{"id":7207,"date":"2016-08-21T07:41:08","date_gmt":"2016-08-21T07:41:08","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jansies-bespreek-plek-in-beeldtrofee-eindstryd\/"},"modified":"2016-08-21T07:41:08","modified_gmt":"2016-08-21T07:41:08","slug":"jansies-bespreek-plek-in-beeldtrofee-eindstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7207","title":{"rendered":"Jansies bespreek plek in Beeldtrofee-eindstryd"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die Goue Leeus se werwers sal hul afrigters baie moeite spaar indien hulle die Ho\u00ebrskool Waterkloof se eerstespan na volgende jaar se seisoen kontrakteer. Klofies het nou wel danksy \u2019n drie slegs drie minute voor die eindfluitjie deur EG Jansen se plaasvervanger-vleuel, Franklin Wagner, met 31-34 die knie in die halfeindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Makroskole gebuig, maar die span speel sonder twyfel dieselfde opwindende voetbal as die Leeus. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wagner het verlede week na \u2019n besering eers sy terugkeer tot die span van Boksburg se span gemaak. Jansies het met sy drie vir die eerste keer in die kragmeting die voortou geneem. Die span van Boksburg se kaptein en haker, Werner Fourie, en skrumskakel, Ginter Smuts, verdien lof dat hul nooit moed opgegee het nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klofies se losskakel, Ulrich Maritz, was uitstaande met sy besluitneming asook taktiese skopwerk was uitmuntend was. Die heelagter, Duhan Gunther, asook die stut Wernich Barnard, was ook dorings in Jansies se vlees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander halfeindstryd van die reeks tussen Monument en Garsfontein sal eers Dinsdag in Krugersdorp beslis word. Die twee spanne het albei spelers aan die nasionale skolespanne afgestaan en daarom is die wedstryd geskuif.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Op \u2019n winderige Ermelo het Helpmekaar-kollege se heelagter, Chuiner van Rooyen, met \u2019n skitterende skopvertoning die verdedigende kampioen tot \u2019n sege van 27-15 oor Ligbron gehelp om sy plek in die Grootskole-eindstryd te bespreek. Van Rooyen het buiten sy skopwerk ook \u2019n drie gedruk waar hy feitlik deur die hele Ligbron vanuit die laaste vesting genael het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies sal nou na Lichtenburg moet reis om sy titel in die eindstryd teen die Ho\u00ebrskool Lichtenburg te verdedig. Die Liggies het op sy tuisveld sy halfeindstryd teen Vereeniging Gimnasium redelik gemaklik met 48-17 gewen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Viljoen sal in die Mediumskole-afdeling sy titel as kampioen teen Vryburg gaan verdedig. Ben Viljoen moes sweet om Die Wilgers met 29-21 te verslaan. Vryburg het heelwat gemakliker verby Brandwag van Benoni (44-8) in sy halfeindstryd gekom. Vryburg se binnesenter, Johan Pelser, het 24 punte tot die sege bygedra. Hy het \u2019n drie gedruk, al vyf sy span se drie\u00eb verdoel en ook met drie strafdoele geslaag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium het op Griekwa-park in Kimberley sy plek in die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) met \u2019n sege van 37-19 oor Noord-Kaap. Dit was die derde keer wat die spanne mekaar vanjaar ontmoet het met Gimmies wat die eerste wedstryd oortuigend met 32-5 gewen het, terwyl Noord-Kaap tydens die Wildeklawer-toernooi die bordjies met 34-32 verhang het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies is die verdedigende kampioen van die liga en sal teen die wenner van die ander halfeindstryd wat more tussen Grey-kollege en Voortrekker in Bethlehem plaasvind te staan kom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In di\u00e9 kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) het die Ho\u00ebrskool Kalahari se Leeus van Kuruman met \u2019n klinkende sege van 41-3 oor Bothaville dit duidelik gemaak dat hy nie maklik in sy opmars na die titel gestuit gaan word nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">St. Andrew van Bloemfontein sal vir hom volgende week in die eindstryd wag na hy op sy tuisveld vir Hennenman met 29-10 getroef het.<\/span><\/p>\n<p><p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKER BEELDTROFEE HALFEINDRONDE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Makroskole:<\/strong> EG Jansen 34, Waterkloof 31.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grootskole:<\/strong> Lichtenburg 48, Vereeniging Gimnasium 17; Helpmekaar 27, Ligbron 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Mediumskole:<\/strong> Vryburg 44, Brandwag (Benoni) 8; Ben Viljoen 29, Die Wilgers 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Middelskole:<\/strong> Schweizer-Reneke 24, Carletonville 12; Zeerust 62, Steelcrest 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kleinskole:<\/strong> Koster 43, Curro Roodeplaat 3; Curro Heuwelkruin 31, Stella 6.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 34, Paul Roos Gimnasium 32; Welkom Gimnasium 37, Noord-Kaap 19; Kalahari 41, Bothaville 3; St. Andrew 29, Hennenman 10; Retief (Kestell) 17, HLNK Jan Kempdorp 10; Sand du Plessis 18, Theunissen 17.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Goue Leeus se werwers sal hul afrigters baie moeite spaar indien hulle die Ho\u00ebrskool Waterkloof se eerstespan na volgende jaar se seisoen kontrakteer. Klofies het nou wel danksy \u2019n drie slegs drie minute voor die eindfluitjie deur EG Jansen se plaasvervanger-vleuel, Franklin Wagner, met 31-34 die knie in die halfeindstryd van die Virseker Beeldtrofee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7207","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7207","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7207"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7207\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7207"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7207"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7207"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}