{"id":7173,"date":"2016-08-07T05:40:04","date_gmt":"2016-08-07T05:40:04","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gimmies-sluk-tweede-jaar-in-n-ry-n-galpil\/"},"modified":"2016-08-07T05:40:04","modified_gmt":"2016-08-07T05:40:04","slug":"gimmies-sluk-tweede-jaar-in-n-ry-n-galpil","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7173","title":{"rendered":"Gimmies sluk tweede jaar in &#8216;n ry &#8216;n Galpil"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7172\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/NewsG_PaarlBoishaai.jpg\" width=\"370\" height=\"219\" alt=\"NewsG PaarlBoishaai\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/NewsG_PaarlBoishaai.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/NewsG_PaarlBoishaai-300x177.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 370px) 100vw, 370px\" \/><span style=\"color: #000000;\">Agt SA Skole-spelers het Saterdagmiddag in die grootste interskole-rugbywedstryd ter w\u00eareld nie veel meer as twee geweeg nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, met sy agt SA Skole-spelers, was naelskraap met 26-25 beter as sy aartsvyand Paarl Gimnasium.&nbsp;Gimmies het teen die omdraaislag \u2019n voorsprong van 11-6 geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was die eerste keer sedert 2001 dat Boishaai daarin kon slaag om Gimmies twee jaar agtereenvolgens te klop. Meer as 25 000 toeskouers het die wedstryd bygewoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het in die tweede helfte eers vir die eerste keer in die wedstryd die voortou geneem nadat sy SA Skole-agtsteman, Khanya Ncusane, in die hoek oorgeduik het terwyl Gimmies se vleuel, Muller du Plessis, in die koelkas was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai se doeltreffendheid by die afbreekpunte asook sy stewige rolmaalbewegings was deurslaggewend.&nbsp;Sy SA Skole-haker, Dani\u00ebl Jooste, het twee keer vanaf rolmaalbewegings oorgeval.&nbsp;Die eerste van sy drie\u00eb was ook toe Du Plessis nog van die veld af was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies se agttal sal wel breebors rondloop na hy \u2019n vaskop gehaak het met die eerste skrum waarin Boishaai die bal ingegooi het.&nbsp;Dit is inderdaad indrukwekkend gegewe dat ses van Boishaai se agttal volgende week vir die nasionale skolespan diens doen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van die tien nasionale skolespelers op die veld het Boishaai se buitesenter, Manuel Rass, en Gimmies se agtsteman, Muller Uys, die meeste be\u00efndruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rass het elke keer wat hy aan die bal gevat het probleme aan Gimmies besorg, terwyl Uys nooit gaan l\u00ea het nie.&nbsp;Hy het die bal sterk gedra en ook \u2019n paar keer by die losgemale behoorlik ingeklim.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die naam van Boishaai se slot en kaptein, Salmaan Moerat, sal nog baie in die toekoms gehoor word.&nbsp;Hy sal ook die nasionale skolespan op die veld lei.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se losskakel, Rayhaan Lombard, se ervaring was ook duidelik te sien hoe hy kalm onder druk die leier agterlangs was.&nbsp;Di\u00e9 kragmeting was sy 65ste vir Boishaai se eerstespan wat \u2019n rekord vir sy skool is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het sy onoorwonne status na 38 agtereenvolgende wedstryde gerek.&nbsp;Die skool se tweede span is boonop ook nog onoorwonne die afgelope twee jaar.&nbsp;Boishaai se ongelooflike vertoningslys behoort eers weer aanstaande jaar, wanneer hy deur Nieu-Seeland toer, in gedrang te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 26 (6):<\/strong> Drie\u00eb: Dani\u00ebl Jooste (2), Khanya Ncusane. Doelskop: Gianni Lombard. Strafdoele: Lombard (3). <strong>Paarl Gimnasium 25 (11):<\/strong> Drie\u00eb: Zak Burger, Christopher Willemse, Theo Boshoff. Doelskoppe: Boshoff (2). Strafdoele: Boshoff (2).<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Agt SA Skole-spelers het Saterdagmiddag in die grootste interskole-rugbywedstryd ter w\u00eareld nie veel meer as twee geweeg nie. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl, met sy agt SA Skole-spelers, was naelskraap met 26-25 beter as sy aartsvyand Paarl Gimnasium.&nbsp;Gimmies het teen die omdraaislag \u2019n voorsprong van 11-6 geniet. Dit was die eerste keer sedert 2001 dat Boishaai [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7172,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7173","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7173","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7173"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7173\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7172"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7173"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7173"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7173"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}