{"id":7161,"date":"2016-07-29T07:48:50","date_gmt":"2016-07-29T07:48:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/bekker-se-ruvo-ryg-die-driee-in\/"},"modified":"2016-07-29T07:48:50","modified_gmt":"2016-07-29T07:48:50","slug":"bekker-se-ruvo-ryg-die-driee-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7161","title":{"rendered":"Bekker se Ruvo ryg die driee in"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Keer hom! <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is waarskynlik die uitroepe wat die meeste langs die rugbyveld uit die teenstanders van Bekker se afrigters en ondersteuners se monde kom wanneer die vleuel Ruvo du Preez aan die bal vat. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 linkervleuel benodig slegs drie drie\u00eb vir \u2019n ongelooflike mylpaal van 50 drie\u00eb vir sy ho\u00ebrskool se eerstespan. Du Preez het vanjaar reeds 28 keer \u2019n draai agter die doellyn gemaak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy span se sukses in die Virseker Beeldtrofee vir Mediumskole sal bepaal of hy die mylpaal bereik. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bekker kom Saterdag in Middelburg teen die Ho\u00ebrskool Kanonkop in \u2019n uitspeelwedstryd in die streekkompetisie te staan. As hy die wedstryd verloor, sal dit Du Preez se laaste kans wees om die drie\u00eb in te ryg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Sege sal beteken dat hy in die kwarteindronde teen Brandwag van Benoni nog \u2019n drie\u00eb-kans sal kry. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Du Preez se gevaarlikste wapen is volgens sy afrigter, Johan Wandrag, sy vaartversnelling. Hy het tot dusver al in 45 wedstryde vir sy skoolspan uitgedraf en het nog nooit enige van die Goue Leeus se verteenwoordigende spanne gehaal nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bekker was in 2000 die eerste houers van die Beeldtrofee vir Mediumskole. Destyds het die Leeus se Cravenweek-skrumskakel, Willie Kok, \u2019n sleutelrol in di\u00e9 span se aanslag gespeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Viljoen van Groblersdal is die verdedigende kam\u00adpioen in die Beeldtrofee vir Mediumskole. Hy sal waarskynlik al sy wedstryde weg van die huis moet wen as hy sy titel wil behou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Slegs die Blou Bulle is laer as Limpopo op die kompetisie se prioriteitslys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Viljoen sal Saterdag teen Stoffberg in Brakpan in \u2019n uitspeelwedstryd te staan kom. Die wenner sal in die kwarteindronde teen Penryn College van Nelspruit sake uitspook. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten Ben Viljoen behoort Vryburg en Fochville ook sterk aanspraakmakers te wees om die trofee as kampioen op 27 Augustus omhoog te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg kom in die kwarteindronde teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen Erasmus van Bronkhorstspruit en Merensky van Tzaneen te staan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fochville het ook direk tot die kwarteindronde deurgedring danksy sy oorwinning van 36-7 oor Bekker in die Leeus-eindstryd. Die wenner van Saterdag se uitspeelwedstryd tussen Die Wilgers en Bergsig Akademie sal Fochville in die volgende ronde pak.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Keer hom! Dit is waarskynlik die uitroepe wat die meeste langs die rugbyveld uit die teenstanders van Bekker se afrigters en ondersteuners se monde kom wanneer die vleuel Ruvo du Preez aan die bal vat. Di\u00e9 linkervleuel benodig slegs drie drie\u00eb vir \u2019n ongelooflike mylpaal van 50 drie\u00eb vir sy ho\u00ebrskool se eerstespan. Du Preez [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7161","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7161","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7161"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7161\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7161"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7161"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7161"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}