{"id":71441,"date":"2025-05-03T13:50:30","date_gmt":"2025-05-03T11:50:30","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=71441"},"modified":"2025-05-03T13:50:30","modified_gmt":"2025-05-03T11:50:30","slug":"uithaler-beklink-sege-vir-nories-in-die-doodsnikke-jade-brigade-en-klofies-deel-louere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=71441","title":{"rendered":"Uithaler beklink sege vir Nories in die doodsnikke, Jade Brigade en Klofies deel louere"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_71436\" aria-describedby=\"caption-attachment-71436\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-71436\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/PSX_20250503_090840-400x309.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"309\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-71436\" class=\"wp-caption-text\">ETHAN VAN BILJON, blink losskakel van die Ho\u00ebrskool Stellenberg, kry hier &#8216;n aangee weg in die duikslag in sy span se gelykop-uitslag van 17-elk teen Waterkloof. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Kwaggas van <strong>Outeniqua<\/strong> het amper weer in die doodsnikke hul teenstanders se harte tydens die <strong>Absa Wildeklawer-toernooi<\/strong> gebreek.<\/p>\n<p>Die span van George se loskopstut, <strong>Matthew Prins<\/strong>, het met minder as twee minute oorgeduik om aan sy span &#8216;n voorsprong van 33-32 teen Noordheuwel na die losskakel, <strong>Virgil Pockpas<\/strong>, se suksesvolle doelskop te gee.<\/p>\n<p>Toe Noordheuwel se losskakel, <strong>Jeandr\u00e9 Uithaler<\/strong>, die afskop waarneem was daar minder as 30 sekondes se speeltyd oor. Uithaler het kort daarna &#8216;n strafdoel van ongeveer 45 meter oorgeklits om aan sy span &#8216;n sege van 35-33 te besorg.<\/p>\n<p>Die Kwaggas het in hul eerste wedstryd van die toernooi in Kimberley &#8216;n naelskraapse sege van 21-20 oor Monument van Krugersdorp behaal.<\/p>\n<p>Die Nories se haker, <strong>Clinton Agu<\/strong>, het soos gebruiklik weer &#8216;n uitstaande vertoning opgedis. Hy was in &#8216;n gewigtige tweestryd met <strong>Keenan Myners<\/strong> betrokke. Die twee behoort later vanjaar sterk aanspraakmakers te wees om vir die SA Skole-span uit te draf.<\/p>\n<p>Nories se binnesenter, <strong>Tristan Helmand<\/strong>, was ook &#8216;n doring in Outeniqua se vlees. Hy het &#8216;n hele paar keer bresse geslaan asook met sy verspreiding geleenthede aan sy buitekant geskep. Die linkervleuel, <strong>Jayden Steyn<\/strong>, het twee keer mooi lopies agter die Kwaggas se doellyn afgerond.<\/p>\n<p>Vir Outeniqua was sy losskakel, <strong>Virgil Pockpas<\/strong>, uitstaande. Hy het &#8216;n hele paar keer die Nories se verdediging oopgevlek, terwyl hy ook sy skopskoene aangehad het. Voorlangs het Prins &#8216;n goeie wedstryd beleef.<\/p>\n<p><strong>Stellenberg<\/strong> en <strong>Waterkloof<\/strong> het eerste die koue op die hoofveld van Diamantveld op die laaste dag aangedurf. Die twee spanne se agterlyne kon nie rerig aan die gang kom nie, wat grotendeels aan die ysige weer toegeskryf kan word.<\/p>\n<p>Die twee spanne het ook die louere met 17-elk gedeel na die binnesenter, <strong>Armand Potgieter<\/strong>, kort voor die einde vir sy tweede drie oorgeval het. Potgieter was saam met die losskakel, <strong>Ethan van Biljon<\/strong>, agterlangs hul span se staatmakers.<\/p>\n<p>Voorlangs het die slotpaar van die Jade Brigade, <strong>Jovan Burden<\/strong> en <strong>Carlo Brink<\/strong>, uitmuntende vertonings gelewer. Burden is vir sy spel welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Die flank Remi September kan ook tevrede met sy vertoning voel.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel 35 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jayden Steyn (2), Andrew Lambert, Clinton Agu. Doelskoppe: Jeandr\u00e9 Uithaler (3). Strafdoele: Uithaler (3). <strong>Outeniqua 33 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Grant Savage, Ruan van Rensburg, Virgil Pockpas, Schalk van der Merwe, Matthew Prins. Doelskoppe: Pockpas (4).<\/p>\n<p><strong>Stellenberg 17 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Armand Potgieter (2), Ethan van Biljon. Doelskop: Van Biljon. <strong>Waterkloof 17 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ruan Jacobs, Jhannes de Beer. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (2). Strafdoel: Bastiaanse.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kwaggas van Outeniqua het amper weer in die doodsnikke hul teenstanders se harte tydens die Absa Wildeklawer-toernooi gebreek. Die span van George se loskopstut, Matthew Prins, het met minder as twee minute oorgeduik om aan sy span &#8216;n voorsprong van 33-32 teen Noordheuwel na die losskakel, Virgil Pockpas, se suksesvolle doelskop te gee. Toe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":71436,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-71441","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/71441","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=71441"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/71441\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/71436"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=71441"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=71441"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=71441"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}