{"id":7111,"date":"2016-06-05T05:51:39","date_gmt":"2016-06-05T05:51:39","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/al-die-skolerugby-uitslae-5-junie-2016\/"},"modified":"2016-06-05T05:51:39","modified_gmt":"2016-06-05T05:51:39","slug":"al-die-skolerugby-uitslae-5-junie-2016","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7111","title":{"rendered":"Al die skolerugby uitslae &#8211; 5 Junie 2016"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7110\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/NewsG_RynoPieterse.jpg\" width=\"377\" height=\"251\" alt=\"NewsG RynoPieterse\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/NewsG_RynoPieterse.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/06\/NewsG_RynoPieterse-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 377px) 100vw, 377px\" \/>Die Turkoois Bere van die Ho\u00ebrskool Garsfontein het dit gister drie uit drie gemaak deur die Blou Bulle se titel vir Makro skole om die Virseker Beeldtrofee vir \u2019n derde agtereenvolgende jaar te verower.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdedigende kampioen van die Virseker Beeldtrofee het met sy oortuigende sege van 50-10 oor Waterkloof seker gemaak dat hy skeepsreg met \u2019n derde agtereenvolgende Bul-titel maak. Garsies het met di\u00e9 sege ook seker gemaak van sy plek in die kwarteindronde van die Beeldtrofee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was die wenspan se haker, Bees Ferreira, en sy agteman, Luke Fortuin, wat deurgans gesorg het dat hul span voorlangs die oorhand het. Ferreira het boonop die laaste sout in Klofies se wonde gevryf deurdat hy vir die doelskop verantwoordelik was wat 50 punte op die telbord gesit het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne sal na sy oorwinning gister van 41-14 oor Wonderboom sy aartsvyand Zwartkop in die uitspeelwedstryd pak om te bepaal wie die vierde span van die Blou Bulle is wat vanjaar aan die Beeltrofee gaan deelneem. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HTS Middelburg het sy plek in die eindstryd van die Pumas se liga vir Makroskole asook \u2019n plek in die Beeldtrofee met \u2019n oortuigende sege van 67-20 oor Ho\u00ebrskool Middelburg bespreek. Die Rooi Bulle se vleuel Waldo Conradie het vier van sy span se 11 drie\u00eb afgerond. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HTS Middelburg sal in die eindstryd van die Puma-liga teen die Ho\u00ebrskool Nelspruit se Rhinos koppe stamp. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument het met \u2019n indrukwekkende sege van 40-15 oor Glenwood die span van Durban se onoorwonne rekord vanjaar tot \u2019n einde gebring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het in die skrums en die lynstane vir Glenwood \u2019n rugbyles geleer. Glenwood het glad nie soos \u2019n span gelyk wat vanjaar die Sanix-toernooi in Japan gewen het of tot gister met \u2019n onoorwonne rekord gespog het nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou het nie veel genade vir DF Malan in hulle kragmeting getoon nie. Die span van die Agter-Paarl het oor te veel vaart vir DF Malan beskik en 17 drie\u00eb in sy kuikenmoord van 111-5 gedruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se skitterende skrumskakel, Deon Carstens, het 36 van sy span se punte met twee drie\u00eb en 13 doelskoppe aangeteken. Die span se vleuel Adriaan Stander is die enigste speler wat daarin kon slaag om \u2019n driekuns aan drie\u00eb in die drie\u00ebfees te behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium het gesukkel om SACS met 38-34 onder te kry. Nog \u2019n span wat harder gesweet het vir sy oorwinning as verwag is Jeppe wat hard moes werk om Pretoria Boys&#8217; High met 36-22 onder te kry. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria Boys&#8217; High se afrigter, Ryno van der Merwe, is as Garsfontein se nuwe hoof van rugby aangestel. Die span van die Jakarandastad het die afgelope twee jaar op die rugbyveld nie goed gevaar nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium stoom steeds voort en het gister vir Rondebosch Boys&#8217; High met 48-19 uit die pad gestamp. Gimmies het vanjaar nog net teen Garsies die knie gebuig. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het sy onoorwonne status behou deur op sy tuisveld met Oakdale Landbou (35-21) af te reken. Dit was slegs die besoekers van Riversdal se tweede nederlaag van die seisoen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg se strawwe lys bepalings van die afgelope sewe weke het hom ingehaal deurdat hy naelskraaps met 15-16 teen \u2019n onderskatte Brackenfell vasgeval het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HTS Drostdy het met sy oorwinning van 25-15 oor Hugenote van Wellington sy plek in Die Burger se streekkompetisie bespreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle:<\/strong> Garsfontein 50, Waterkloof 10; Eldoraigne 41, Wonderboom 14; Zwartkop 57, HTS John Vorster 0; Centurion 41, Montana 27; Oos-Moot 94, HTS Tuine 6; Pretoria-Noord 50, Die Wilgers 17; Midstream College 38, Wagpos 7; Erasmus 26, Gerrit Maritz 8; Pretoria THS 47, Akasia 5; FH Odendaal 27, Uitsig 12; Cullinan 41, Curro Hazeldean 31; Pretoria THS 36, Voortrekkerhoogte 5; Southdowns College 71, Cornwall Hill College 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Leeus:<\/strong> Monument 40, Glenwood 15; Noordheuwel 22, Jeugland 8; Helpmekaar 31, St. Benedict&#8217;s College 16; Jeppe High School for Boys&#8217; 36, Pretoria Boys&#8217; High 22; King Edward VII 59, St. John&#8217;s College 10; Riebeeckrand 32, Randburg 19; Ho\u00ebrskool Alberton 39, Bastion 5; Fochville 32, Bekker 7; Carletonville 27, Bracken 13; AHS Germiston 22, Alberton High 20; Parktown Boys&#8217; High 30, St. Alban&#8217;s College 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Limpopo:<\/strong> Ho\u00ebrskool Pietersburg 39, Frikkie Meyer 34; Ben Vorster 63, HTS Tom Naud\u00e9 3; Ben Viljoen 15, Nylstroom 9.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds:<\/strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg 27, Kempton Park 10; Potchefstroom Volkskool 22, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 13; Lichtenburg 20, Wesvalia 13; Hartbeespoort 27, Schoonspruit 7; Vryburg 29, Brits 11; Schweizer-Reneke 42, Wolmaransstad 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pumas:<\/strong> HTS Middelburg 67, Ho\u00ebrskool Middelburg 20; Secunda 33, Piet Retief 17; HTS Witbank 22, Hoogenhout 19; Ermelo 42, Lydenburg 20; Ligbron 60, Rob Ferreira 3; Penryn College 89, Pecanwood 14; Steelcrest 51, Kriel 13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke:<\/strong> EG Jansen 59, Marais Viljoen 10; Dr. Malan 48, Birchleigh 14; Hugenote (Springs) 60, Oosterlig 29; Springs Boys&#8217; High 14, Hans Moore 10; Driehoek 40, Benoni High 7; Brandwag (Benoni) 48, John Vorster (Nigel) 7; Stoffberg 39, Delmas 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandwag (Uitenhage) 22, Framesby 21; Kearsney College 20, Hilton College 8; Dale College 26, Grey PE 21; Maritzburg College 26, Durban High School 19; Westville Boys&#8217; High 20, Michaelhouse 3; St. Andrew&#8217;s College 31, Queen&#8217;s College 23; Kingswood College 46, Stirling 10; Pearson 29, Otto du Plessis 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 35, Oakdale Landbou 21; Paarl Gimnasium 48, Rondebosch Boys&#8217; High 19; HTS Drostdy 25, Hugenote 15; Paul Roos Gimnasium 38, SACS 34; Durbanville 28, Tygerberg 0; Ho\u00ebrskool Bellville 27, Tygerberg-klub 12; Bishops 38, Wynberg Boys&#8217; High 7; Boland Landbou 111, DF Malan 5; De Kuilen 23, Strand 22; Hottentots-Holland 47, Monumentpark 14; HTS Bellville 32, Milnerton 0; Parel Vallei 22, Fairmont 18.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Turkoois Bere van die Ho\u00ebrskool Garsfontein het dit gister drie uit drie gemaak deur die Blou Bulle se titel vir Makro skole om die Virseker Beeldtrofee vir \u2019n derde agtereenvolgende jaar te verower. Die verdedigende kampioen van die Virseker Beeldtrofee het met sy oortuigende sege van 50-10 oor Waterkloof seker gemaak dat hy skeepsreg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7110,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7111","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7111","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7111"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7111\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7110"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7111"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7111"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7111"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}