{"id":7216,"date":"2016-08-27T04:37:40","date_gmt":"2016-08-27T04:37:40","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wie-gaan-kroon-in-beeldtrofee-vir-middelskole-dra\/"},"modified":"2016-08-27T04:37:40","modified_gmt":"2016-08-27T04:37:40","slug":"wie-gaan-kroon-in-beeldtrofee-vir-middelskole-dra","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7216","title":{"rendered":"Wie gaan kroon in Beeldtrofee vir Middelskole dra?"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Wanneer Schweizer-Reneke en Zeerust se eerstespanne vandag in die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Middelskole op die veld draf kan die toeskouers en ondersteuners hul gereed maak vir \u2019n rillerstryd. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer, Schweizer-Reneke, het Zeerust sy enigste nederlaag vanjaar toegedien toe hy hom met 22-15 in die eindstryd van die Luiperd-liga verras het. Zeerust het die ligawedstryd tussen die twee spanne met 36-28 gewen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Zeerust het in sy 15 wedstryde tot dusver 689 punte opgestapel en slegs 107 afgestaan. Dit is \u2019n gemiddelde sege van 46-7. Die span se agtsteman, SP Vermaak, sal fyn deur die tuisspan dopgehou word. Hy het vanjaar al 19 keer in 15 wedstryde oor die doellyn geskuif. Die binnesenter, Karel Loots, beleef self \u2019n uitstekende seisoen. Loots het vanjaar al 212 punte opgestapel wat 12 drie\u00eb insluit. Hy vorm boonop saam met Casper Fick \u2019n gedugte kombinasie in die middelveld. Fick het vanjaar al 16 keer \u2019n draai agter die doellyn gemaak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Schweizer-Reneke het \u2019n skoppende haker in Eugene van Rensburg. Hy het as stut saam met sy vaskopstut, Lombard Joubert, na afloop van die jaarlikse VKB-week in Reitz die \u201cnasionale platteland-span\u201d gehaal. Die span sal later vanjaar deur Wallis toer. Die kantman Dan\u00e9 van den Berg het ook di\u00e9 span gehaal. Van den Berg en die agtsteman, Marco Botha, se taak sal wees om Vermaak te tem. Zeerust se woelige haker, Conor O\u2019Brien sal ook saam na Wallis toer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Verdere drie seuns van Schweizer-Reneke LJ Mulder (kaptein en skrumskakel), Tshepiso Mokwatsi (heelagter) en Katlego Mokhuthu (slot) het ook die Luiperds op die nasionale Akademie-week in Durban verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Zeerust het in sy uitspeelwedstryde van die reeks slegs teen die verdedigende kampioen, President van Johannesburg (25-7), in die kwarteindronde punte afgestaan. Hy het ook verlede jaar se naaswenner van die reeks Pretoria THS (55-0) in \u2019n uitspeelwedstryd uitgeskakel. Zeerust was in die halfeindstryd in nog \u2019n vernietigender bui toe hy Steelcrest van Middelburg met 62-0 afgeransel het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Schweizer-Reneke het sy plek in die eindstryd met \u2019n oorwinning van 24-12 oor Carletonville bespreek. In die kwarteindronde het hy vir Eric Louw van Musina (46-22) uitgeskakel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die spanne is: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Schweizer-Reneke:<\/strong> Tshepitso Mokwatsi, Ru-han de Bruin, JP Becker, Armandt Naud\u00e9, WP Einkamerer, Hercu Strydom, LJ Mulder (k), Marco Botha, Dan\u00e9 van den Berg, Shawn van Jaarsveld, Katlego Mokhuthu, Janco Maass, Lombard Joubert, Eugene van Rensburg, Kobus Fourie. PLAASVERVANGERS: Pieter van Zyl, Dries Badenhorst, NJ Niemann, Braam Jacobs, Hernus Nel, Tebogo Sebolai, Fanie Cloete, Quintus Nel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Zeerust:<\/strong> Hansie Nortj\u00e9, Heydran Jaegers, Casper Fick, Karel Loots, Panatshego Mashabe, Michael Taljaard, Marno Nel, SP Vermaak, Ryan Kassanga, Tshepang Ratshikana, Roux Dreyer, Andries Knoetze, Thebogo Rakate, Conor O\u2019Brien (k), Tshepo Ratshikana. PLAASVERVANGERS: Adrian Theodossi, CJ Kirstein, Shaun Smit, Tshiamo Makgokgoa, Tlotlo Motale, Bowen van As, Donovan Cordier.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer Schweizer-Reneke en Zeerust se eerstespanne vandag in die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Middelskole op die veld draf kan die toeskouers en ondersteuners hul gereed maak vir \u2019n rillerstryd. Die gasheer, Schweizer-Reneke, het Zeerust sy enigste nederlaag vanjaar toegedien toe hy hom met 22-15 in die eindstryd van die Luiperd-liga verras het. Zeerust [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7216","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7216","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7216"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7216\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7216"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7216"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7216"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}