{"id":7195,"date":"2016-08-14T05:56:33","date_gmt":"2016-08-14T05:56:33","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/boland-landbou-troef-paul-roos-eerste-keer-sedert-2002-in-eikestad\/"},"modified":"2016-08-14T05:56:33","modified_gmt":"2016-08-14T05:56:33","slug":"boland-landbou-troef-paul-roos-eerste-keer-sedert-2002-in-eikestad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7195","title":{"rendered":"Boland Landbou troef Paul Roos eerste keer sedert 2002 in Eikestad"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou het vir die eerste keer sedert 2002 daarin geslaag om Paul Roos Gimnasium op sy agterplaas in Stellenbosch kaf te draf. Die span van die Agter-Paarl het met 32-22 as oorwinnaars van die veld gestap. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou het met die wind in sy rug \u2019n kliniese vertoning in die eerste gelewer om met \u2019n gerieflike voorsprong van 27-0 te gaan rus. Dit was veral sy skrumskakel, Deon Carstens, wat spel van agter die oond uitstekend dikteer het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy kaptein en flank, Heinrich Brendel, het ook \u2019n blink vertoning gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos se SA Skole-heelagter, Joshua Vermeulen, was in die tweede helfte grootliks vir sy span se terugvegpoging verantwoordelik. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap het vir \u2019n groot opskudding gesorg toe hulle Diamantveld op laasgenoemde se tuisveld in Kimberley met 32-17 in hul jaarlikse Classic Clash verslaan het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Northerns se voorryman, Spinnekop van Aswegen, het die vuur vir die sege gestook. Agterlangs het die skakelpaar, Marc Aitken en Chadwin November, die kitaar geslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha het Sentraal as die Vrystaatse A-liga kampioen onttroon toe hy hom met 49-24 op Shimlapark in Bloemfontein verslaan het. In die HT Pelatona-stadion in Welkom het Welkom Gimnasium sy titel as kampioen van die Griffon-liga behou deur Voortrekker van Bethlehem met 35-8 af te stof. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bothaville se span het geskiedenis gemaak deur sy skool se eerste span te word om as kampioen van die Vrystaatse Platteland-liga gekroon te word. Hy het Hennenman met 29-17 in die eindstryd verslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium het geen genade vir Primrose-klub in hul weghol-oorwinning van 117-0 betoon nie. Gimmies het 17 drie\u00eb in die wedstryd ingeryg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se flank Henco Martins het die enigste driekuns aan drie\u00eb behaal, terwyl die span se losskakel, Theo \u201cFiela\u201d Boshoff kon slegs een van sy span drie\u00eb nie verdoel nie en het self ook \u2019n draai agter die doellyn gegooi. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Boshoff het dus 32 punte tot die sege bygedra. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Outeniqua het in Uitenhage vir Brandwag op \u2019n drafstap met 42-10 die loef afgesteek. Dit was die tuisspan se eerste nederlaag sedert 2014 op sy tuisveld. Dit was sonder twyfel die Kwaggas se beste vertoning vanjaar. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou moes ietwat harder werk in Port Elizabeth om vir Framesby met 31-21 te troef. HTS Drostdy het vir HTS Dani\u00ebl Pienaar met 34-21 getroef. Die Donkies se volgende kragmeting is teen die onoorwonne Ho\u00ebr Jongenskool Paarl wat sal bepaal wie tot die eindstryd van Die Burger se Grootskole-kompetisie sal deurdring. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Drostdy se vaskopstut, Rion Duvenage, en die skrumskakel, Romeo Eksteen, het goed teen Dani\u00ebl Pienaar vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College het sy jaarlikse interskole teen Grey PE met 27-21 in Oos-Londen in \u2019n Classic Clash verslaan. Die tuisspan het teen die omdraaislag reeds met 13-0 voorgeloop.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Boland Landbou het vir die eerste keer sedert 2002 daarin geslaag om Paul Roos Gimnasium op sy agterplaas in Stellenbosch kaf te draf. Die span van die Agter-Paarl het met 32-22 as oorwinnaars van die veld gestap. Boland Landbou het met die wind in sy rug \u2019n kliniese vertoning in die eerste gelewer om met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7195","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7195","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7195"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7195\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7195"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7195"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7195"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}