{"id":7140,"date":"2016-07-10T07:26:46","date_gmt":"2016-07-10T07:26:46","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/die-drie-grotes-gaan-vanjaar-minder-kontrakte-met-juniors-sluit\/"},"modified":"2016-07-10T07:26:46","modified_gmt":"2016-07-10T07:26:46","slug":"die-drie-grotes-gaan-vanjaar-minder-kontrakte-met-juniors-sluit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7140","title":{"rendered":"Die drie grotes gaan vanjaar minder kontrakte met juniors sluit"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die drie grootste werwers van skolerugbyspelers in Suid-Afrika se tjekboeke sal vanjaar aansienlik minder praatwerk doen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle, die Westelike Provinsie en Goue Leeus sal vanjaar almal aan minder skolespelers junior kontrakte as die afgelope paar jaar aanbied. Die grootste rede hiervoor is finansi\u00eble druk op die unies. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is op die vooraand van die 53ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole en die Akademieweek wat more op Kearsney College se velde net buite Durban afskop nog \u2019n slag vir die spel in Suid-Afrika. Met die toeskouergetalle van senior rugby asook die getal deelnemende skolespelers wat aan die afneem is di\u00e9 nog \u2019n reuse slag vir die spel in Suid-Afrika. Die skolerugbysisteem is die spel in Suid-Afrika se grootste voedingsbron.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ons gaan vanjaar aansienlik minder spelers kontrakteer as in die verlede. Tussen 10 en 15 spelers minder. Die grootste rede hiervoor is finansie\u00ebl,&#8221; het Greg Hechter, ho\u00eb-prestasie bestuurder van die Westelike Provinsie, ges\u00ea. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle se Werner de Beer asook die Leeus se Bart Schoeman het erken dat hulle ook vanjaar heelwat minder skoolverlaters sal kontrakteer as in die verlede. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus het die afgelope paar jaar tussen 30 en 35 skolespelers kontrakte aangebied. &#8220;Ons sal vanjaar minder kontrakte dalk in die omgewing van 25 kontrakte is beskikbaar. Ons hoop dat die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van die Witwatersrand met hul werwing ons diepte sal aanvul,&#8221; het Schoeman, ho\u00ebprestasiebestuurder van die Leeus, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">UJ en Wits speel albei volgende jaar in die Varsitybeker so daar kan verwag word dat hulle ook heelwat spelers sal werf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Bulle se ho\u00ebprestasiebestuurder, De Beer, nie oor \u2019n getal wou uitwei nie kan daar verwag word dat hulle ook soos die WP en Leeus tussen 10 en 15 minder kontrakte as gewoonlik aan spelers sal bied. Die unie se sal ook sy diepte kan aanvul uit die Tuks Rugbyakademie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is slegs die Sharks wat vanjaar meer kontrakte as in die verlede aan skolespelers gaan bied. Die Sharks bied egter jaarliks met ongeveer 12 kontrakte heelwat minder as die ander groottes aan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hulle sal vanjaar ook drie kontrakte tydens die Cravenweek en Akademieweek aanbied waarvoor spelers aansoek kan doen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die spelers wat graag hul loopbane by die Sharks wil voortsit na skool kan dus aansoek doen vir \u2019n kontrak. Die aansoeke sal daarna deur \u2019n keuringsproses ondergaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die druk wat transformasie op die mark plaas speel gewis ook \u2019n rol op die getal spelers wat unies deesdae op junior kontrakte kan bekostig. Weens die teikens vir transformasie wat in Saru se strategiese transformasieplan vervat word het die markwaarde van gehalte gekleurde spelers die hoogte ingeskiet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus het reeds kontrakte met drie van die Westelike Provinsie se sterre die heelagter Gianni Lombaard, agtsteman Khanya Ncusane en senter Manny Rass gesluit om volgende jaar hul loopbane in die Goudstad voort te sit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die drie behoort indien hulle op hul vertonings sover vanjaar op die rugbyveld tydens die Cravenweek kan voortbou op meriete die Suid-Afrikaanse Skolespan te haal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verlede jaar se speler wat die grootste kontrak deur \u2019n unie aangebied is, was die Junior Bokkies se losskakel, Curwin Bosch, gewees. Die Sharks het Bosch glo met \u2019n aanbod van R350 000 van Port Elizabeth na Durban gelok. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Westelike Provinsie moes glo R450 000 hoes om sy te verseker dat sy Cravenweek-span se kaptein en slot vir vanjaar se toernooi, Salmaan Moerat, in die unie bly. Moerat het reeds verlede jaar die nasionale skolespan verteenwoordig. <\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die drie grootste werwers van skolerugbyspelers in Suid-Afrika se tjekboeke sal vanjaar aansienlik minder praatwerk doen. Die Blou Bulle, die Westelike Provinsie en Goue Leeus sal vanjaar almal aan minder skolespelers junior kontrakte as die afgelope paar jaar aanbied. Die grootste rede hiervoor is finansi\u00eble druk op die unies. Dit is op die vooraand van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7140","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7140","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7140"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7140\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7140"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7140"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7140"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}