{"id":7164,"date":"2016-08-01T06:17:27","date_gmt":"2016-08-01T06:17:27","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/harrismith-verbreek-droogte-van-28-jaar-in-riemland\/"},"modified":"2016-08-01T06:17:27","modified_gmt":"2016-08-01T06:17:27","slug":"harrismith-verbreek-droogte-van-28-jaar-in-riemland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7164","title":{"rendered":"Harrismith verbreek droogte van 28 jaar in Riemland"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Harrismith se eerste rugbyspan het Saterdag \u2019n droogte van 28 jaar in die Riemland verbreek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span het in die eindstryd van die Oos-Vrystaatse liga op sy tuisveld, die Platberg-stadion, vir Reitz met 26-20 getroef om vir die eerste keer sedert 1988 die trofee omhoof te hou.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nuwe kampioen se kaptein en losskakel, Chi-Chi Chickwe, was aan die voorpunt van die roemryke sege. Eben van Wyk het as agtsteman Harrismith destyds in 1988 tot die titel gelei. Harrismith het daardie jaar in die eindstryd van die destydse Vrystaatse Direkteurstrofee teen Wessel Maree van Odendaalsrus die knie gebuig.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Reitz het hope durf getoon deur terug te veg na hy op \u2019n stadium met 5-19 agter was. Hy het met slegs twee minute oor in die kragmeting met 20-19 voorgeloop, maar Harrismith se heelagter, Tobatsie Monareng, het hul harte in die doodsnikke met sy drie gebreek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Harrismith se flank Wessel Badenhorst was ook \u2019n doring in Reitz se vlees. Wilgerivier van Frankfort wat die vorige vyf jaar kampioen van die Riemland was het vanjaar in die Griffon-liga saam die groot honde gedraf.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Harrismith kom nou in die Vrystaatse Platteland se halfeindronde teen Hennenman te staan. Bothaville en Reitz sal mekaar in die ander halfeindstryd pak.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei wenners van die wedstryde sal tot die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) deurdring. Volksblad is \u2019n medeborg van die kompetisie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Oos-Vrystaatse B-liga eindstryd het Kestell in \u2019n taai stryd vir Winburg met 12-5 uitoorl\u00ea.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bothaville is vir die vyfde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Sandveld-liga gekroon. Hy \u00a0was met 22-20 bo in \u2019n naelbyt-eindstryd om die kroon teen Hennenman in die HT Pelatona-stadion in Welkom.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kampioen se vleuel Reinhardt Grobler het Hennenman se losskakel, Alb\u00e9 Venter, se laaste doelskop-poging vier minute voor die einde afgestorm om seker te maak sy span dra die kroon. Indien die skop oor was sou Hennenman as kampioen gekroon gewees het omdat hulle die eerste drie van die wedstryd gedruk het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bothaville se groot en sterk senter, Carlo Kleynhans, was soos altyd weer meer as \u2019n handvol om in toom te hou. Die losskakel, Bertram Crawthorne, en die agtesteman, Charl de Waal, was op die verdediging goud werd vir hul span.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vleuel Morn\u00e9 Dodds was gevaarlik elke keer wat hy in besit gestel is, terwyl die voorryman Hanco van Aswegen ook \u2019n uitstaande wedstryd beleef het.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:\u00a0<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Bothaville 22 (19):<\/strong> Drie\u00eb: Marnus Klopper, Willem van der Merwe, Stefan Bester. Doelskoppe: Carlo Kleynhans (2). Strafdoel: Kleynhans. <strong>Henneman 20 (15):<\/strong> Drie\u00eb: Fanie Pretorius (2), Thinus Claassen, Alb\u00e9 Venter.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Harrismith 26:<\/strong> Drie\u00eb: Chi-Chi Chickwe (2), Tobatsie Monareng, Francois Taljaard. Doelskoppe: Siza Mthembu (3). <strong>Reitz 20:<\/strong> Drie\u00eb: Neil van der Merwe, Janes van Coller, Geyer Terblanch\u00e9. Doelskop: Van der Merwe. Strafdoel: Van der Merwe.\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Harrismith se eerste rugbyspan het Saterdag \u2019n droogte van 28 jaar in die Riemland verbreek.\u00a0 Die span het in die eindstryd van die Oos-Vrystaatse liga op sy tuisveld, die Platberg-stadion, vir Reitz met 26-20 getroef om vir die eerste keer sedert 1988 die trofee omhoof te hou.\u00a0 Die nuwe kampioen se kaptein en losskakel, Chi-Chi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7164","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7164","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7164"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7164\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7164"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7164"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7164"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}