{"id":7211,"date":"2016-08-22T17:49:08","date_gmt":"2016-08-22T17:49:08","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-behaal-rekordsege-in-shimla-liga\/"},"modified":"2016-08-22T17:49:08","modified_gmt":"2016-08-22T17:49:08","slug":"grey-behaal-rekordsege-in-shimla-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7211","title":{"rendered":"Grey behaal rekordsege in Shimla-liga"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7210\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/NewsG_GreyTrekkers.jpg\" width=\"375\" height=\"250\" alt=\"NewsG GreyTrekkers\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/NewsG_GreyTrekkers.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/08\/NewsG_GreyTrekkers-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 375px) 100vw, 375px\" \/>Grey-kollege se eerste rugbyspan het gister met \u2019n rekordsege van 90-17 vir Voortrekker in Bethlehem in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) afgeslag. Volksblad is \u2019n medeborg van die kompetisie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Geen span van die Vrystaat kon nog sedert die onstaan van die reeks in 2007 nog daarin slaag om as kampioen van die Shimla-liga (vir mediumskole) gekroon te word nie. Die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, sal egter \u2019n spreekwoordelike has uit die hoed moet pluk indien hulle Grey in die eindstryd wil verras. Die twee spanne sal Saterdag op Shimlapark in die eindstryd sake uitspook. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het Gimmies vroe\u00ebr vanjaar in sy eerste wedstryd van die seisoen met 54-24 uit die pad gevee. Die skool van die Rosestad was in die voorganger van die Kovsiestreek-kompetisie die Vrystaatbeker (ook voorheen Administrateursbeker en Direkteurs-trofee) nog nooit aan die verloorkant nie. Grey het in die reeks van 1983 tot 1987 en weer van 1997 tot 2000 die titel verower. Hy het van 1988 tot 1996 nie aan die kompetisie deelgeneem nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het teen die Trekkers slegs twee van sy SA Skole-spelers, Rikus Pretorius (senter) en Rewan Kruger (skrumskakel), ingespan. Grey het teen rustyd met 38-12 voorgeloop met sy vleuel Henk Cilliers wat reeds in die helfte \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal het. Kruger en Pretorius het \u2019n reuse verskil vir die wenspan gemaak. Grey moes Saterdag sweet om sonder sy SA Skole-spelers vir Paul Roos Gimnasium met 34-32 te troef. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretorius en die kaptein en voorryman, Gideo Beukes, is van die spelers wat na 60 minute deur Grey vervang is toe hul die voet so ietwat van die versneller gehaal het. Die SA Skole A-span losvoorspeler, Dian Schoonees, het op die bank gesit, maar is nie opgestuur nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey se twee ander nasionale skolespelers die senter Janco van Heyningen (enkel) en slot Jaco van Tonder (harsingskudding) het die wedstryd as gevolg van beserings misgeloop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vorige grootste nederlaag in die Shimla-liga was in 2008 toe die Harmony Sportakademie vir Noord-Kaap in Welkom met 66-22 verniel het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voortrekker se verdediging het hom veral in die tweede helfte sleg in die steek gelaat. Daar was slegs een speler van die Trekkers wat kon kers by Grey vashou. Dit was die loskopstut, Francois Klopper. Elke keer wat hy die bal in die hand gekry het, het dit \u2019n hele paar verdedigers gekos om hom te stuit. Hy het ook in die skrums homself deeglik laat geld. Die skrumskakel, George Badenhorst, en vaskopstut, Andr\u00e9 Claasse, het ook moedig probeer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Voortrekker 90 (38):<\/strong> Drie\u00eb: Henk Cilliers (3), Marnus Boshoff (2), Rewan Kruger (2), Naud\u00e9 Naud\u00e9, Francois Grobbelaar, Philip Visser, Hanno Rossouw, Hendro van der Merwe, Arno Nieuwoudt, Michiel Burger. Doelskoppe: Mario Vieira (10). <strong>Voortrekker 17 (12):<\/strong> Drie\u00eb: Willie Naud\u00e9, George Badenhorst, Pieter van Zyl. Doelskop: Louis Viljoen.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grey-kollege se eerste rugbyspan het gister met \u2019n rekordsege van 90-17 vir Voortrekker in Bethlehem in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) afgeslag. Volksblad is \u2019n medeborg van die kompetisie. Geen span van die Vrystaat kon nog sedert die onstaan van die reeks in 2007 nog daarin slaag om as kampioen van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7210,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7211","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7211","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7211"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7211\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7210"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7211"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7211"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7211"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}