{"id":72012,"date":"2025-05-11T12:54:32","date_gmt":"2025-05-11T10:54:32","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=72012"},"modified":"2025-05-11T12:54:32","modified_gmt":"2025-05-11T10:54:32","slug":"wessies-weer-baas-in-klerksdorp-kempton-laat-oosies-skrik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=72012","title":{"rendered":"Wessies w\u00e9\u00e9r baas in Klerksdorp, Kempton laat Oosies skrik"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_44155\" aria-describedby=\"caption-attachment-44155\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-44155\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Wesvalia-rugby-4-400x282.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"282\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-44155\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia\u00a0<\/strong>het dit Saterdag die tweede agtereenvolgende keer vir <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> die loef afgesteek het, maar, teen die die trant, kan di\u00e9 twee spanne mekaar moontlik later vanjaar weer raakloop in die uitkloprondes van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Hierdie slag was die Wessies voor &#8216;n groot skare op Klerksdorp se tuisveld met 27-22 baas, nadat hulle bietjie meer as &#8216;n maand gelede met 16-12 die pyp gerook het teen hul buurspan.<\/p>\n<p>Die pas is oudergewoonte deur die Wessies se staatmaker in die nr 8-trui, <strong>Franco Dumond<\/strong>, aangegee, wat saam met loskopstut, <strong>Ulrigh du Preez<\/strong>, die besoekers deurentyd op die voorvoet gehou het. Dit het vir die skakelpaar, <strong>Barry Niemand<\/strong>\u00a0en <strong>Eduard Dreyer<\/strong>, die baan geweg om hul agterlyn los te laat.<\/p>\n<p>Niemand het sy beste vertoning van die jaar opgedis en &#8216;n aandeel in meeste van sy span se drie drie\u00eb gehad, terwyl Dreyer, op &#8216;n winderige dag, met \u00e1l vyf sy pogings pale toe in die kol was. Dit was op die einde van die dag deurslaggewend.<\/p>\n<p><strong>Abrie Esterhuizen<\/strong>, die tuisspan se slot, was KHS se beste speler op die dag met sy fisieke dryfspel en is met een van sy span se drie drie\u00eb beloon. Agsteman, <strong>Tiaan Koen<\/strong>, het ook sy pond vleis tafel toe gebring en gereeld oor die voordeellyn gebars.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong> het so hittete &#8216;n haas uit die hoed getrek teen <strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong>, met &#8216;n verbete terugvegpoging in die tweede helfte. Die Oosies, wat teen rustyd met 24-7 voorgeloop het, het egter vasgebyt om oplaas met 29-26 as oorwinnaars uit die stryd te tree, vir hul tweede sege in vanjaar se reeks. Skrumskakel, <strong>David Joubert<\/strong>, het nogmaals goed vertoon, maar dit was die Oosies se pak wat die grondslag gel\u00ea het.<\/p>\n<p>Swak disipline het die tuisspan egter gekortwiek, met di\u00e9 dat hy vir &#8216;n groot gedeelte van die tweede skof met minder as 15 man moes klaarkom vanwe\u00eb vier geel kaarte. Dit het vir steelkantflank, <strong>Marko van der Walt<\/strong>, en die Kempton-pak aangevuur om die momentum te swaai, maar dit was n\u00e9t nie genoeg om &#8216;n sege in die Moot op hul kerfstok te plaas nie.<\/p>\n<p>Die indrukwekkende <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> het n\u00f3g &#8216;n aanskoulike vertoning gelewer om vir <strong>Ligbron Akademie<\/strong>, op sy tuisveld in Ermelo, met 59-15 pakslae te gee. Die Zwarries het nie minder nie as agt keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Ses van die agt drie\u00eb is deur slegs drie spelers gedruk, met buitesenter, <strong>Luan Williams<\/strong>, woelige oopkantflank, <strong>Brian Smith<\/strong>, en haker, <strong>Reagan Blignaut<\/strong>, wat elk &#8216;n tweekuns aangeteken het. Die Zwarries het hul onderskei as een van die Plaat-afdeling se gevaarspanne, vernaam wanneer hulle in &#8216;n hardloopbui kom.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong> het gemaklik met 44-15 oor <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> gese\u00ebvier. Die Rooi Bulle was van meet af aan in beheer en het vir die tuisspan geen skiet gegee nie. Dit was &#8216;n goeie uitstappie vir die span van Middelburg na &#8216;n langerige onderbreking en die vroe\u00eb bonuspuntsege kan &#8216;n rol speel in sy titelverdediging.<\/p>\n<p>Dit HTS-pak het ver\u00e1l indrukwekkend vertoon, met haker, <strong>Hanru Terblanche<\/strong>, en die twee losvoorspelers, <strong>Regardt Blake<\/strong> en <strong>Kayden Wessels<\/strong>, wat hand opgesteek en die Rooi Bulle se diepte in vanjaar se senior groep beklemtoon het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia 27 (7)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Wian du Preez, Martin Bierman, Henco Greyling. Doelskoppe: Eduard Dreyer (3). Strafdoele: Dreyer (2).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 22 (12)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Abrie Esterhuizen, D-Jee Treutnich, Jarred van Staden. Doelskoppe: Brendin Mathyse (2). Strafdoel: Mathyse.<\/p>\n<p><strong>Oos-Moot 29 (24)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Clayton du Bruyn, Brian Jacobs, Divan du Preez, David Joubert, Drew Williams. Conversions: Joubert (2).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park 26 (7)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Marko van der Walt, Jethro Williams, Ettienne Stroebel, Matthew Vermaak. Doelskoppe: Stian de Villiers (3).<\/p>\n<p><strong>Zwartkop 59 (40)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Luan Williams (2), Brian Smith (2), Regan Blignaut (2), Kyle Koopman, Andr\u00e9 Marx. Doelskoppe: Tilon Baron (7).\u00a0<strong>Ligbron Akademie 15 (3) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Banele Mthombo, Siyanda Dennison. Doelskop: Eben Degenaar. Strafdoel: Degenaar.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg 44 (18)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Hanru Terblanche, Reghardt Blake, Kayden Wessels, Nathan Jansen van Vuuren, CJ Muller, Jacques Greyling. Doelskoppe: WJ Enslin (4). Strafdoele: Enslin (2).<strong> Marais Viljoen 15 (3)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Rio Tshimbalanga, Ongeidentifiseerd. Doelskop: Raynhardt Kruger. Strafdoel: Kruger.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Klerksdorp 26, Wesvalia 15; Oos-Moot 20, Kempton Park 19; Zwartkop 28, Ligbron Akademie 26; HTS Middelburg 24, Marais Viljoen 14.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Wesvalia 18, Klerksdorp 10; Oos-Moot 22, Kempton Park 14; Zwartkop 27, Ligbron Akademie 10; HTS Middelburg 10, Marais Viljoen 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong> Wesvalia 14, Klerksdorp 5; Kempton Park 31, Oos-Moot 10; Ligbron Akademie 18, Zwartkop 8; HTS Middelburg 10, Marais Viljoen 3.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Wesvalia\u00a0het dit Saterdag die tweede agtereenvolgende keer vir Ho\u00ebrskool Klerksdorp die loef afgesteek het, maar, teen die die trant, kan di\u00e9 twee spanne mekaar moontlik later vanjaar weer raakloop in die uitkloprondes van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling. Herleef al die aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Hierdie slag was die Wessies voor &#8216;n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":44155,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-72012","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/72012","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=72012"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/72012\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/44155"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=72012"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=72012"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=72012"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}