{"id":7215,"date":"2016-08-27T04:34:53","date_gmt":"2016-08-27T04:34:53","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/ben-viljoen-verdedig-titel-teen-vryburg\/"},"modified":"2016-08-27T04:34:53","modified_gmt":"2016-08-27T04:34:53","slug":"ben-viljoen-verdedig-titel-teen-vryburg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7215","title":{"rendered":"Ben Viljoen verdedig titel teen Vryburg"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Dit is altyd makliker om \u2019n titel te verower as om hom te behou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die s\u00eading in die sportw\u00eareld is heel gepas om die aanslag van die Ho\u00ebrskool Ben Viljoen se eerstespan te beskryf om sy titel as kampioen van die Virseker Beeldtrofee vir Mediumskole vandag teen die Ho\u00ebrskool Vryburg te behou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Viljoen het verlede jaar vir Piet Potgieter van Potgietersrus met 32-22 in die eindstryd verslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Vryburg is vanjaar omgesukkel en sal nie maklik op sy tuisveld geklop word nie. Ben Viljoen se agtsteman, Phil Joubert, en haker, Thato Maseko, sal soos verlede jaar weer sleutelrolle in hul span se aanslag speel. Joubert is \u2019n sterk baldraer wat weer hoe om die doellyn te oorkruis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg se skrumskakel, Francois Pelser, sal vandag die 49ste keer sy skool se eerstespan-trui oor die kop trek. Hy het die Luiperds se laaste vesting op verlede jaar se Cravenweek in Stellenbosch beman. Hy behoort dus op die dekverdediging \u2019n hele paar manne plat te trek. Sy tweelingbroer, Johan, is die span se stelskopper en beman die middelveld saam met Dian Bester. Hy sal self in sy 42ste wedstryd vir Vryburg se eerstes uitdraf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Johan Pelser en Gert Jonker het die afgelope twee jaar \u2019n gedugte kombinasie in die middelveld gevorm. Jonker sal in die eindstryd vanaf die plaasvervangersbank gewis \u2019n impak op die wedstryd h\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg het vanjaar nog net een keer teen Kathu (5-10) die knie gebuig. Hy is boonop vroe\u00ebr as kampioen van die Pukke 16-reeks gekroon toe hy Pionier met 57-5 in die eindstryd in Potchefstroom verslaan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vryburg is in die geskiedenis van die Beeldtrofee vir Mediumskole asook Kleinskole een van die mees suksesvolste spanne. Die skool se eerstespan was in 2009 en 2014 as kampioen van die Mediumskole-afdeling gekroon, terwyl hy ook tussen 2002 en 2005 elke jaar die kroon in die Kleinskole-afdeling gedra het. Die titel van 2005 het hy wel met Parys gedeel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die o.14-eindstryd sal Ellisras en Merensky mekaar die stryd aans\u00ea. Ellisras het in die Limpopo-eindstryd vir Merensky met 16-5 verslaan. Die Limpopo-kampioen is nog onoorwonne vanjaar en het in sy 14 wedstryde 531 punte opgestapel en slegs 73 afgestaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is:<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Vryburg:<\/strong> Kobus Vermaak, Chris Cloete, Dian Bester, Johan Pelser, Lezano McCarthy, Andr\u00e9 Kock, Francois Pelser, Jonan van den Berg, Adolf Reyneke, Hermi Potgieter, Henning Stols, RA Pretorius, JW Lazenby, Hanu Heins, Wilhelm van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Renier Pienaar, Kobus Meyer, William Janse van Rensburg, MC Janse van Rensburg, Heinrich Jankowitz, Marlon McGuier, Gert Jonker, Zech Esterhuizen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ben Viljoen:<\/strong> MJ Koekemoer, Wynand du Preez, Vincent Roos, Ruben-John Meiring, Gideon Visser,, Ludwigh Lubcker, Sias Morkel, Phil Joubert, WJ du Plessis, Braam de Beer, Jaco Blignaut, Francois Bronn, Heinrich Grobler, Thato Maseko, Armand Engelbrecht. PLAASVERVANGERS: Alex Paissopoulos, Bryan Jovner, Jaco R\u00f6ntgen, Hendrik Stander, Mondr\u00e9 Jansen van Vuuren, Ruan Human, Jason la Cock, Conrad Scholtz, Hennie Botha.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is altyd makliker om \u2019n titel te verower as om hom te behou. Die s\u00eading in die sportw\u00eareld is heel gepas om die aanslag van die Ho\u00ebrskool Ben Viljoen se eerstespan te beskryf om sy titel as kampioen van die Virseker Beeldtrofee vir Mediumskole vandag teen die Ho\u00ebrskool Vryburg te behou. Ben Viljoen het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7215","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7215\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}