{"id":71713,"date":"2025-05-08T16:37:23","date_gmt":"2025-05-08T14:37:23","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=71713"},"modified":"2025-05-08T16:37:23","modified_gmt":"2025-05-08T14:37:23","slug":"groot-toets-wag-op-rhinos-in-pretoria","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=71713","title":{"rendered":"Groot toets wag op Rhinos in Pretoria"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_71784\" aria-describedby=\"caption-attachment-71784\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-71784\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Gustav-Scaffner-vs-Outeniqua-Frans-Lombard-400x214.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"214\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-71784\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard\/Actionpix.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> kom voor &#8216;n groot toets te staan wanneer hy hierdie naweek in die Jakarandastad met <strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> swaarde kruis.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSports Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die Nellies sal di\u00e9 toets graag wil slaag aangesien hulle reeds vanjaar aangedui het dat hulle een van die spanne is wat voor kan hardloop in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-wedloop. Die Parkies het egter ook vanjaar reeds be\u00efndruk en na vore getree as een van die kompetisie se groot buiteperde, wat hulle in dieselfde gewigklas as die Rhinos plaas.<\/p>\n<p>Die Rhinos het, voor &#8216;n welverdiende blaaskans, &#8216;n groot hond in die stof laat byt deur vir <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> met 31-24 in Mbombela te troef. Hoewel die Parkies ook &#8216;n aftydjie geniet het, was nege van hul spanlede in aksie vir die Northern Barbarians by die onlangse Absa Wildeklawer-toernooi.<\/p>\n<p>Daar het skrumskakel, <strong>Gustav Sch\u00e4ffner<\/strong>, in albei vertonings vir die Barbarians uitgeblink en sal hy op di\u00e9 momentum wil voortbou. Dit sal hoog op prys gestel word deur die Parkie-afrigters, met die bedreiging wat die Nellies se skrumskakel, <strong>Liam Pringle<\/strong>, inhou.<\/p>\n<p><strong>Reinhardt Herbst <\/strong>het op heelagter self uithalerspel gelewer vir die uitnodigingspan in Kimberley. Sy vaart en visie stel hom in staat om gevaarlike teenaanvalle te loods, terwyl hy ook die opposisie in hul eie helfte kan vaspen met sy taktiese skopwerk.<\/p>\n<p>Indien die Parkies se skopwerk egter nie akkuraat is nie, sal die Rhinos se blitsige linkervleuel, <strong>Tinyiko Silubane<\/strong>, elke kans aangryp om hulle te looi wanneer hy homself in spasie bevind.<\/p>\n<p>&#8216;n Titaniese stryd wag in Krugersdorp wanneer <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> vir <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> die stryd aans\u00ea. Hierdie is &#8216;n bepaling wat oor die afgelope paar jaar vir groot opwinding gesorg het, met die spanne wat uitstekend opweeg teen mekaar. Die Arende het die laaste twee jaar die hef in die hand gehad, maar dit sal nie maklik wees om die Wit Bulle op die Ras van Rooyen te slag nie.<\/p>\n<p>Boonop is Monument nog gekwes na twee nederlae in Kimberley, wat hulle gevaarliker maak. Die beseringspook het wel in Krugersdorp kom draai, met <strong>Vincent Roberts<\/strong>, die Krugersdorpers se kaptein, wat van agsteman na slot skuif om die beseerde <strong>Janco Pretorius<\/strong> te vervang. Dit gee vir <strong>Ryno van der Westhuizen<\/strong> die geleentheid om sy staal op agsteman te wys.<\/p>\n<p>Monnas kan &#8216;n taamlike aanslag agterlangs verwag, met die Arende se heelagter, <strong>Deshean Pietersen<\/strong>, en regtervleuel, <strong>Otlatleng Zulu<\/strong>, wat in Kimberley gewys hoekom hulle so hoog aangeskryf word.<\/p>\n<p>Die nuweling in vanjaar se Beker-afdleling, <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong>, se vuurdoop is teen &#8216;n gedugte <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong>.<\/p>\n<p>Die Rusties, wat ook in aksie was by Wildeklawer, het met twee oortuigende seges teen Voortrekker (40-7) en Welkom Gimnasium (33-0) huiswaarts gekeer, met kaptein, <strong>Xavier Steenkamp<\/strong>, en die jong agsteman, <strong>Donovan Mosterdt<\/strong>, wat indrukwekkend vertoon het en Saterdag weer sleutelrolle behoort te vervul. Dit beloof om &#8216;n liplekker-stryd in die los met Valia se flank en kaptein, <strong>Juan Bischoff<\/strong>, en die gevaarlike, <strong>Daniel Khazambo<\/strong>, af te gee.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark t. Ho\u00ebrskool Nelspruit om 12:30 in Pretoria:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Menlopark:\u00a0<\/strong>15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Shc\u00e4ffner, 8 JN van Wyk, 7 Ruan Strydom, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Jaap Stolp, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Peser, 1 Mattheus Prisnloo.<\/p>\n<p><strong>Nelspruit (moontlik): <\/strong>15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Werno Heyns, 6 Vian Louw, 5 Andr\u00e9 Smit, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 D&#8217;Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n<p><strong>Monument t. EG Jansen om 12:20 in Krugersdorp:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument:\u00a0<\/strong>15 Ewan van der Walt, 14 Jason Joubert, 13 Viandr\u00e9 van Loggenberg, 12 Juandr\u00e9 Ehlers, 11 Ruan Genis, 10 Cameron Kourie, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Loghan Huges, 6 Siya Ncube, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Juandr\u00e9 Marais, 2 Regardt Ernst, 1 Danie Smith.<\/p>\n<p><strong>EG Jansen:\u00a0<\/strong>15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joe Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wiedeman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.<\/p>\n<p><strong>Transvalia t. Ho\u00ebrskool Rustenburg om 12:40 in Vanderbijl Park:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Transvalia:\u00a0<\/strong>15 Tshepo Molakeng, 14 Dihan Crause, 13 Declan Hattingh, 12 Brandon Matthews, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stoltz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandr\u00e9 Kruger, 1 Vusi Morathi.<\/p>\n<p><strong>Rustenburg:\u00a0\u00a0<\/strong>15 Lorenzo Snyers, 14 Bradley Snyers, 13 Jon-R\u00e9 Jefthas, 12 Hendr\u00e9 Robinson, 11 Keathyn Africa, 10 Ayden Willemse, 9 Adriano George, 8 Dononvan Mosterdt, 7 MJ Otto, 6 Thian Labuschagne, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraadt.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Nelspruit kom voor &#8216;n groot toets te staan wanneer hy hierdie naweek in die Jakarandastad met Die Ho\u00ebrskool Menlopark swaarde kruis. Volg al die aksie regstreeks op\u00a0SuperSports Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Nellies sal di\u00e9 toets graag wil slaag aangesien hulle reeds vanjaar aangedui het dat hulle een van die spanne is wat voor kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":71784,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-71713","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/71713","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=71713"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/71713\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/71784"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=71713"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=71713"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=71713"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}