{"id":7147,"date":"2016-07-14T08:56:14","date_gmt":"2016-07-14T08:56:14","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sa-rugby-se-speelstyl-moet-verander\/"},"modified":"2016-07-14T08:56:14","modified_gmt":"2016-07-14T08:56:14","slug":"sa-rugby-se-speelstyl-moet-verander","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7147","title":{"rendered":"SA Rugby se speelstyl moet verander"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die speelstyl van Suid-Afrikaanse spanne is ook vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) \u2019n kopseer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die president van Saru, Oregan Hoskins, het tydens \u2019n geleentheid op die 53ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole \u2019n beroep op die skoleafrigters van die land gemaak om te help dat die land se spanne uit die kettings hul tradisionele speelstyl breek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek dink ons as Suid-Afrikaners weet dit het tyd geword dat ons stop om deur \u2019n muur te probeer hardloop en liewer om die muur te probeer nael,&#8221; het Hoskins ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Sharks se breier Gary Gold, die voormalige Springbok-hulpafrigter en senter Dick Muir asook die gewese Bok-senter en rugbyghuru Brendan Venter het die afgelope paar weke kritiek oor die afrigting op skolevlak uitgespreek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenmotief het volgens hulle ook te belangrik op skolevlak geraak. Dit was egter duidelik op die eerste drie dae van die Cravenweek dat afrigters op di\u00e9 vlak nie soveel klem op verdediging l\u00ea as wat die breiers van proffesionele span doen nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste drie dae van die toernooi het 136 drie\u00eb in 15 wedstryde opgelewer. Dit is bykans ongelooflike tien drie\u00eb per wedstryd. Skolerugby lewer steeds van die mees opwindende rugby weekliks in Suid-Afrika op. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoskins het die feit benadruk dat afrigters op skolevlak \u2019n uiters belangrike rol in die ontwikkeling van spelers asook die spel in Suid-Afrika speel. Die Springbokke se laaste drie breiers Allister Coetzee, Heyneke Meyer en Jake White was almal eers onderwysers voor hulle die belangrikste afrigtingspos in die land beklee het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek doen \u2019n beroep op die skoleafrigters om ons asseblief te help om ons styl van rugby te verander. Dit kan ongelukkig nie bo begin nie, dit moet by die afrigting op skolevlak begin,&#8221; het Hoskins aan die Cravenweek-afrigters ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Suid-Afrika se sterk skolesisteem speel \u2019n groot rol om die Springbokke een van die voorste spanne in w\u00eareldrugby te hou. En die onderwysers wat as afrigters en administrateurs by skolerugby betrokke is speel \u2019n beduidende rol in die sukses.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die speelstyl van Suid-Afrikaanse spanne is ook vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) \u2019n kopseer. Die president van Saru, Oregan Hoskins, het tydens \u2019n geleentheid op die 53ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole \u2019n beroep op die skoleafrigters van die land gemaak om te help dat die land se spanne uit die kettings hul tradisionele speelstyl breek. &#8220;Ek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7147","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7147","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7147"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7147\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7147"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7147"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7147"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}