{"id":7113,"date":"2016-06-06T07:13:18","date_gmt":"2016-06-06T07:13:18","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/perses-kies-voorlopig-vir-cravenweek\/"},"modified":"2016-06-06T07:13:18","modified_gmt":"2016-06-06T07:13:18","slug":"perses-kies-voorlopig-vir-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7113","title":{"rendered":"Perses kies voorlopig vir Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-5739\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Griffons.jpg\" alt=\"Griffons\" width=\"192\" height=\"192\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Griffons.jpg 192w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Griffons-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 192px) 100vw, 192px\" \/>Die Griffons het vyf spelers in sy voorlopige span vir die 53ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Durban ingesluit wat verlede jaar ook die unie op die toernooi verteenwoordig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hulle is die twee hakers, Reinard van der Vyver en Duke Jantjies, die skrumskakel, Richman Gora, die heelagter Marco Labuschagn\u00e9, en die agtsteman, Gift Dlamini.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses het verlede jaar \u2019n geskiedkundige sege van 41-27 oor die Vrystaat op die eerste dag van die toernooi in Stellenbosch behaal. Dit was sy eerste sege op die toernooi sedert 1979 se hoofwedstryd teen sy bure. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die voorloper in die Griffon-liga, Welkom Gimnasium, het met elf spelers die grootste verteenwoordiging in die span. Gimmies en Voortrekker van Bethlehem is die enigste twee onoorwonne spanne in die Griffon-liga. Die Trekkers het drie spelers wat die span gehaal het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons kom op die eerste dag van die Cravenweek op Kearsney College se hoofveld teen die Pumas te staan. Die Cravenweek word vanjaar vir die eerste keer sedert 1990 in Durban aangebied.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons se onderskeie spanne speel more (Dinsdag) teen die Valke in Kroonstad op die velde van die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad in hulle eerste oefenwedstryde. Die wedstryde dien ook nog as proewe vir die onderskeie nasionale weke. Die Cravenweek-spanne pak mekaar om 16:50.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons se twee breiers, Kassie Kasselman en Roean Bezuidenhout, behoort na more se wedstryd \u2019n goeie idee te h\u00ea waaraan hulle moet skaaf voor die nasionale toernooi. Die Valke se span bestaan grootliks uit spelers van EG Jansen wat vanjaar onder die voorste tien spanne in Suid-Afrika tel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses sal ook teen Griekwas en die Vrystaat in oefenwedstryde speel asook die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Loftus Versfeld in Pretoria bywoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As daar een skool se spelers is wat so ietwat verontreg kan voel is dit die Ho\u00ebrskool Wilgerivier van Frankfort. Wilgies beklee met nog net twee rondes oor in die Griffon-liga die vierde posisie op die puntelys, maar nie een van die spelers is deur die keurders as goed genoeg vir een van die Griffons se spanne na die onderskeie weke geag nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Drie spelers die flanke, Corjan Muller en Juan Jordaan, en die slot Kobus Erasmus is wel in die voorlopige Griffons XV-tal ingesluit. Die span woon egter nie enige toernooi by nie. Die spelers van Wilgerivier is ook nie vanjaar soos in die verlede vir die plattelandse Akademie-span of die Oos-Vrystaatse span vir die jaarlikse VKB-week weens hul deelname aan die Griffon-liga verkiesbaar nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Cravenweek:<\/strong> Marco Labuschagn\u00e9 (Voortrekker), Andrew Kota, Lubabalo Mtyeshi, Jason Wagman, Wian van Staden (almal Welkom Gim), Tristan September (Goudveld), Richman Gora, Gift Dlamini, JJ Scheepers, Kyle Els, Pieter van der Westhuizen (almal Welkom Gim), DJ Hattingh (AHS Kroonstad), Francois Klopper (Voortrekker), Reinard van der Vyver (Wessel Maree), Winrich Kennedy (Hentie Cilliers). <strong>Plaasvervangers:<\/strong> Duke Jantjies (Welkom Gim), Ruben Breedt (Goudveld), JW Meades (Witteberg), Dian de Beer (AHS Kroonstad), Michael Janse van Rensburg (Voortrekker), Jason Roux (Witteberg), Triumph Baloyi (Goudveld), David Eyssen (Welkom Gim).<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Griffons het vyf spelers in sy voorlopige span vir die 53ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Durban ingesluit wat verlede jaar ook die unie op die toernooi verteenwoordig het. Hulle is die twee hakers, Reinard van der Vyver en Duke Jantjies, die skrumskakel, Richman Gora, die heelagter Marco Labuschagn\u00e9, en die agtsteman, Gift Dlamini. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":5739,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7113","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7113\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5739"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}