 handvol operasies sy droom verwesenlik om internasionale rugby te speel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Theisinger het reeds twee keer vir Duitsland uitgedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk het altyd daarvan gedroom om internasionale rugby te speel. Ek het nooit gedink my kans sal eers kom n\u00e1 ek feitlik ophou speel het en my op my sakebelange toegespits het nie,\u201d het Theisinger ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Destyds in 2008 met die 45ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Pretoria, sou niemand die voorspelling gewaag het dat die drie voorste agtstemanne op die toernooi eendag internasionale rugby vir drie verskillende lande sou speel nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agt jaar later en CJ Stander (Suidwestelike Distrikte), Siya Kolisi (Oostelike Provinsie) en Adriaan Theisinger (Vrystaat) het reeds hul staal vir onderskeidelik Ierland, die Springbokke en Duitsland getoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Theisinger en Stander, daardie jaar ook die SA Skole-kaptein, het hul onderskeie unies aangevoer toe hulle mekaar in die hoofwedstryd die stryd aanges\u00ea het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Volstruisboere was op daardie dag met 31-25 baas en Theisinger is met \u2019n kniebesering af. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201c\u2009\u2019n Ou dink maar baie daaraan hoe jou loopbaan sou gewees het as dinge anders verloop het. Die beserings het dit maar moeilik gemaak.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die agtsteman se herinneringe van die Cravenweek is nie net sleg nie. Hy was \u2019n lid van die Vrystaatse span wat in 2007 die Westelike Provinsie met \u2019n rekordtelling van 52-3 in Stellenbosch in die hoofwedstryd verneder het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDaardie span was ongelooflik.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Duitsland se nasionale span het \u2019n sterk Suid-Afrikaanse geur. Die afrigter, Kobus Potgieter, en sy hulpafrigter, Pieter Jordaan, staan sedert 2013 aan stuur van sake van die Duitse span.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ander Suid-Afrikaners wat gereeld vir die Duitsers uitdraf, is die senter Paul Bosch (Stormers en WP), flank Jaco Otto (Madibaz), vleuel Hendrik van der Merwe, slot Michael Poppmeier en die losskakel, Raynor Parkinson. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Theisinger kwalifiseer om vir Duitsland te speel omdat sy pa, Dean, daar gebore is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEen van my twee vriende wat reeds vir hulle gespeel het, Hendrik, het my eendag gebel en gevra of ek nie sou belangstel om vir Duitsland te speel nie. Ek is aanvanklik net oor om saam te oefen en het toe speelkans gekry.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Theisinger was die ervaring om in sy tweede toets in Keulen teen Spanje voor \u2019n skare van 45\u2009000 toeskouers te speel \u2019n ongelooflike ervaring. \u201cVeral omdat rugby nie een van die groot sportsoorte in Duitsland is nie.\u201d <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Van der Merwe is ook soos Theisinger \u2019n oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein. Otto het saam met Theisinger vir die Sharks-akademie gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Adriaan was, interessant genoeg, ook in die laaste span van \u2019n skool van die Rosestad wat nie die knie teen Grey gebuig het nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was in 2006 in Jim Fouch\u00e9 se eerstespan wat met 5-5 gelykop teen Grey gespeel het. Die vorige keer wat JF daarin kon slaag om nie teen Grey te verloor nie, was in 1968 toe hy met 14-5 in die destydse Vrystaat-stadion baas was. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Jim Fouch\u00e9, na wie die skool vernoem is, is ook di\u00e9 jaar as tweede Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika ingehuldig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Adriaan se broer, Bernd, het die Vrystaat as losskakel op 2005 se Cravenweek in die Rosestad verteenwoordig. Hy het ook senior provinsiale rugby vir die Luiperds, Griffons en Vrystaat gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Adriaan het ook vir die Vrystaat in 2011 gespeel, maar het die afgelope drie jaar sy rugbyloopbaan op die agtergrond geskuif. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy sal waarskynlik \u2019n rol speel in Duitsland se aanslag om vir 2016 se W\u00eareldbeker in Japan te kwalifiseer. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk probeer maar elke dag in die gimnasium oefen en hulle het ook vir my \u2019n fiksheidsprogram gegee wat ek moet volg,\u201d het Theisinger ges\u00ea.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vyf operasies op dieselfde knie sou meeste rugbyspelers hul tokse finaal laat wegb\u00eare het. Adriaan Theisinger het eers n\u00e1 di\u00e9 handvol operasies sy droom verwesenlik om internasionale rugby te speel. Theisinger het reeds twee keer vir Duitsland uitgedraf. \u201cEk het altyd daarvan gedroom om internasionale rugby te speel. Ek het nooit gedink my kans sal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7106,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7107","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7107","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7107"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7107\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7106"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7107"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7107"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7107"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}