{"id":7146,"date":"2016-07-13T08:11:05","date_gmt":"2016-07-13T08:11:05","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/franse-beplan-om-20-van-sa-se-talent-na-frankryk-te-lok\/"},"modified":"2016-07-13T08:11:05","modified_gmt":"2016-07-13T08:11:05","slug":"franse-beplan-om-20-van-sa-se-talent-na-frankryk-te-lok","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7146","title":{"rendered":"Franse beplan om 20 van SA se talent na Frankryk te lok"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Suid-Afrikaners sal dalk in die nabye toekoms met die woorde van die Franse volkslied, La Marseillaise, moet vetroud raak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is glo agente op vanjaar se 53ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole wat 20 van Suid-Afrika se voorste skolerugbyspelers met lonende kontrakte wil lok om hul loopbane na skool in Frankryk voort te sit. Die grootste skolerugbytoernooi ter w\u00eareld word vanjaar hier op Kearsney College se velde aangebied.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Suid-Afrikaanse geakkrediteerde agent Mark Greeff het erken dat hy deur die Franse klubs genader is om hulle met name van 20 van Suid-Afrika se belowendste skoolverlaters <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Die spelers sal nie in Frankryk kan studeer nie, maar sal wel verplig word om Frans te leer praat. Hulle sal by klubs soos Toulon, Racing 92, Montpellier en Clermont Auvergne geplaas word. Daarna sal die Franse Rugbyakademie se keurders ook na die spelers kyk,&#8221; het Greeff ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 kontrakte beloop glo tussen 3500 en 4000 euro per maand per speler. Hulle sal ook nie verblyf betaal nie, terwyl daar ook \u2019n aantal voertuie vir die spelers beskikbaar gestel sal word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Greeff kan daar indien die Franse daarin slaag om van Suid-Afrika se voorste talent vir die volgende paar jaar na Frankryk te lok maklik 14 tot 15 Suid-Afrikaanse spelers vir die Hane se nasionale span uitdraf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Franse agente by die Cravenweek is na bewering uitgetrede Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat rugby in Frankryk gespeel het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die enigste oudspelers met Europese verbintenisse wat Netwerk24 sover gewaar het, is Jacques Cronj\u00e9 (Biarritz Olympique\/Racing 92) en Ernst Joubert (Saracens). Dis egter nie bekend of hulle betrokke is by spelerwerwing en of hulle net as toeskouers by die week is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Oregan Hoskins, het by die openingsgeleentheid van die week na die feit verwys dat die internasionale mark \u2019n reuse uitdaging vir SA Rugby is weens die wisselkoers. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Springbokke soos Duane Vermeulen, Bryan Habana, Juan Smith (almal Toulon), Bismarck du Plessis, Pierre Spies, Frans Steyn, Jannie du Plessis (almal Montpellier), Morn\u00e9 Steyn (Stade Francais) en Johan Goosen (Racing 92) speel reeds die Franse Top14-reeks aan die brand.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Terwyl jong spelers soos Paul Willemse, Henry Immelman, Jacques du Plessis (almal Montpellier), Aidon Davis (Toulon) ook reeds hul pond vleis daar verdien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Goosen is vanjaar as die Franse Top14-reeks se speler van die toernooi aangewys. Nog \u2019n Suid-Afrikaner, Rory Kockott, wat die Franse op toetsvlak verteenwoordig het, het die toekenning in 2013 ontvang. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten die wisselkoers speel Saru se strategiese transformasieplan volgens Greeff ook \u2019n groot rol in die uittog van spelers na Europa. Indien Saru di\u00e9 plan se mikpunte vir 2019 bereik van 50 persent gekleurde spelers in die nasionale sowel as Superrugby spanne sal daar slegs plek vir 69 wit spelers in die Superreeks van 2019 op \u2019n Saterdag in die land se ses spanne wees.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrikaners sal dalk in die nabye toekoms met die woorde van die Franse volkslied, La Marseillaise, moet vetroud raak. Daar is glo agente op vanjaar se 53ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole wat 20 van Suid-Afrika se voorste skolerugbyspelers met lonende kontrakte wil lok om hul loopbane na skool in Frankryk voort te sit. Die grootste skolerugbytoernooi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7146","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7146","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7146"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7146\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7146"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7146"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7146"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}