{"id":71978,"date":"2025-05-10T22:03:06","date_gmt":"2025-05-10T20:03:06","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=71978"},"modified":"2025-05-10T22:03:06","modified_gmt":"2025-05-10T20:03:06","slug":"hallo-helpies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=71978","title":{"rendered":"Hallo, Helpies!"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_71999\" aria-describedby=\"caption-attachment-71999\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-71999\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Helpmekaar-vs-Oakdale-1-400x352.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"352\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-71999\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard\/Actionpix.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> het Saterdagmiddag in sy derde tuiswedstyd in die Beker-afdeling van vanjaar se <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> met straks sy beste vertoning van die seisoen tot dusver vir &#8216;n massiewe verrassing gesorg.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Helpies het hul tuisveld met flair versier om vir <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> met &#8216;n telling van 36-0 die loef af te steek. Dit was inderdaad &#8216;n groot skok, vernaam na die Blues hul seisoen vanjaar so indrukwekkend afgeskop het.<\/p>\n<p>Dit was &#8216;n maak-of-breek-stryd vir Helpies, aangesien hulle na reeds drie wedstryde in die reek steeds segeloos was.<\/p>\n<p>Die agterlyn, wat reeds heelwat belofte getoon het, het teen die Blues na hoogste versnelling oorgeskakel, met die agterste driehoek, en vernaam heelagter en kaptein, <strong>Ty Ax<\/strong>, wat uitmuntend vertoon het. Binnesenter, <strong>Ethan Lourens<\/strong>, het ook die besoekers van Krugersdorp deurgaans ore aangesit op die aanval, terwyl sy verdediging rotsvas was.<\/p>\n<p>Buitesenter, <strong>Clinton Cloete<\/strong>, was was self &#8216;n derduiwel met die bal in hand. Albei senters het dikwels soos die spreekwoordelike warm mes deur botter gesny en sodoende geleentheid geskep vir regtervleuel, <strong>Xander van Niekerk<\/strong>, om twee keer te druk.<\/p>\n<p>Voorlangs het die Helpies se agsteman, <strong>Llewelyn Vermaak<\/strong>, en steelkantflank, <strong>Zaiden Krige<\/strong>, die pas aangegee en die Nories verhoed om aan die gang te kom.<\/p>\n<p><strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark\u00a0<\/strong>se <strong>Dylan Stumke<\/strong> het ook twee keer die doellyn oorgesteek in sy span se sege van 40-17 oor <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit <\/strong>in Pretoria. Die eerste 35 minute het welliswaar &#8216;n wipplankstryd afgegee. Die Parkies het in die laaste 20 minute egter hul ritme gevind.<\/p>\n<p>Die grondslag vir die span van Pretoria se sege is deur oopkantflank, <strong>Nathen du Plessis<\/strong>, gel\u00ea met sy onvermoeide vertoning in die los.<\/p>\n<p>Ongedwonge hanteerfoute het die besoekers gekelder. Indien dit nie daarvoor was nie, kon sake heelwat anders daar uitgesien het. Dit sou ook vir buitesenter, <strong>Ruben Greeff<\/strong>, en linkervleuel, <strong>Tinyiko Silubane<\/strong>, meer geleenthede geskep het om hul aanvalsvernuf uit te stal.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> se <strong>Daniel Kazambo<\/strong> het, met tyd reeds verstreke, onder die dwarslat oorgebars om sy span se eerste sege in die Beker-afdeling te beklink. Die span van Vanderbijlpark was uiteindelik baas oor <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong>, met &#8216;n telling van 20-13.<\/p>\n<p>Losskakel, <strong>Jay-Dee Maree<\/strong> verdien ook &#8216;n klop op die skouer. Hoewel hy nie veel geleenthede na die pale ontvang het nie, het Maree Kazambo se drie verdoel en ook twee uiters belangrike strafdoele deur die pale gejaag.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege 36 (22)\u00a0<\/strong>&#8211; Tries: Xander van Niekerk (2), Ethan Lourens, Eugene de Lange, Kean Butler. Doelskoppe: Wian Storm (3). Strafdoel: Storm. <strong>Noordheuwel 0.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Menlopark 40 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Dylan Stumke (2), Nathen du Plessis, JN van Wyk, Gustav Sch\u00e4ffner, Leskin Samuels. Doelskoppe: Andru Keun (5). <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 17 (3)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ruben Greeff (2). Doelskoppe: Liam Pringle (2). Penalty: Pringle.<\/p>\n<p><strong>Transvalia 20 (10)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Daniel Kazambo, Strafdrie. Doelskop: Jay-Dee Maree. Strafdoele: Maree (2). <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 13 (5)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Wes van Loggerenberg, Adriano George. Strafdoel: Wade Daivey.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16: <\/strong>Noordheuwel 15, Helpmekaar 10; Menlopark 68, Nelspruit 3; Transvalia 32, Rustenburg 27<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Helpmekaar 12, Noordheuwel 12; Menlopark 23, Nelspruit 10; Rustenburg 11, Transvalia 6.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Helpmekaar 17, Noordheuwel 14; Menlopark 16, Nelspruit 10; Rustenburg 41, Transvalia 0.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helpmekaar Kollege het Saterdagmiddag in sy derde tuiswedstyd in die Beker-afdeling van vanjaar se SDC Noordvaal Cup met straks sy beste vertoning van die seisoen tot dusver vir &#8216;n massiewe verrassing gesorg. Herleef al die aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Helpies het hul tuisveld met flair versier om vir Ho\u00ebrskool Noordheuwel met &#8216;n telling [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":71999,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-71978","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/71978","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=71978"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/71978\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/71999"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=71978"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=71978"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=71978"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}